Papoea-Nieu-Guinese nasionale krieketspan

From Wikipedia, the free encyclopedia

Papoea-Nieu-Guinese nasionale krieketspan

Die Papoea-Nieu-Guinese nasionale krieketspan (Engels: Papua New Guinea national cricket team), met die bynaam Barramundis, is die nasionale krieketspan wat Papoea-Nieu-Guinee in internasionale krieket verteenwoordig. Hulle word bestuur deur Krieket PNG (CPNG, van Engels: Cricket PNG) en het in 1973 ’n assosiaatlid van die Internasionale Krieketraad (IKR) geword.[6][7] Ná hul vierde plek tydens die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2014 is aan Papoea-Nieu-Guinee EDI-status toegeken.[8] In Maart 2018 was Papoea-Nieu-Guinee beide sy EDI- en T20I-status kwyt, nadat hulle in die uitspeelwedstryd van die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2018 deur Nepal verslaan is, waardeur hul opponent op sy beurt EDI- en T20I-status ontvang het.[9] Op 26 April 2019 het Papoea-Nieu-Guinee in die eindstryd van die Wêreldkrieketliga se afdeling twee Oman verslaan en sodoende in die vierde plek geëindig en hul EDI-status herwin.[10]

Kitsfeite Bynaam, Konferensie ...
Papoea-Nieu-Guinee
Thumb
Kenteken van die Papoea-Nieu-Guinese nasionale krieketspan
BynaamBarramundis
KonferensieKrieket PNG (CPNG)
Personeel
KapteinAssad Vala
Afrigter Tatenda Taibu
Internasionale Krieketraad (IKR)
IKR-statusAssosiaatlid (1973)
IKR-streekOos-Asië-Oseanië
IKR-ranglys Tans[1] Beste rang tot dusver
EDI16de (23 Mei 2019)
T20I20ste15de (9 September 2016)
Internasionale eendagwedstryde (EDIs)
Eerste EDIt Hongkong op Riverway-stadion, Townsville; 8 November 2014
Laaste EDIt Kanada op United Ground, Windhoek; 5 April 2023
EDIs Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[2]6614/51 (21,21%)
(1 gelykop, 0 onbeslis)
Vanjaar[3]00/0
(0 gelykop, 0 onbeslis)
Krieketwêreldbeker-verskynings0/13
Wêreldbeker-
kwalifiserings
10 (eerste in 1979)
Beste uitslag3de plek (in 1982)
Kampioenetrofee-verskynings0/9
Twintig20s (T20Is)
Eerste T20It Ierland op Stormont, Belfast; 15 Julie 2015
Laaste T20It Nieu-Seeland op Brian Lara-krieketakademie, San Fernando; 17 Junie 2024
T20Is Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[4]6535/29 (53,84%)
(0 gelykop, 1 onbeslis)
Vanjaar[5]124/8
(0 gelykop, 0 onbeslis)
T20I-wêreldbeker-verskynings2/9 (eerste in 2021)
Beste uitslagEerste rondte (in 2021 en 2024)
T20I-wêreldbeker-
kwalifiserings
6 (eerste in 2012)
Beste uitslagWenner (in 2023)
Thumb
Thumb
T20I-klere
Sluit

Papoea-Nieu-Guinee is die sterkste span sonder toetsstatus in die IKR Oos-Asië-Oseanië-streek en hulle het die meeste plaaslike IKR-toernooie gewen en beskik oor ’n soortgelyke rekord in die Stille Oseaan-spele se kriekettoernooi.[7][11] Die span het ook aan elke Krieketwêreldbekerkwalifisering (voorheen die IKR-trofee genoem) deelgeneem, maar kon nie vir ’n krieketwêreldbekertoernooi kwalifiseer nie.[12] Papoea-Nieu-Guinee hou die wêreldrekord vir die hoogste telling in ’n EDI-wedstryd, nadat hulle in 2007 572/7 teen Nieu-Kaledonië aangeteken het.[13]

In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle T20I-status toe te ken. Vervolgens sal al die T20I-wedstryde wat Papoea-Nieu-Guinee ná 1 Januarie 2019 teen ander IKR-lede speel, as ’n volle T20I erken word.[14] Papoea-Nieu-Guinee is tans (September 2024) 20ste op die Twintig20-wêreldranglys.[15]

Beheerliggaam

Krieket PNG (Engels: Cricket PNG, CPNG) is in 1972 gestig en verantwoordelik vir die reëling van krieket in Papoea-Nieu-Guinee. In 1973 het hulle as ’n assosiaatlid by die Internasionale Krieketraad (IKR) aangesluit.[16] Talle nasionale spelers vervul verskeie rolle by die beheerliggaam.[17]

Krieket PNG bestuur al die Papoea-Nieu-Guinee-verteenwoordigende nasionale spanne, insluitende die mans, vroue en jeug. Hulle is ook verantwoordelik vir die bestuur en organisasie van EDI- en T20I-reekse teen ander spanne, en die reëling van internasionale wedstryde tuis. Daarbenewens is CPNG verantwoordelik vir inkomsteverkryging deur die verkoop van kaartjies, borgskappe en uitsaairegte, veral in verband met die Papoea-Nieu-Guinese span.

Kinders en jongmense word reeds op skool aan krieket bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hul met hul afrigting. Net soos ander krieketlande beskik Papoea-Nieu-Guinee oor ’n o/19-nasionale span wat aan die o/19-krieketwêreldbeker deelneem.[18]

Geskiedenis

Voor hul IKR-toetrede

Thumb
’n Krieketwedstryd op Kwato-eiland, Papoea-Nieu-Guinee, ca. 1905

Krieket is in die 1890’s deur Christelike predikante uit Engeland na die Territorium Papoea saamgebring.[17] Dit is opgeneem deur verskeie inheemse stamme wat dit in hul eie variante beoefen het, waarby spanne met meer as vyftig spelers algemeen was.[19] In die kolonie Duits-Nieu-Guinee was krieket egter heeltemal onbekend. Daar het die sport eers ’n verskyning begin maak, toe Australië in 1920 die Territorium Nieu-Guinee as ’n Volkebondmandaat begin administreer het.[7]

Sedertdien word krieket in landelike gebiede veral deur die inheemse bevolking uitgeoefen, terwyl dit in stedelike gebiede soos Port Moresby veral deur Britse en Australiese emigrante gespeel word. In 1937 is ’n toernooi vir klubs in dié stad van stapel gestuur. In 1972 is die eerste amptelike wedstryd op internasionale vlak teen ’n Australiese keurspan op Aminipark in Port Moresby gespeel.[17][20] Vir Papoea-Nieu-Guinee het nege emigrante uit Australië en die Verenigde Koninkryk en twee inheemse spelers verskyn.[7][21] Die dorp Hanuabada naby Port Moresby het in die sentrum van Papoea-Nieu-Guinese krieket ontwikkel, wat sedertdien baie spelers vir die nasionale span oplewer.[19]

IKR-lidmaatskap en eerste wêreldbekerkwalifiseringstoernooie

In 1972 is die beheerliggaam Krieket PNG as Papoea-Nieu-Guinese Krieketbeheerraad (Engels: Papua New Guinea Cricket Board of Control, PNGCBC) gestig[22] en dit het een jaar later ’n assosiaatlid van die Internasionale Krieketraad (IKR) geword.[7][23][6] Ná die land se onafhanklikheidswording in 1975 het die wêreldkampioen Wes-Indië op pad na Australië Papoea-Nieu-Guinee vir twee wedstryde besoek.[24][25] Vir die gasheer het ses inheemse spelers verskyn en sedertdien word die span, wat die bynaam Barramundis dra, deur hulle oorheers.[7]

Vir die eerste Krieketwêreldbeker 1975 is Papoea-Nieu-Guinee nie genooi nie. Die Papoeane het hul eerste internasionale verskyning gemaak tydens die IKR-trofee 1979 wat as kwalifisering vir die Krieketwêreldbeker 1979 gedien het. Hulle is egter in die eerste rondte uitgeskakel en het die hooftoernooi misgeloop.[26] In dieselfde jaar het hulle tydens die eerste Suid-Stille Oseaan-spele se kriekettoernooi die goue medalje gewen en sedertdien elke keer met dié medalje weggestap.[7][11] Ná ’n toer na Australië in 1981[27] het Papoea-Nieu-Guinee tydens die IKR-trofee 1982 derde geëindig, nadat hulle in die halfeindstryd teen Bermuda verloor het, maar in die uitspeelwedstryd Bangladesj verslaan het.[28] Nogtans het hulle die Krieketwêreldbeker 1983 misgeloop.

Tydens die IKR-trofee 1986 het Papoea-Nieu-Guinee weer versuim om vanaf die eerste rondte te vorder en sodoende die Krieketwêreldbeker 1987 misgeloop,[29] hoewel die span teen Gibraltar die rekord vir die hoogste telling in die toernooigeskiedenis aangeteken het, toe hulle in hul eie beurt 455/9 opgestel en die wedstryd met 369 lopies gewen het.[30] Hulle het daarvan herstel en die Suid-Stille-Oseaan-spele se kriekettoernooi die volgende jaar in Nieu-Kaledonië gewen.[7] Tydens die IKR-trofee 1990 in Nederland het hulle die tweede rondte gehaal, maar nogtans die Krieketwêreldbeker 1992 misgeloop.[31] Tydens die Suid-Stille Oseaan-spele se kriekettoernooi op eie bodem het hulle die goue medalje ingepalm.[7]

Tydens die IKR-trofee 1994 in Nairobi het Papoea-Nieu-Guinee die “plate-eindstryd” (uitspeelwedstryd tussen die eerste rondte se derde en vierde spanne) gehaal, maar nie in dié wedstryd verskyn nie, nadat hul beheerliggaam reeds die vlug huis toe bespreek het, omdat hulle nie ’n kwalifisering verwag het nie. Om dié rede is die nasionale span uit die kwalifisering vir die Krieketwêreldbeker 1996 geskakel.[32] Dit is ’n algemene probleem vir Papoea-Nieu-Guinee, aangesien vlugte van en na die land slegs ongereeld aangebied word. Die Papoeane het ook die AKR-trofee 1998 in Nepal vroeg verlaat, nadat hulle hul eerste twee wedstryde verloor en sodoende hul wedstryd teen die Maledive misgeloop het, omdat hulle andersins meer as ’n week vir die volgende vlug sou moes gewaag het. As gevolg daarvan het hulle selde oorsese toere buite amptelike internasionale toernooie onderneem, noemenswaardige uitsonderinge is ’n besoek aan Fidji in 1977, ’n toer na Hongkong in die vroeë 1980’s en die 1981-toer na Australië.[7]

Moderne tydperk

Die AKR-trofee 1996 in Kuala Lumpur het vir Papoea-Nieu-Guinee ’n nuwe kans van internasionale deelname meegebring. Hulle het tot die halfeindstryd gevorder, maar hulle is deur Bangladesj verslaan.[33] In 1998 het hulle weer aan dié toernooi deelgeneem, maar dit vroeg verlaat. Sedert die stigting van die IKR Oos-Asië-Oseanië-ontwikkelingsstreek in 1996 het hulle nie meer aan die toernooi deelgeneem nie,[7] aangesien hulle dienooreenkomstig die Asiatiese Krieketraad verlaat het.[34] Sedert hul oorskakeling word die span as die sterkste in Oos-Asië-Oseanië na die twee toetslande Australië en Nieu-Seeland beskou.[7] Tussen die twee AKR-trofeë het Papoea-Nieu-Guinee tydens die IKR-trofee 1997 in die 13de plek geëindig, wat nie genoeg was om vir die Krieketwêreldbeker 1999 te kwalifiseer nie.[35] Tydens die IKR-trofee 2001 in Ontario het die Papoeane versuim om vanaf die eerste rondte te vorder en sodoende die Krieketwêreldbeker 2003 misgeloop.[36] Tydens die Pacifica-beker 2001 het hulle in die derde plek geëindig,[37] en die Pacifica-beker 2002 het hulle met ’n oorwinning oor Tonga in die eindstryd beklink.[38]

Tydens die Suid-Stille Oseaan-spele 2003 se kriekettoernooi het Papoea-Nieu-Guinee weer die goue medalje ingepalm[39] en in die uitspeelwedstryde vir die IKR-trofee 2005 het hulle in die eindstryd Fidji verslaan.[40] Daarmee het die Papoeane vir die IKR-trofee 2005 gekwalifiseer, waar hulle slegs in die elfde plek geëindig en sodoende die Krieketwêreldbeker 2007 misgeloop het.[41] Tydens die Wêreldkrieketliga se afdeling drie in Darwin het die Papoeane in die derde plek geëindig.[42] Tydens die Suid-Stille Oseaan-spele 2007 se kriekettoernooi het hulle weer goud gewen.[11] Tydens dié toernooi het hulle in die eendaagse wedstryd teen Nieu-Kaledonië ’n rekordtelling van 572/7 aangeteken.[13]

In laat Januarie 2009 het Papoea-Nieu-Guinee vir die Wêreldkrieketliga se afdeling drie die Argentynse hoofstad Buenos Aires besoek, waar hulle die gasheer, die Kaaimanseilande, Uganda en die beste twee spanne van die Wêreldkrieketliga 2008 se afdeling vier – Afghanistan en Hongkong – ontmoet het. Dié toernooi se beste twee spanne kon vir die Krieketwêreldbekerkwalifisering later die jaar in Suid-Afrika kwalifiseer, waarvandan hulle vir die Krieketwêreldbeker 2011 kon kwalifiseer.[43] Die Papoeane het die kwalifisering net naelskraap misgeloop en weens hul swakker lopietempo in die derde plek na Afghanistan en Uganda geëindig (Afghanistan met +0.971, Uganda met +0.768 en Papoea-Nieu-Guinee met +0.665).[44]

In April 2011 het die Papoeane aan die Wêreldkrieketliga se afdeling drie in die Verenigde Arabiese Emirate deelgeneem en in die derde plek geëindig, waarmee hulle vir die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2014 in Nieu-Seeland gekwalifiseer het. In Februarie 2013 het Papoea-Nieu-Guinee aan die IKR Oos-Asië-Oseanië in Auckland deelgeneem, waar hulle gedurende die groepfase onoorwonne gebly en in die eindstryd Vanuatu verslaan het.[45] Daarmee het hulle vir die T20I-wêreldbekerkwalifisering in die Verenigde Arabiese Emirate in Oktober gekwalifiseer.

EDI- en T20I-status

Thumb
Die paaltjiewagter Geraint Jones het van 2004 tot 2006 vir Engeland en van 2012 tot 2014 vir Papoea-Nieu-Guinee gespeel[46]

In die daaropvolgende Wêreldkrieketliga het hulle daarin geslaag om in afdeling drie vanaf die eerste rondte te vorder[47] en hulle is ondanks die nederlaag in die eindstryd teen Hongkong gepromoveer.[48] Tydens die afdeling twee het die Papoeane die derde plek behaal en sodoende vir die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2014 gekwalifiseer. Hulle het vanaf die eerste rondte gevorder en die Super Ses in die vierde plek afgesluit. Daarmee het hulle die Krieketwêreldbeker 2015 misgeloop, maar vir hul vertoning EDI-status ontvang.[19][8][49] In November dieselfde jaar het hulle tydens ’n reeks van twee wedstryde teen Hongkong in Australië in hul eerste EDI gespeel en hulle kon dié reeks beklink.[20][50] Nadat die Papoeas die eerste EDI met vier paaltjies en die tweede met drie paaltjies gewen het, het hulle die eerste span geword, wat sy eerste twee EDIs kon wen.[51]

Saam met EDI-status het die IKR aan Papoea-Nieu-Guinee ook T20I-status toegeken.[52] In T20I het die Papoeane aan die kwalifiseringstoernooie vir die drie eerste T20I-wêreldbekertoernooie (in 2007, 2009 en 2010) nie deelgeneem nie. Tydens die T20I-wêreldbekerkwalifisering 2012 het hulle die agtste plek behaal,[53] só ook in 2013[54] en in 2015.[55] Daarmee het hulle die T20I-wêreldbekertoernooie in 2012, 2014 en 2016 misgeloop. Tydens laasgenoemde kwalifiseringstoernooi sou Papoea-Nieu-Guinee op 13 Julie 2015 sy eerste T20I teen Hongkong speel. Dié wedstryd moes egter weens reën afgelas word.[56] Twee dae later het hulle eindelik hul T20I-debuut teen Ierland gemaak en met twee paaltjies gewen.[20][57] Met die oorwinning oor Nepal op 17 Julie het hulle as eerste span in die toernooi die uitspeelwedstryde gehaal.[58]

Met die EDI-status het Papoea-Nieu-Guinee tydens die Interkontinentale Beker 2015/2017 sy eerste eersterangse krieketwedstryde gespeel.[59] Hulle het egter slegs in die sewende plek onder agt deelnemers geëindig. In EDI-krieket het die Papoeane destyds aan die Wêreldkrieketligakampioenskap 2015/17 deelgeneem. Met hul vierde plek het hulle regstreeks vir die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2018 gekwalifiseer.[60] Tydens dié toernooi se eerste rondte is hulle egter in al hul wedstryde verslaan en het slegs die negende plek behaal. Daarmee het Papoea-Nieu-Guinee sy EDI-status weer verloor.[61] In September 2017 het die destydse hoofafrigter Jason Gillespie voorgestel dat Papoea-Nieu-Guinee aan die Australiese EDI-beker moet deelneem.[62][63] Tydens die Wêreldkrieketliga se afdeling twee 2019 het die Papoeane die vierde plek behaal, waarmee hulle hul EDI-status teruggewen het.[10]

Met die verkryging van EDI-status het Papoea-Nieu-Guinee gekwalifiseer vir die Krieketwêreldbekerliga 2 2019–2023 wat as kwalifisering vir die Krieketwêreldbeker 2023 gedien het. Die eerste rondte in Skotland het die Papoeane na die gasheer en Oman in die derde plek afgesluit.[64] Tydens die tweede rondte in die Verenigde State het hulle al die twee wedstryde elk teen die gasheer en Namibië verloor.[65] Tydens die sewende rondte het hulle weer al hul vier wedstryde verloor, dié keer teen Oman en Skotland.[66] Tydens die tiende rondte in die Verenigde Arabiese Emirate het hulle vir die eerste keer ’n EDI in dié reeks gewen, toe hulle die vierde wedstryd teen die gasheer met ses paaltjies kon wen.[67] Die elfte rondte sou oorspronklik in Papoea-Nieu-Guinee beslis word, maar vanweë reisbeperkings is dit na die Verenigde Arabiese Emirate verskuif.[68] Die Papoenae is weer in al hul wedstryde deur Oman en Skotland verslaan.[69] In die 16de rondte het hulle een wedstryd teen die Verenigde State gewen, terwyl albei wedstryde teen Namibië in nederlae geëindig het; in die eerste wedstryd teen die Verenigde State het hulle gelykop gespeel.[70] In die 17de rondte kon die span geen wedstryd teen Namibië en die Verenigde State wen nie.[71] In die 20ste rondte kon Papoea-Nieu-Guinee twee wedstryde elk teen Nepal en die Verenigde Arabiese Emirate wen.[72] In die 21ste rondte teen dieselfde opponente kon hulle slegs een oorwinning oor die Verenigde Arabiese Emirate aanteken.[73] Daarmee het die Papoeas die Krieketwêreldbekerliga 2 2019–2023 in die laaste plek afgesluit en die Krieketwêreldbeker-uitspeelrondte 2023 gehaal. Hulle het egter weer in die laaste plek geëindig en sodoende die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2023 vir die Krieketwêreldbeker 2023 misgeloop. As ’n troosprys het hulle die Wêreldkrieketliga 2 2023–2027 vir die Krieketwêreldbeker 2027 gehaal.[74]

Eerste krieketwêreldbekerdeelnames

Op 30 Maart 2021 is Carl Sandri as nuwe hoofafrigter en hoëprestasiebestuurder vir al die drie nasionale spanne aangestel en hy is opdrag gegee om talente vir die Papoea-Nieu-Guinese nasionale krieketspan te vind.[75][76] Nadat hulle tydens die plaaslike kwalifisering vir die T20I-wêreldbekerkwalifisering kon presteer, het hulle daarin geslaag om met hul eerste plek in die eerste rondte regstreeks vir die eerste keer vir ’n wêreldbeker te kwalifiseer.[77] Tydens die T20I-wêreldbeker, wat na 2021 uitgestel en in beide Oman en die Verenigde Arabiese Emirate beslis is, het die Papoeane al hul drie wedstryde teen Bangladesj, Oman en Skotland swak verloor en is sodoende in die eerste rondte uitgeskakel.[78] Tydens die T20I-wêreldbekerkwalifisering se groep B 2022 het Papoea-Nieu-Guinee die derde plek behaal wat egter nie genoeg was om vir die T20I-wêreldbeker 2022 te kwalifiseer nie.[79] Hulle het egter daarin geslaag om die Oos-Asiatiese-Stille-Oseaan-kwalifisering vir die T20I-wêreldbeker 2024 in die Verenigde State en Wes-Indië te wen.[80] Tydens dié toernooi was die span egter sonder enige kans en het swak nederlae gely teen Wes-Indië, Uganda, Afghanistan en Nieu-Seeland, waarmee hulle weer in die eerste rondte uitgeskakel is.[81]

Kleure, kenteken en bynaam

In EDI- en T20I-krieket dra Papoea-Nieu-Guinee rooi truie met swart kleuraksente, rooi moue, ’n swart V-halslyn en swart broeke. Veldwerkers dra ’n rooi bofbalpet of ’n rooi sonhoed. Die kolwers se helms is op ’n soortgelyke manier geverf. Gedurende IKR-toernooie verskyn die borg se embleem op die regtermou en die belettering PNG in die middel van die trui. Tydens die T20I-wêreldbeker 2021 het die span ’n nuwe kleurskema met swart, geel en oranje gebruik.[82]

Krieket PNG se kenteken toon ’n rooi krieketbal met geel bewegingslyne wat ’n paaltjie tref. Op die agtergrond is ’n paradysvoël, Papoea-Nieu-Guinee se wapendier, in ’n vereenvoudigde vorm uitgebeeld.

Die Papoea-Nieu-Guinese nasionale krieketspan se bynaam is Barramundis, ontleen aan die gelyknamige visspesies, wat in die waters rondom Papoea-Nieu-Guinee voorkom.

Tuisstadion

Thumb
Aminipark
Aminipark
Ligging van Papoea-Nieu-Guinese krieketstadions

Papoea-Nieu-Guinee se enigste internasionale stadion is die Aminipark in Port Moresby wat deur Krieket PNG besit en sedert 1972 deur die nasionale span vir al hul tuiswedstryde gebruik word.[83] Dit is genoem na die Amini-gesin wat talle nasionale spelers opgelewer het.[84]

Meer inligting No., Stadion ...
No.StadionPlekEerste wedstryd
1 Aminipark Port Moresby 6 Oktober 2017
Sluit

Spelers

Spelerstatistieke

Altesaam het vir Papoea-Nieu-Guinee 29 spelers EDI- en 30 spelers T20I-krieket gespeel. Vervolgens die spelers wat vir die Papoea-Nieu-Guinese span die meeste lopies aangeteken en die meeste paaltjies geneem het.

Lopies

Meer inligting EDI, T20I ...
EDI T20I
Speler Tydperk EDIs Lopies Speler Tydperk T20Is Lopies
Assad Vala 2014–2023 66 2 003 Tony Ura 2015–hede 60 1 634
Tony Ura 2014–2023 61 1 363 Assad Vala 2015–hede 63 1 274
Charles Amini 2014–2023 49 1 128 Charles Amini 2015–hede 59 1 028
Sese Bau 2016–2023 57 1 089 Sese Bau 2016–hede 56 0958
Lega Siaka 2014–2022 47 0931 Lega Siaka 2015–hede 62 0773
Korrek teen: 18 Junie 2024[85] Korrek teen: 18 Junie 2024[86]
Sluit

Paaltjies

Meer inligting EDI, T20I ...
EDI T20I
Speler Tydperk EDIs Paaltjies Speler Tydperk T20Is Paaltjies
Chad Soper 2016–2023 56 70 Norman Vanua 2015–hede 58 66
Norman Vanua 2014–2023 57 61 Charles Amini 2015–hede 59 47
Assad Vala 2014–2023 66 55 Assad Vala 2015–hede 63 37
Semo Kamea 2022–2023 22 33 Kabua Morea 2021–hede 21 34
Charles Amini 2014–2023 49 32 Chad Soper 2015–hede 31 34
Korrek teen: 18 Junie 2024[87] Korrek teen: 18 Junie 2024[88]
Sluit

Spankapteins

Tot op hede was twee spelers reeds die kaptein vir Papoea-Nieu-Guinee tydens ’n EDI-wedstryd en vier tydens ’n T20I.[89]

Meer inligting EDI, T20I ...
EDI[90] T20I[91]
No.NaamTydperkNaamTydperk
1 Chris Amini 2014 Jack Vare 2015–2016
2 Assad Vala 2016–hede Assad Vala 2016–hede
3 Tony Ura 2024
4 Norman Vanua 2024
Sluit

Rekords

EDI-rekord teen ander lande

Meer inligting Teenstander, Wedstryde ...
TeenstanderWedstrydeGewenVerloorGelykopOnbeslis % GewenEerste oorwinning
t. Toetslande
Vlag van Ierland Ierland101000,00
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië101000,00
t. Assosiaatlede
Vlag van Hongkong Hongkong8440050,008 November 2014
Vlag van Jersey Jersey101000,00
Vlag van Kanada Kanada101000,00
Vlag van Namibië Namibië707000,00
Vlag van Nepal Nepal10280020,0025 Maart 2022
Vlag van Oman Oman606000,00
Vlag van Skotland Skotland10190010,008 Oktober 2017
Vlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate11560045,452 April 2017
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State10271020,0027 April 2019
Algeheel6614511021,218 November 2014
Rekords volledig tot en met EDI #4773 op 22 September 2024. Laaste keer hersien op 23 September 2024. Wenpersentasies sluit geen uitslae uit en tel gelykop as ’n halwe oorwinning.[92]
Sluit

Krieketwêreldbekerrekord

Meer inligting Jaar, Uitslag ...
JaarUitslag
1975Nie gekwalifiseer nie
1979Nie gekwalifiseer nie
1983Nie gekwalifiseer nie
1987Nie gekwalifiseer nie
1992Nie gekwalifiseer nie
1996Nie gekwalifiseer nie
1999Nie gekwalifiseer nie
2003Nie gekwalifiseer nie
2007Nie gekwalifiseer nie
2011Nie gekwalifiseer nie
2015Nie gekwalifiseer nie
2019Nie gekwalifiseer nie
2023Nie gekwalifiseer nie
2027N.v.t.
2031N.v.t.
Sluit

Kampioenetrofeerekord

Meer inligting Jaar, Uitslag ...
JaarUitslag
1998Nie gekwalifiseer nie
2000Nie gekwalifiseer nie
2002Nie gekwalifiseer nie
2004Nie gekwalifiseer nie
2006Nie gekwalifiseer nie
2009Nie gekwalifiseer nie
2013Nie gekwalifiseer nie
2017Nie gekwalifiseer nie
2025Nie gekwalifiseer nie
2029N.v.t.
Sluit

T20I-rekord teen ander lande

Meer inligting Teenstander, Wedstryde ...
TeenstanderWedstrydeGewenVerloorGelykopOnbeslis % GewenEerste T20I-oorwinning
t. Toetslande
Vlag van Afghanistan Afghanistan202000,00
Vlag van Bangladesj Bangladesj101000,00
Vlag van Ierland Ierland4220050,0015 Julie 2015
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland101000,00
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië101000,00
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe101000,00
t. Assosiaatlede
Vlag van Bermuda Bermuda11000100,0019 Oktober 2019
Vlag van Filippyne Filippyne4300175,0022 Maart 2019
Vlag van Hongkong Hongkong4310075,0022 September 2023
Vlag van Japan Japan22000100,0025 Julie 2023
Vlag van Kenia Kenia11000100,0027 Oktober 2019
Vlag van Maleisië Maleisië6420066,671 April 2022
Vlag van Namibië Namibië3210066,6720 Oktober 2019
Vlag van Nederland Nederland3120033,3324 Oktober 2019
Vlag van Nepal Nepal6240033,3317 Julie 2015
Vlag van Oman Oman4130025,007 Maart 2024
Vlag van Samoa Samoa22000100,008 Julie 2019
Vlag van Singapoer Singapoer3210066,6725 Oktober 2019
Vlag van Skotland Skotland303000,00
Vlag van Uganda Uganda2110050,0012 Julie 2022
Vlag van Vanuatu Vanuatu77000100,0022 Maart 2019
Vlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate303000,00
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State11000100,0017 Julie 2022
Algeheel6535290153,8415 Julie 2015
Rekords volledig tot en met T20I #2855 op 22 September 2024. Gelykop verwys na wedstryde wat deur ’n valbyl (soos ’n Superboulbeurt) beslis is. Wenpersentasies sluit geen uitslae uit en gelykop as ’n halwe oorwinning (ongeag die valbyl).[93]
Sluit

T20I-wêreldbekerrekord

Meer inligting Jaar, Uitslag ...
JaarUitslag
2007Nie gekwalifiseer nie
2009Nie gekwalifiseer nie
2010Nie gekwalifiseer nie
2012Nie gekwalifiseer nie
2014Nie gekwalifiseer nie
2016Nie gekwalifiseer nie
2021Eerste rondte
2022Nie gekwalifiseer nie
2024Eerste rondte
2026N.v.t.
2028N.v.t.
2030N.v.t.
Sluit

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.