Krieketwêreldbeker 2027

2027 Eendag Internasionale kriekettoernooi in Suid-Afrika, Namibië en Zimbabwe From Wikipedia, the free encyclopedia

Krieketwêreldbeker 2027
Remove ads

Die Krieketwêreldbeker 2027 (Engels: 2027 Cricket World Cup) word van Oktober tot November 2027 in Suid-Afrika, Zimbabwe en Namibië beslis.[1] Dit is die 14de krieketwêreldbeker van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en ná die Krieketwêreldbeker 2003 die tweede in Suider-Afrika. Die 2003-toernooi is deur Suid-Afrika, Zimbabwe en Kenia aangebied. Namibië sal vir die eerste keer ’n wêreldbekertoernooi aanbied.

Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind.
Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak.
Sport
Kitsfeite Datums, Bestuurder ...
Remove ads

14 nasionale krieketspanne neem aan die Krieketwêreldbeker 2027 deel, waartydens 54 wedstryde gespeel word, waaronder 42 tydens die groepfase, nege in die Super Ses, en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd.[2] Die eerste bal word iewers in Oktober geboul; maar die presiese datum is nog nie bekend nie. Die spanne word in twee groepe van sewe elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep speel. Die drie beste spanne van elke groep kwalifiseer hierna vir die Super Ses, waarvandaan die vier beste spanne vir die halfeindrondte kwalifiseer en die wenners mekaar in die eindstryd ontmoet, terwyl die sewe beste spanne saam met die gasheer Indië regstreeks vir die Kampioenetrofee 2029 sal kwalifiseer. Elke wedstryd bestaan uit 50 boulbeurte per span. ’n Soortgelyke formaat is voorheen tydens die Krieketwêreldbeker 1999 en die Krieketwêreldbeker 2003 gebruik.[3] Australië is die verdedigende kampioen nadat hulle die vorige Krieketwêreldbeker 2023 teen die gasheer Indië gewen het.[4]

Remove ads

Toewysing

Krieket Suid-Afrika het in Mei 2021 aangekondig dat hy ’n bod vir die Krieketwêreldbeker 2027 ingedien het.[5] Die Internasionale Krieketraad het die gasheerlande van beide die 2027- en 2031-manstoernooie op 16 November 2021 aangewys. Suid-Afrika, Zimbabwe en Namibië is gesamentlik as gashere vir die 2027-toernooi benoem, terwyl die 2031-toernooi aan Indië en Bangladesj toegewys is.[6]

Deelnemers

Thumb
Grafiek van die kwalifiseringsproses vir die Krieketwêreldbeker 2027

Die medegashere Suid-Afrika en Zimbabwe, asook die agt beste spanne op die IKR se EDI-ranglys soos op 31 Maart 2027 sal regstreeks vir die Krieketwêreldbeker 2027 kwalifiseer, terwyl die oorblywende vier plekke tydens vastelandse kwalifiserings beslis sal word.[7] Hoewel Namibië tydens die toernooi vir die eerste keer as gasheer optree, sal hulle as ’n assosiaatlid nie regstreeks vir die toernooi kan kwalifiseer nie en Namibië sal aan die kwalifiseringstoernooi moet deelneem.[8]

Kwalifiserende spanne

Die volgende twee spanne het reeds vir die Krieketwêreldbeker 2027 gekwalifiseer. Later sal nog twaalf spanne aansluit.

Meer inligting Span, Kwalifiseringmetode ...
Remove ads

Stadions

Op 10 April 2024 het Krieket Suid-Afrika die agt stadions op die kortlys bekend gemaak.[9] Pholetsi Moseki, hoof- uitvoerende beampte van dié krieketraad, het verduidelik dat van die elf IKR-geakkrediteerde stadions in Suid-Afrika die finale agt stadions volgens verskeie faktore soos die beskikbaarheid van lughawens en hotelverblyf gekies is.[10] Die wedstryde in Namibië sal in die Nasionale Krieketstadion aangebied word wat in aanbou is vir die toernooi.[11]

Meer inligting Suid-Afrika, Paarl, Wes-Kaap ...
Plekke in Namibië
Plekke in Zimbabwe

Formaat

Die Krieketwêreldbeker 2027 word tussen 14 verskillende spanne oor 54 wedstryde beslis. Dieselfde formaat is voorheen tydens die Krieketwêreldbekertoernooie in 1999 en 2003 gebruik.[12]

Groepfase en Super Ses

Die Krieketwêreldbeker 2027 word deur 14 nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase word die 14 deelnemende spanne in twee groepe van sewe elk verdeel; elke span speel een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep, dus speel elke span ses wedstryde in die groepfase. Twee punte word vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte eindig, word volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die drie beste spanne van albei groepe dring na die Super Ses deur.

In die Super Ses-rondte speel elke span teen die spanne, waarteen in die groepfase geen wedstryde gespeel is nie. Spanne wat alreeds in die groepfase ontmoet het, speel nie teen mekaar nie en die punte van dié wedstryde word na die Super Ses-rondte se tabel oorgedra. Die kwalifisering sal gegrond wees op dieselfde kriterias as in die groepfase.

Uitklopfase

Van die begin van dié fase af neem die toernooi ’n uitklopformaat aan wat uit drie wedstryde bestaan: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die vier beste spanne van die Super Ses dring na die uitklopfase deur. Die eerste span speel teen die vierde span en die tweede span teen die derde span in die halfeindstryde. Elke wedstryd in die uitklopstadium moet met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag is, sal die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis word.

Effek op Kampioenetrofee 2029-kwalifisering

Die beste sewe spanne sal saam met die gasheer Indië regstreeks kwalifiseer vir die Kampioenetrofee 2029.

Remove ads

Wedstryde

Die wedstryde word in drie fases opgedeel, naamlik die groepfase, die Super Ses en die uitklopfase.

Groepfase

Kitsfeite

14 spanne sal aan die groepfase deelneem. Die drie beste spanne in elke groep dring na die Super Ses deur. Die sewe beste spanne sal saam met die gasheer Indië vir die Kampioenetrofee 2029 gekwalifiseer.

Groep A

Meer inligting Span, S ...
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t

Groep B

Meer inligting Span, S ...
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t

Super Ses

Kitsfeite
Meer inligting Span, S ...
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t

Uitklopfase

  Halfeindrondte Eindrondte
             
 Kwalifiseerder 1  
 Kwalifiseerder 4  
     Wenner Halfeindstryd 1
   Wenner Halfeindstryd 2
 Kwalifiseerder 2
 Kwalifiseerder 3  

Halfeindrondte

2027
Kwalifiseerder 1
t
Kwalifiseerder 4
2027
Kwalifiseerder 2
t
Kwalifiseerder 3

Eindstryd

2027
Wenner Halfeindstryd 1
t
Wenner Halfeindstryd 2


Krieketwêreldkampioen 2027
Wenner Eindstryd
Remove ads

Sien ook

Verwysings

Loading content...

Eksterne skakels

Loading content...
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads