Krieketwêreldbeker 1999
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Krieketwêreldbeker 1999 (Engels: 1999 Cricket World Cup; Nederlands: Wereldkampioenschap cricket 1999) is van 14 Mei tot 20 Junie 1999 in Engeland (nominale gasheer), Ierland, Nederland, Skotland en Wallis beslis. Dit was die sewende krieketwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en die vierde in Engeland. Dié land het voorheen die toernooie van 1975, 1979 en 1983 gehuisves.[3] Die toernooi is drie jaar ná die vorige krieketwêreldbekertoernooi aangebied, waarmee dit van die gewone periode van vier jaar afgewyk het.[4]

![]() Kenteken van die Krieketwêreldbeker 1999 | |
Datums | 14 Mei – 20 Junie |
---|---|
Bestuurder | Internasionale Krieketraad (IKR) |
Krieketformaat | Internasionale eendagkrieket (EDI) |
Toernooiformaat | Groepfase, Super Ses en uitklopfase |
Gashere | Engeland (nominale gasheer) Ierland Nederland Skotland Wallis |
Kampioen | Australië (2de titel) |
Naaswenner | Pakistan |
Deelnemers | 12 (34 kwalifiseer) |
Wedstryde gespeel | 42 |
Speler van die reeks | Lance Klusener |
Meeste lopies | Rahul Dravid (461)[1] |
Meeste paaltjies | Geoff Allott Shane Warne (20 elk)[2] |
← 1996 2003 → |
Twaalf nasionale krieketspanne het aan die Krieketwêreldbeker 1999 deelgeneem: Die destydse nege toetskrieketlande (Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe), saam met die drie beste spanne van die IKK-trofee 1997 (Bangladesj, Kenia en Skotland). Tydens die Krieketwêreldbeker 1999 is 42 wedstryde gespeel, waaronder 30 tydens die groepfase, nege in die Super Ses, en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in twee groepe van ses spanne elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die drie beste spanne van elke groep het hierna vir die Super Ses gekwalifiseer, waarvandaan die vier beste spanne vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners mekaar in die eindstryd ontmoet het. Elke wedstryd het uit 50 boulbeurte per span bestaan.[5]
Australië, Nieu-Seeland, Pakistan en Suid-Afrika het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Australië het Suid-Afrika en Pakistan het Nieu-Seeland geklop, voordat Australië die eindstryd op Lord’s in Londen teen Pakistan met agt paaltjies gewen en sodoende sy tweede titel ingepalm het. Australië het daarmee die eerste land geword wat die nuwe permanente krieketwêreldbekertrofee verower het; vir die vorige toernooie is verskeie trofeë oorhandig.[6] Daarbenewens het hulle ná Wes-Indië (in 1975 en 1979) die tweede krieketland geword wat die titel vir ’n tweede keer ingepalm het.[7] Die verdedigende kampioen Sri Lanka is reeds in die groepfase uitgeskakel: die eerste verdedigende kampioen in die Krieketwêreldbekergeskiedenis wat nie tot die uitklopfase deurgedring het nie. Die nasionale krieketspanne van Bangladesj en Skotland het vir die eerste keer aan ’n krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem. Interessant genoeg is die Rugbywêreldbeker 1999 op ’n soortgelyke manier deur vyf Europese lande aangebied (met Frankryk pleks van Nederland) en ook deur Australië gewen, die eerste land wat dit tot dusver vermaak het om albei wêreldbekertoernooie in dieselfde jaar te wen.
Toewysing

Die Krieketwêreldbeker 1999 is deur die IKR toegewys aan Engeland. Van die medegashere was Ierland, Nederland, Skotland en Wallis. Met uitsondering van die toetskrieketland Engeland was die medegashere nie regstreeks vir die toernooi gekwalifiseer nie en hulle moes aan die IRK-trofee 1997 deelneem. Beide Ierland en Nederland het egter nie vir die toernooi gekwalifiseer nie.
Deelnemers
Die volgende twaalf spanne het vir die Krieketwêreldbeker 1999 gekwalifiseer: Australië, Engeland (nominale gasheer), Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe het as volle lede van die Internasionale Krieketraad met toetskrieketstatus regstreeks vir die Krieketwêreldbeker 1999 gekwalifiseer. Bangladesj, Kenia en Skotland was spanne sonder toetsstatus en het tydens die IKR-trofee 1997 gekwalifiseer.

Gekwalifiseer as ’n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR)
Gekwalifiseer tydens die IKR-trofee 1997
Nie gekwalifiseer nie
Nie deelgeneem nie
Span | Kwalifiseringmetode | Verskynings by eindstryde | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie | Groep |
---|---|---|---|---|---|
![]() |
Nominale gasheer | Sewende | 1996 | Naaswenner (1979, 1987, 1992) | A |
![]() |
Volle lede | Sewende | 1996 | Kampioen (1987) | B |
![]() |
Sewende | 1996 | Kampioen (1983) | A | |
![]() |
Sewende | 1996 | Halfeindrondte (1975, 1979, 1992) | B | |
![]() |
Sewende | 1996 | Kampioen (1992) | B | |
![]() |
Sewende | 1996 | Kampioen (1996) | A | |
![]() |
Derde | 1996 | Halfeindrondte (1992) | A | |
![]() |
Sewende | 1996 | Kampioen (1975, 1979) | B | |
![]() |
Vyfde | 1996 | Groepfase (1983, 1987, 1992, 1996) | A | |
![]() |
IKR-trofee 1997 | Eerste | – | Debuut | B |
![]() |
Tweede | 1996 | Groepfase (1996) | A | |
![]() |
Eerste | – | Debuut | B |
Stadions
Engeland het 37 wedstryde op 17 verskeie plekke gehuisves, terwyl Ierland, Nederland en Wallis elk een en Skotland twee wedstryde aangebied het. Skotland het twee van sy Groep B-wedstryde tuis gespeel en sodoende die eerste assosiaatlid geword wat wedstryde tydens ’n wêreldbekertoernooi aangebied het. Een Groep B-wedstryd elk is in Ierland en Wallis beslis, terwyl een Groep A-wedstryd in Nederland gespeel is. Die nasionale krieketspanne van Ierland en Nederland het egter nie aan hierdie toernooi deelgeneem nie.
Formaat
Die Krieketwêreldbeker 1999 is oor 38 dae tussen twaalf verskillende spanne oor 42 wedstryde beslis. Dit het op 14 Mei 1999 op Lord’s in Londen met die openingswedstryd tussen die nominale gasheer Engeland en die verdedigende kampioen Sri Lanka begin. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 20 Junie met die eindstryd tussen Australië en Pakistan, waartydens Australië die Krieketwêreldbekertrofee ingepalm het.
Kalender
Die volgende tabel dui die Krieketwêreldbeker 1999 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op die openingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n siaan blokkie op die Super Ses, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Groepe
Groepfase en Super Ses
Die Krieketwêreldbeker 1999 is deur twaalf nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die twaalf deelnemende spanne in twee groepe van ses elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span vyf wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die drie beste spanne van albei groepe het na die Super Ses deurgedring.
In die Super Ses-rondte het elke span teen die spanne gespeel, waarteen in die groepfase geen wedstryde gespeel is nie. Spanne wat alreeds in die groepfase ontmoet het, het nie teen mekaar gespeel nie en die punte van dié wedstryde is na die Super Ses-rondte se tabel oorgedra. Die kwalifisering was gegrond op dieselfde kriterias as in die groepfase.
Uitklopfase
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die vier beste spanne van die Super Ses het na die uitklopfase deurgedring. Die eerste span het teen die vierde span en die tweede span teen die derde span in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd die volgende dag herhaal.
Skeidsregters
’n Paneel van twaalf skeidsregters is vir die toernooi ingespan.
|
|
Wedstryde
Die wedstryde is in drie fases opgedeel, naamlik die groepfase, die Super Ses en die uitklopfase.
Groepfase
Kwalifiseer vir die Super Ses. |
Uit die toernooi geskakel. |
Twaalf spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die drie beste spanne in elke groep het na die Super Ses deurgedring.
Groep A
t |
||
Romesh Kaluwitharana 57 (66) Alan Mullally 4/37 (10 boulbeurte) |
Alec Stewart 88 (146) Chaminda Vaas 1/27 (10 boulbeurte) |
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t |
||
Sourav Ganguly 97 (142) Lance Klusener 3/66 (10 boulbeurte) |
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t |
||
Alpesh Vadher 54 (90) Neil Johnson 4/42 (10 boulbeurte) |
Neil Johnson 59 (70) Maurice Odumbe 2/39 (7 boulbeurte) |
- Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Jimmy Kamande (Ken) het sy EDI-debuut gemaak.
t |
||
Steve Tikolo 71 (107) Darren Gough 4/34 (10 boulbeurte) |
Nasser Hussain 88* (127) Thomas Odoyo 1/65 (10 boulbeurte) |
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Begin van die wedstryd vertraag weens ’n nat grond met 90 minute. Die herskeduleerde tye van die spel was 12:15 tot 15:45 en 16:30 tot 20:00.
- Verdere reën vertraag die speel van 17:57 tot 18:39 met Engeland op 98/1 in 20 boulbeurte.
t |
||
Andy Flower 68* (85) Javagal Srinath 2/35 (10 boulbeurte) |
Sadagoppan Ramesh 55 (77) Henry Olonga 3/22 (4 boulbeurte) |
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Indië is weens ’n stadige boultempo met vier boulbeurte beboet.
t |
||
Lance Klusener 52* (45) Muttiah Muralitharan 3/25 (10 boulbeurte) |
Roshan Mahanama 36 (71) Lance Klusener 3/21 (5.2 boulbeurte) |
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t |
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t |
||
Grant Flower 42 (69) Pramodya Wickramasinghe 3/30 (10 boulbeurte) |
Marvan Atapattu 54 (90) Guy Whittall 3/35 (10 boulbeurte) |
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t |
||
Steve Tikolo 58 (75) Debashish Mohanty 4/56 (10 boulbeurte) |
- Kenia het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Nayan Mongia verlaat die veld ná nege boulbeurte. Rahul Dravid hou die paaltjies terwyl Robin Singh die plaasvervanger is.
- Beide Rahul Dravid en Sachin Tendulkar (albei Ind) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[8]
t |
||
Grant Flower 35 (90) Alan Mullally 2/16 (10 boulbeurte) |
Graham Thorpe 62 (80) Pommie Mbangwa 2/28 (7 boulbeurte) |
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t |
||
Ravindu Shah 50 (64) Lance Klusener 5/21 (8.3 boulbeurte) |
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Lance Klusener (RSA) neem ’n vyf-paaltjie-oes.[9]
- Suid-Afrika vorder hiermee tot die Super Ses.
- Kenia is hiermee uit die toernooi geskakel.
t |
||
Sourav Ganguly 183 (158) Pramodya Wickramasinghe 3/65 (10 boulbeurte) |
Aravinda de Silva 56 (74) Robin Singh 5/31 (9.3 boulbeurte) |
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Beide Sourav Ganguly en Rahul Dravid (albei Ind) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[8]
- Rahul Dravid en Sourav Ganguly (albei Ind) teken 318 lopies om die tweede paaltjie aan, die destyds hoogste EDI-paaltjievennootskap[10] – in dieselfde jaar oortref teen Nieu-Seeland.[11]
- Robin Singh (Ind) neem ’n vyf-paaltjie-oes.[9]
t |
||
Rahul Dravid 53 (82) Mark Ealham 2/28 (10 boulbeurte) |
Graham Thorpe 36 (57) Sourav Ganguly 3/27 (8 boulbeurte) |
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Reserwedag op 30 Mei gebruik.
- Indië vorder hiermee tot die Super Ses.
- Sri Lanka is hiermee uit die toernooi geskakel.
t |
||
Lance Klusener 52* (58) Neil Johnson 3/27 (8 boulbeurte) |
- Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Begin van die Suid-Afrikaanse kolfbeurt vertraag weens reën vir 25 minute tot 15:25.
- Zimbabwe vorder hiermee tot die Super Ses.
- Engeland is hiermee uit die toernooi geskakel.
Groep B
Span | S | W | V | O | G | LT | P | P/o |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
![]() |
5 | 4 | 1 | 0 | 0 | +0.51 | 8 | 4 |
![]() |
5 | 3 | 2 | 0 | 0 | +0.73 | 6 | 0 |
![]() |
5 | 3 | 2 | 0 | 0 | +0.58 | 6 | 2 |
![]() |
5 | 3 | 2 | 0 | 0 | +0.50 | 6 | – |
![]() |
5 | 2 | 3 | 0 | 0 | −0.52 | 4 | – |
![]() |
5 | 0 | 5 | 0 | 0 | −1.93 | 0 | – |
t |
||
Mark Waugh 67 (114) Nick Dyer 2/43 (10 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Bruce Patterson, Ian Philip, Mike Allingham, Mike Smith, George Salmond, Gavin Hamilton, James Brinkley, Alec Davies, John Blain, Asim Butt en Nick Dyer (almal Sco) het hul EDI-debuut gemaak.
t |
||
Wasim Akram 43 (29) Courtney Walsh 3/28 (10 boulbeurte) |
Shivnarine Chanderpaul 77 (96) Abdul Razzaq 3/32 (10 boulbeurte) |
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Ricardo Powell (WI) het sy EDI-debuut gemaak.
t |
||
Enamul Haque 19 (41) Chris Cairns 3/19 (7 boulbeurte) |
Matt Horne 35 (86) Naimur Rahman 1/5 (2 boulbeurte) |
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t |
||
Darren Lehmann 76 (94) Geoff Allott 4/37 (10 boulbeurte) |
Roger Twose 80* (99) Damien Fleming 2/43 (8.2 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Reën onderbreek die speel tussen 12:00 tot 12:37. Middagete is tot ’n lengte van 30 minute herskeduleer en is op 14:55 ingeneem, met die Nieu-Seelandse kolfbeurt wat van 15:25 tot 18:55 geskeduleer is.
t |
||
Mohammad Yousuf 81* (119) Gavin Hamilton 2/36 (10 boulbeurte) |
Gavin Hamilton 76 (111) Shoaib Akhtar 3/11 (6 boulbeurte) |
- Skotland het het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Ian Stanger (Sco) het sy EDI-debuut gemaak.
- Skotland is vir ’n stadige boultempo met een kolfbeurt beboet.
t |
||
Mehrab Hossain 64 (129) Courtney Walsh 4/25 (10 boulbeurte) |
Jimmy Adams 53* (82) Minhajul Abedin 1/28 (7 boulbeurte) |
- Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Wedstrydbegin weens reën vertraag tot 11:30. Middagete met 15 minute verkort en sluiting van speel met 30 minute tot 19:00 verleng.
t |
||
Inzamam-ul-Haq 81 (104) Damien Fleming 2/37 (10 boulbeurte) |
Michael Bevan 61 (80) Wasim Akram 4/40 (9.5 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Dit is die laaste keer wat Australië ’n lopiejaag tydens ’n krieketwêreldbeker verloor totdat hulle in die 2019-toernooi deur Indië geklop word.[12][13]
t |
||
Minhajul Abedin 68* (116) John Blain 4/37 (10 boulbeurte) |
Gavin Hamilton 63 (71) Hasibul Hossain 2/26 (8 boulbeurte) |
- Skotland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Skotland is vir ’n stadige boultempo met een kolfbeurt beboet.
t |
||
Craig McMillan 32 (78) Mervyn Dillon 4/46 (9.1 boulbeurte) |
Ridley Jacobs 80* (131) Chris Harris 1/19 (8 boulbeurte) |
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t |
||
Minhajul Abedin 53* (99) Tom Moody 3/25 (10 boulbeurte) |
Adam Gilchrist 63 (39) Enamul Haque 2/40 (5 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t |
||
Gavin Hamilton 24* (43) Courtney Walsh 3/7 (7 boulbeurte) |
Shivnarine Chanderpaul 30* (30) John Blain 2/36 (5.1 boulbeurte) |
- Skotland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Greig Williamson (Sco) het sy EDI-debuut gemaak.
- Skotland is hiermee uit die toernooi geskakel.
t |
||
Inzamam-ul-Haq 73* (61) Geoff Allott 4/64 (10 boulbeurte) |
Stephen Fleming 69 (100) Azhar Mahmood 3/38 (10 boulbeurte) |
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Pakistan vorder hiermee tot die Super Ses.
t |
||
Ridley Jacobs 49* (142) Glenn McGrath 5/14 (8.4 boulbeurte) |
Adam Gilchrist 21 (36) Curtly Ambrose 3/31 (10 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Glenn McGrath (Aus) neem ’n vyf-paaltjie-oes.[9]
- Ridley Jacobs (WI) word die eerste krieketspeler wat deurkolf in ’n krieketwêreldbekerwedstryd.[14]
- Australië moes 111 lopies in 47.2 boulbeurte aanteken om vir die Super Ses te kwalifiseer.
- Australië vorder hiermee tot die Super Ses.
- Bangladesj is hiermee uit die toernooi geskakel.
t |
||
Akram Khan 42 (66) Saqlain Mushtaq 5/35 (10 boulbeurte) |
Wasim Akram 29 (52) Khaled Mahmud 3/31 (10 boulbeurte) |
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Pakistan is vir ’n stadige boultempo met een kolfbeurt beboet.
- Saqlain Mushtaq (Pak) neem ’n vyf-paaltjie-oes.[9]
t |
||
Ian Stanger 27 (58) Chris Harris 4/7 (3.1 boulbeurte) |
Roger Twose 54* (49) John Blain 3/53 (7 boulbeurte) |
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Nieu-Seeland moes 122 lopies in 21.2 boulbeurte aanteken om vir die Super Ses te kwalifiseer.
- Nieu-Seeland vorder hiermee tot die Super Ses.
- Wes-Indië is hiermee uit die toernooi geskakel.
Super Ses
Kwalifiseer vir die uitklopfase. |
Uit die toernooi geskakel. |
Hierdie fase was van die mees gesiene dele van die toernooi, aangesien Indië en Pakistan amptelik in oorlog (Kargil-konflik) was tydens hul krieketwedstryd, die eerste keer wat dit in die geskiedenis van die sport gebeur het.
Punte wat oorgedra is, is slegs toegepas op die ses spanne wat uit die groepfase van die toernooi gevorder het. Die punte was die aantal punte wat hul mede-kwalifiseerders van hul onderskeie groepe aangeteken het. Die punte wat oorgedra is, is nie een keer in die Super Ses verander nie.
Span | S | W | V | O | G | LT | P | P/o |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
![]() |
5 | 3 | 2 | 0 | 0 | +0.65 | 6 | 4 |
![]() |
5 | 3 | 2 | 0 | 0 | +0.36 | 6 | 0 |
![]() |
5 | 3 | 2 | 0 | 0 | +0.17 | 6 | 2 |
![]() |
5 | 2 | 2 | 1 | 0 | −0.52 | 5 | 2 |
![]() |
5 | 2 | 2 | 1 | 0 | −0.79 | 5 | 4 |
![]() |
5 | 1 | 4 | 0 | 0 | −0.15 | 2 | 0 |
t |
||
Mark Waugh 83 (99) Robin Singh 2/43 (7 boulbeurte) |
Ajay Jadeja 100* (138) Glenn McGrath 3/34 (10 boulbeurte) |
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Ajay Jadeja (Ind) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[8]
t |
||
Moin Khan 63 (56) Steve Elworthy 2/23 (10 boulbeurte) |
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t |
||
Murray Goodwin 57 (90) Chris Cairns 3/24 (6.3 boulbeurte) |
Matt Horne 35 (35) Guy Whittall 1/9 (3 boulbeurte) |
- Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Reën het die spel onderbreek toe 36 boulbeurte van Zimbabwe se kolfbeurt geboul is. Op reserwedag was geen speel moontlik nie.
t |
||
Rahul Dravid 61 (89) Wasim Akram 2/27 (10 boulbeurte) |
Inzamam-ul-Haq 41 (93) Venkatesh Prasad 5/27 (9.3 boulbeurte) |
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Venkatesh Prasad (Ind) neem ’n vyf-paaltjie-oes.[9]
t |
||
Mark Waugh 104 (120) Neil Johnson 2/43 (8 boulbeurte) |
Neil Johnson 132* (144) Paul Reiffel 3/55 (10 boulbeurte) |
- Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Beide Mark Waugh (Aus) en Neil Johnson (Zim) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[8]
t |
||
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Suid-Afrika vorder hiermee tot die uitklopfase.
t |
||
Saeed Anwar 103 (144) Henry Olonga 2/38 (5 boulbeurte) |
Neil Johnson 54 (94) Saqlain Mushtaq 3/16 (6.3 boulbeurte) |
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Saeed Anwar (Pak) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[8]
- Saqlain Mushtaq (Pak) word ná Chetan Sharma (Ind) in 1987 die tweede bouler wat ’n driekuns tydens ’n krieketwêreldbekerwedstryd neem, toe hy Henry Olonga, Adam Huckle en Pommie Mbangwa (almal Zim) in drie agtereenvolgende aflewerings uitboul.[15]
- Pakistan vorder hiermee tot die uitklopfase.
t |
||
Ajay Jadeja 76 (103) Chris Cairns 2/44 (10 boulbeurte) |
Matt Horne 74 (116) Debashish Mohanty 2/41 (10 boulbeurte) |
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Nieu-Seeland vorder hiermee tot die uitklopfase.
- Indië is hiermee uit die toernooi geskakel.
t |
||
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Beide Herschelle Gibbs (RSA) en Steve Waugh (Aus) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[8]
- Australië vorder hiermee tot die uitklopfase.
- Zimbabwe is hiermee uit die toernooi geskakel.
Halfeindrondte

Halfeindrondte | Eindrondte | |||||
16 Junie – Manchester | ||||||
![]() |
241/7 | |||||
![]() |
242/1 | 20 Junie – Londen | ||||
![]() |
132 | |||||
17 Junie – Birmingham | ![]() |
133/2 | ||||
![]() |
213 | |||||
![]() |
213 |
t |
||
Roger Twose 46 (83) Shoaib Akhtar 3/55 (10 boulbeurte) |
Saeed Anwar 113* (148) Chris Cairns 1/33 (8 boulbeurte) |
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Saeed Anwar (Pak) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[8]
- Wajahatullah Wasti en Saeed Anwar teken 194 lopies om die eerste paaltjie aan, die destyds hoogste eerste paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd – later oortref deur Sri Lanka teen Zimbabwe tydens die 2011-toernooi. Dit is ook die destyds hoogste Pakistanse paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd – later oortref teen dieselfde opponent tydens die 2023-toernooi.[16]
t |
||
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Shaun Pollock (RSA) neem ’n vyf-paaltjie-oes.[9]
- Dit is die eerste krieketwêreldbekerwedstryd wat in ’n gelykop geëindig het.[17]
- Australië vorder tot die eindstryd omdat hulle as gevolg van ’n beter nettolopietempo in die Super Ses-tabel bo Suid-Afrika was.[18]
- Hierdie wedstryd word as een van die beste in die krieketgeskiedenis beskou.[19]
Eindstryd
t |
||
Adam Gilchrist 54 (36) Saqlain Mushtaq 1/21 (4.1 boulbeurte) |
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Krieketwêreldkampioen 1999 |
---|
![]() |
Statistiek
Finale puntestand
Hierdie tabel toon die finale puntestand van al twaalf deelnemende nasionale krieketspanne in die Krieketwêreldbeker 1999.

Kampioen
Naaswenner
Halfeindrondte
Super Ses
Groepfase
Nie deelgeneem nie
Rang | Span | Groep | S | W | O | V | LV | LT | LD | LT | P |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Finaliste | |||||||||||
1 | ![]() | B | 12 | 8 | 1 | 3 | 2155 | 2038 | +117 | 17 | |
2 | ![]() | B | 12 | 8 | 0 | 4 | 2240 | 2009 | +231 | 16 | |
In die halfeindrondte uitgeskakel | |||||||||||
3 | ![]() | A | 11 | 7 | 1 | 3 | 2008 | 1769 | +239 | 15 | |
4 | ![]() | B | 11 | 5 | 1 | 5 | 1594 | 1832 | –238 | 11 | |
In die Super Ses uitgeskakel | |||||||||||
5 | ![]() | A | 10 | 5 | 1 | 4 | 1637 | 1673 | –36 | 11 | |
6 | ![]() | A | 10 | 4 | 0 | 6 | 2119 | 1841 | +278 | 8 | |
In die groepfase uitgeskakel | |||||||||||
7 | ![]() | B | 5 | 3 | 0 | 2 | 723 | 746 | –23 | +0.50 | 6 |
8 | ![]() | A | 5 | 3 | 0 | 2 | 851 | 1031 | –180 | −0.33 | 6 |
9 | ![]() | B | 5 | 2 | 0 | 3 | 884 | 805 | –79 | −0.52 | 4 |
10 | ![]() | A | 5 | 2 | 0 | 3 | 1003 | 1206 | –203 | −0.81 | 4 |
11 | ![]() | A | 5 | 0 | 0 | 5 | 1049 | 1192 | –143 | −1.20 | 0 |
12 | ![]() | B | 5 | 0 | 0 | 5 | 700 | 821 | –121 | −1.93 | 0 |
Meeste lopies en paaltjies
Meeste lopies aangeteken:[1]
|
Meeste paaltjies geneem:[2]
|
Sien ook
Verwysings
Verdere leesstof
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.