Kampioenetrofee 2029

From Wikipedia, the free encyclopedia

Kampioenetrofee 2029

Die Kampioenetrofee 2029 (Engels: 2029 ICC Champions Trophy) sal in Oktober 2029 in Indië beslis word.[1] Dit sal die tiende Kampioenetrofee in EDI-krieket wees wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en ná die 2006-toernooi die tweede in Indië. Die gasheer is ook die verdedigende kampioen, nadat hulle die vorige Kampioenetrofee 2025 gewen het.

Die Kampioenetrofee waarom meegeding sal word
Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind.
Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak.
Sport
Kitsfeite Datums, Bestuurder ...
Kampioenetrofee 2029
Datums Oktober – Oktober
Bestuurder Internasionale Krieketraad (IKR)
Krieketformaat Internasionale eendagkrieket (EDI)
Toernooiformaat Groep- en uitklopfase
Gashere  Indië
Deelnemers 8
Wedstryde gespeel 15
2025
2033
Sluit

Die toernooi se formaat van 2009, 2013, 2017 en 2025 sal onveranderd bly en die gasheer Indië sal saam met die sewe beste nasionale spanne van die Krieketwêreldbeker 2027 aan die Kampioenetrofee 2029 deelneem. Die spanne sal in twee groepe van vier elk verdeel word, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep speel. Die twee beste spanne van elke groep sal hierna vir die halfeindrondte kwalifiseer en die wenners sal mekaar in die eindstryd ontmoet.

Toewysing

In 2016 het die IKR aangekondig dat hulle met die Kampioenetrofee ná die 2017-toernooi weg sal doen. Die IKR se doelwit was om vir elk van die drie formate slegs een toernooi te hê.[2] In November 2021 het die IKR egter aangekondig dat dié toernooi vanaf 2025 weer aangebied sal word.[3] In dieselfde maand is die Kampioenetrofee 2029 deur die Internasionale Krieketraad aan Indië toegewys.[4]

Deelnemers

Agt spanne sal aan die Kampioenetrofee 2029 kan deelneem.[5]

Kwalifiserende spanne

Die volgende span het al vir die Kampioenetrofee 2029 gekwalifiseer. Die beste sewe spanne van die Krieketwêreldbeker 2027 sal saam met die gasheer Indië regstreeks kwalifiseer.

Meer inligting Span, Kwalifiseringmetode ...
Span Kwalifiseringmetode Verskynings by eindstryde Laaste verskyning Vorige beste prestasie
Vlag van Indië Indië Gasheer Tiende 2025 Kampioen (2002, 2013, 2025)
Sluit

Formaat

Die Kampioenetrofee 2029 sal tussen agt verskillende spanne oor 15 wedstryde beslis word. Dieselfde formaat is voorheen tydens die Kampioenetrofeë in 2009, 2013, 2017 en 2025 gebruik.

Groepfase

Die Kampioenetrofee 2029 sal deur agt nasionale krieketspanne beslis word. Vir die groepfase sal die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier elk verdeel word; elke span sal een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep speel, dus sal elke span drie wedstryde in die groepfase speel. Twee punte sal vir ’n oorwinning toegeken word, een vir ’n onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte eindig, sal volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik word. In die geval van ’n gelykop (d.w.s. as albei spanne die gelyke aantal lopies aan die einde van hul onderskeidelike kolfbeurt aangeteken het), sal die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis word. Dit sal van toepassing wees in alle fases van die toernooi. Die twee beste spanne van albei groepe dring na die uitklopfase deur.

Uitklopfase

Van die begin van dié fase af sal die toernooi ’n uitklopformaat aanneem wat uit drie wedstryde bestaan: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die twee beste spanne van elke groep sal na die uitklopfase deurdring. Die groepwenner van albei groepe sal teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde speel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moet met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag is, sal die wedstryd deur ’n superboulbeurt beslis word.

Wedstryde

Die wedstryde sal in twee fases opgedeel word, naamlik die groep- en die uitklopfase.

Groepfase

Kitsfeite
Kwalifiseer vir die uitklopfase.
Uit die toernooi geskakel.
Sluit

Die spanne sal in twee groepe van vier elk verdeel word, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep speel. Die beste twee spanne van elke groep sal hierna vir die halfeindrondte kwalifiseer en die wenners sal mekaar in die eindstryd ontmoet.

Groep A

Meer inligting Span, S ...
Span S W V O P LT
n.v.t. 00000
n.v.t. 00000
n.v.t. 00000
n.v.t. 00000
Sluit
2029
t
2029
t
2029
t
2029
t
2029
t
2029
t

Groep B

Meer inligting Span, S ...
Span S W V O P LT
n.v.t. 00000
n.v.t. 00000
n.v.t. 00000
n.v.t. 00000
Sluit
2029
t
2029
t
2029
t
2029
t
2029
t
2029
t

Uitklopfase

Die uitklopfase sal bestaan uit twee halfeindstryde, waarvan die twee wenners mekaar in die eindstryd sal ontmoet.

  Halfeindrondte Eindrondte
             
 Wenner Groep A  
 Naaswenner Groep B  
     Wenner Halfeindstryd 1
   Wenner Halfeindstryd 2
 Wenner Groep B
 Naaswenner Groep A  

Halfeindrondte

2029
Wenner Groep A
t
Naaswenner Groep B
2029
Wenner Groep B
t
Naaswenner Groep A

Eindstryd

2029
Wenner Halfeindstryd 1
t
Wenner Halfeindstryd 2


Meer inligting Kampioenetrofeewenner 2029 ...
Kampioenetrofeewenner 2029
Wenner Eindstryd
Sluit

Sien ook

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.