Kampioenetrofee 2002
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Kampioenetrofee 2002 (Engels: 2002 ICC Champions Trophy) is van 12 tot 30 September 2002 in Sri Lanka beslis. Dit was die derde Kampioenetrofee in EDI-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is en ná die Asiatiese Bekertoernooie in 1986 en 1997 die derde vername kriekettoernooi geheel en al in Sri Lanka. Die land was voorheen een van die medegashere tydens die Krieketwêreldbeker 1996, saam met Indië en Pakistan.[3]
Datums | 12 September – 30 September |
---|---|
Bestuurder | Internasionale Krieketraad (IKR) |
Krieketformaat | Internasionale eendagkrieket (EDI) |
Toernooiformaat | Groep- en uitklopfase |
Gashere | Sri Lanka |
Kampioen | Indië Sri Lanka (1ste titel) |
Naaswenner | Geen |
Deelnemers | 12 |
Wedstryde gespeel | 15 |
Meeste lopies | Virender Sehwag (271)[1] |
Meeste paaltjies | Muttiah Muralitharan (10)[2] |
← 2000 2004 → |
Twaalf nasionale krieketspanne het aan die Kampioenetrofee 2002 deelgeneem: Die destydse tien toetskrieketlande (Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe) saam met die assosiaatlede Kenia en Nederland. Die spanne is in vier groepe van drie elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep gespeel het.[4] Die beste span van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet.[5][6]
Australië, Indië, Sri Lanka en Suid-Afrika het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Indië het Suid-Afrika en Sri Lanka het Australië geklop, waardeur die twee Suid-Asiatiese spanne in die eindstryd ontmoet het. Nadat die eindstryd twee keer uitgereën het, het Indië en Sri Lanka die titel gedeel.[7] Die verdedigende kampioen Nieu-Seeland is reeds in die groepfase uitgeskakel.
Toewysing
Die Internasionale Krieketraad het Sri Lanka as gasheer vir die Kampioenetrofee 2002 aangewys. Dit was die eerste keer dat al die destydse volle lede van die IKR Sri Lanka vir ’n toernooi besoek het en ná die Asiatiese Bekertoernooie in 1986 en 1997 die derde vername kriekettoernooi wat geheel en al in Sri Lanka beslis is. Voorheen was Sri Lanka een van die medegashere tydens die Krieketwêreldbeker 1996.[3]
Deelnemers
Die destydse tien toetslande het vir die Kampioenetrofee 2002 gekwalifiseer: Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe. Daarbenewens het Kenia en Nederland, wat destyds oor EDI-status beskik het, vir dié toernooi gekwalifiseer.
Span | Kwalifiseringmetode | Verskynings by eindstryde | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie |
---|---|---|---|---|
![]() |
Volle lede | Derde | 2000 | 5de plek (2000) |
![]() |
Tweede | 2000 | 9de plek (2000) | |
![]() |
Derde | 2000 | 5de plek (1998) | |
![]() |
Derde | 2000 | Naaswenner (2000) | |
![]() |
Derde | 2000 | Kampioen (2000) | |
![]() |
Derde | 2000 | 3de plek (2000) | |
![]() |
Derde | 2000 | 4de plek (1998) | |
![]() |
Derde | 2000 | Kampioen (1998) | |
![]() |
Derde | 2000 | Naaswenner (1998) | |
![]() |
Derde | 2000 | 8ste plek (2000) | |
![]() |
EDI-status | Tweede | 2000 | 10de plek (2000) |
![]() |
Eerste | – | Debuut |
Stadions
Tydens die toernooi is twee Sri Lankaanse stadions gebruik. Altesaam 15 wedstryde is tydens die Kampioenetrofee 2002 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd.[3]
Colombo | |
---|---|
R. Premadasa-stadion | Singhalese Sportklubkrieketveld |
6°56′22.8″N 79°52′19.3″O | 6°54′21.32″N 79°52′09.85″O |
Kapasiteit: 35 000 | Kapasiteit: 10 000 |
![]() |
![]() |
Formaat
Die Kampioenetrofee 2002 is oor 19 dae tussen twaalf verskillende spanne oor 15 wedstryde beslis. Dit het op 12 September 2002 op R. Premadasa-stadion in Colombo met die openingswedstryd tussen die gasheer Sri Lanka en Pakistan begin. Die toernooi het geëindig op dieselfde stadion op 30 September met die eindstryd tussen Indië en Sri Lanka wat twee keer uitgereën is, waarna albei spanne die Kampioenetrofee gedeel het.
Kalender
Die volgende tabel dui die Kampioenetrofee 2002 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Groepe
Groepfase
Die Kampioenetrofee 2002 is deur twaalf nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die twaalf deelnemende spanne in vier groepe van drie elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span twee wedstryde in die groepfase gespeel. Vier punte is vir ’n oorwinning toegeken, twee vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die beste span van elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Uitklopfase
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die beste span van elke groep het na die uitklopfase deurgedring. Die wenner van die eerste groep het teen die wenner van die vierde groep en die wenner van die tweede groep het teen die wenner van die derde groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd deur ’n uitboul beslis.
Wedstryde
Groepfase
Groep 1
Span | Wed | Wen | Ver | Onb | Pte | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
![]() |
2 | 2 | 0 | 0 | 8 | +3.461 |
![]() |
2 | 1 | 1 | 0 | 4 | +0.030 |
![]() |
2 | 0 | 2 | 0 | 0 | −3.275 |
t |
||
Damien Martyn 73 (87) Jacob Oram 2/60 (10 boulbeurte) |
Shane Bond 26 (22) Glenn McGrath 5/37 (7 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Glenn McGrath (Aus) neem ’n vyf-paaltjie-oes.[8]
t |
||
Alok Kapali 45 (75) Jason Gillespie 3/20 (10 boulbeurte) |
Matthew Hayden 67* (70) Mohammad Rafique 1/32 (5 boulbeurte) |
- Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Mazharul Haque (Ban) het sy EDI-debuut gemaak.
- Australië vorder hiermee tot die halfeindrondte.
- Bangladesj en Nieu-Seeland is hiermee uit die toernooi geskakel.
t |
||
Mathew Sinclair 70 (122) Mohammad Ashraful 3/26 (5 boulbeurte) |
Tushar Imran 20 (16) Shane Bond 4/21 (5 boulbeurte) |
- Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Talha Jubair (Ban) het sy EDI-debuut gemaak.
Groep 2
t |
||
Mohammad Kaif 111 (112) Douglas Hondo 4/62 (9 boulbeurte) |
Andy Flower 145 (164) Zaheer Khan 4/45 (10 boulbeurte) |
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Ray Price (Zim) het sy EDI-debuut gemaak.
- Beide Mohammad Kaif (Ind) en Andy Flower (Zim) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.[9]
- Andy Flower teken die gesamentlik beste individuele telling tydens ’n Kampioenetrofeewedstryd aan – gedeel met Nathan Astle (NZ) tydens die 2004-toernooi.[9]
t |
||
Heath Streak 50* (58) Ronnie Irani 4/37 (10 boulbeurte) |
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Ian Blackwell (Eng) het sy EDI-debuut gemaak.
- Marcus Trescothick (Eng) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.[9]
- Zimbabwe is twee kolfbeurte vir ’n stadige boultempo afgetrek.
t |
||
Ian Blackwell 82 (68) Ashish Nehra 2/49 (10 boulbeurte) |
Virender Sehwag 126 (104) Ian Blackwell 1/46 (8 boulbeurte) |
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Virender Sehwag (Ind) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.[9]
- Indië vorder hiermee tot die halfeindrondte.
- Engeland en Zimbabwe is hiermee uit die toernooi geskakel.
Groep 3
Span | Wed | Wen | Ver | Onb | Pte | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
![]() |
2 | 2 | 0 | 0 | 8 | +1.856 |
![]() |
2 | 1 | 1 | 0 | 4 | +0.202 |
![]() |
2 | 0 | 2 | 0 | 0 | −2.050 |
t |
||
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t |
||
Steve Tikolo 93 (91) Pedro Collins 3/18 (9.1 boulbeurte) |
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Brian Lara (WI) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.[9]
t |
||
Steve Tikolo 69 (97) Dale Benkenstein 3/5 (3.5 boulbeurte) |
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Herschelle Gibbs (RSA) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.[9]
- Suid-Afrika vorder hiermee tot die halfeindrondte.
- Wes-Indië en Kenia is hiermee uit die toernooi geskakel.
Groep 4
t |
||
Saeed Anwar 52 (82) Muttiah Muralitharan 3/29 (10 boulbeurte) |
Sanath Jayasuriya 102* (120) Wasim Akram 1/42 (8 boulbeurte) |
t |
||
Marvan Atapattu 101 (118) Adeel Raja 2/50 (10 boulbeurte) |
Tim de Leede 31 (43) Muttiah Muralitharan 4/15 (5.3 boulbeurte) |
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Adeel Raja, Daan van Bunge, Edgar Schiferli, Jacob-Jan Esmeijer, Luuk van Troost, Reinout Scholte en Victor Grandia (almal Ned) het hul EDI-debuut gemaak.
- Marvan Atapattu (SL) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.[9]
- Sri Lanka vorder hiermee tot die halfeindrondte.
- Nederland en Pakistan is hiermee uit die toernooi geskakel.
t |
||
Roland Lefebvre 32* (70) Shahid Afridi 3/18 (10 boulbeurte) |
Imran Nazir 59 (40) Feiko Kloppenburg 1/23 (2 boulbeurte) |
- Nederland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Henk-Jan Mol en Feiko Kloppenburg (albei Ned) het hul EDI-debuut gemaak.
Uitklopfase
Halfeindrondte | Eindrondte | |||||
25 September – Colombo | ||||||
![]() |
261/9 | |||||
![]() |
251/6 | 29 & 30 September – Colombo | ||||
![]() |
Medewenner | |||||
27 September – Colombo | ![]() |
Medewenner | ||||
![]() |
162 | |||||
![]() |
163/3 |
Halfeindrondte
t |
||
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Robin Peterson (RSA) het sy EDI-debuut gemaak.
- Herschelle Gibbs (RSA) teken sy tweede kampioenetrofeehonderdtal aan.[9]
t |
||
Marvan Atapattu 51 (113) Glenn McGrath 2/41 (10 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Eindstryd
t |
||
Sanath Jayasuriya 74 (89) Harbhajan Singh 3/27 (10 boulbeurte) |
Virender Sehwag 13 (5) Chaminda Vaas 0/0 (1 boulbeurt) |
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Wedstryd afgelas weens reën.
t |
||
Mahela Jayawardene 77 (99) Zaheer Khan 3/44 (9 boulbeurte) |
Virender Sehwag 25 (22) Chaminda Vaas 1/24 (4.4 boulbeurte) |
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Wedstryd afgelas weens reën.
Statistiek
Meeste lopies en paaltjies
Meeste lopies:[1]
|
Meeste paaltjies:[2]
|
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.