From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Kampioenetrofee 2000 (Engels: 2000 ICC KnockOut Trophy) is van 3 tot 15 Oktober 2000 in Kenia beslis. Dit was die tweede Kampioenetrofee in EDI-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is en ná die IKR-trofee 1994 die tweede vername kriekettoernooi in Kenia. Destyds is na dié toernooi as die Uitkloptrofee 2000 (KnockOut Trophy 2000) verwys, maar sedert die 2002-toernooi staan dit as Kampioenetrofee bekend.
Datums | 3 Oktober – 15 Oktober |
---|---|
Bestuurder | Internasionale Krieketraad (IKR) |
Krieketformaat | Internasionale eendagkrieket (EDI) |
Toernooiformaat | Uitklopfase |
Gashere | Kenia |
Kampioen | Nieu-Seeland (1ste titel) |
Naaswenner | Indië |
Deelnemers | 11 |
Wedstryde gespeel | 10 |
Meeste lopies | Sourav Ganguly (348)[1] |
Meeste paaltjies | Venkatesh Prasad (8)[2] |
← 1998 2002 → |
Elf nasionale krieketspanne het aan die Kampioenetrofee 2000 deelgeneem: Die destydse nege toetskrieketlande (Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe) saam met die voorste assosiaatlid Bangladesj en die gasheer Kenia. Aangesien die toernooi net uit die uitklopfase bestaan het, moes die ses laagste spanne in die ranglys om die oorblywende drie plekke speel. Vervolgens het in die voorwedstryde Kenia teen Indië, Sri Lanka teen Wes-Indië en Bangladesj teen Engeland gespeel. Indië, Sri Lanka en Engeland het hul onderskeidelike wedstryde gewen en en sodoende hul plekke in die kwarteindrondte bespreek. Al die tien wedstryde is op die Gymkhana Klubveld in Nairobi gespeel.[3]
Die vyf beste spanne van die Krieketwêreldbeker 1999 het regstreeks tot die uitklopfase gevorder, terwyl die ses laagste spanne van die 1999-toernooi in die voorwedstryde om die laaste drie plekke vir die uitklopfase moes speel. Vervolgens het Australië, Pakistan, Suid-Afrika, Nieu-Seeland en Zimbabwe regstreeks die uitklopfase gehaal, terwyl Indië, Sri Lanka en Engeland tot die uitklopfase gevorder het nadat hulle in hul onderskeidelike voorwedstryd onderskeidelik Kenia, Wes-Indië en Bangladesj geklop het. In die eindstryd het Nieu-Seeland Indië met vier paaltjies verslaan en sodoende sy eerste internasionale kriekettitel ingepalm. Die verdedigende kampioen Suid-Afrika is in die halfeindrondte uitgeskakel.[4]
Die Internasionale Krieketraad het Kenia as gasheer vir die Kampioenetrofee 2000 aangewys ten einde krieket te bevorder in dié land. Dit was ná die IKR-trofee 1994 die tweede vername kriekettoernooi wat geheel en al in Kenia beslis is.
Die destydse nege toetslande het vir die Kampioenetrofee 2000 gekwalifiseer: Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe. Daarbenewens het Bangladesj en Kenia, wat destyds oor EDI-status beskik het, vir dié toernooi gekwalifiseer.[5]
Span | Kwalifiseringmetode | Verskynings by eindstryde | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie |
---|---|---|---|---|
Australië | Volle lede | Tweede | 1998 | 8ste plek (1998) |
Engeland | Tweede | 1998 | 5de plek (1998) | |
Indië | Tweede | 1998 | 3de plek (1998) | |
Nieu-Seeland | Tweede | 1998 | 7de plek (1998) | |
Pakistan | Tweede | 1998 | 6de plek (1998) | |
Sri Lanka | Tweede | 1998 | 4de plek (1998) | |
Suid-Afrika | Tweede | 1998 | Kampioen (1998) | |
Wes-Indië | Tweede | 1998 | Naaswenner (1998) | |
Zimbabwe | Tweede | 1998 | 9de plek (1998) | |
Bangladesj | EDI-status | Eerste | – | Debuut |
Kenia | Eerste | – | Debuut |
Die Kampioenetrofee 2000 is op die Keniaanse Gymkhana Klubveld in Nairobi gespeel. Altesaam tien wedstryde is tydens die Kampioenetrofee 2000 gespeel, waaronder die drie voorwedstryde en die uitklopfase.
Nairobi |
---|
Gymkhana Klubveld |
1°16′12″S 36°49′38.5″O |
Kapasiteit: 7 000 |
Kampioenetrofee 2000 (Kenia) |
Die Kampioenetrofee 2000 is oor 13 dae tussen elf verskillende spanne oor tien wedstryde beslis. Dit het op 3 Oktober 2000 op Gymkhana Klubveld in Nairobi met die voorwedstryd tussen die gasheer Kenia en Indië begin. Die toernooi het geëindig op dieselfde stadion op 15 Oktober met die eindstryd tussen Indië en Nieu-Seeland, waartydens die Black Caps die Kampioenetrofee ingepalm het.
Die volgende tabel dui die Kampioenetrofee 2000 se daaglikse program aan. ’n Siaan blokkie dui op die voorwedstryd, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Die voorwedstryde tussen onderskeidelik Kenia en Indië, Sri Lanka en Wes-Indië asook Bangladesj en Engeland was die enigste wedstryde voor die uitklopfase om te bepaal watter van die ses spanne na die uitklopfase deurdring.
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit sewe wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenners van die voorwedstryde het na die uitklopfase deurgedring, terwyl al die ander toetslande die toernooi in die kwarteindrondte begin het. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd deur ’n uitboul beslis.
Die Kampioenetrofee 2000 het hoofsaaklik uit die uitklopfase bestaan en al die destydse toetslande saam met die voorste assosiaatlid Bangladesj en die gasheer Kenia het daaraan deelgeneem. Dus kon elf spanne aan die toernooi deelneem wat beteken het dat ses spanne in ’n voorwedstryd moes speel om die laaste agt spanne te bepaal. Die voorwedstryde is tussen die ses laagste spanne van die Krieketwêreldbeker 1999 beslis, terwyl die vyf beste spanne van die 1999-toernooi regstreeks tot die uitklopfase gevorder het.
t |
||
Ravi Shah 60 (93) Zaheer Khan 3/48 (10 boulbeurte) |
Rahul Dravid 68 (87) Maurice Odumbe 1/18 (4 boulbeurte) |
t |
||
Avishka Gunawardene 132 (146) Mervyn Dillon 2/46 (10 boulbeurte) |
Laurie Williams 41 (59) Nuwan Zoysa 3/34 (7 boulbeurte) |
t |
||
Javed Omar 63 (84) Mark Ealham 3/48 (10 boulbeurte) |
Nasser Hussain 95 (120) Mohammad Rafique 1/43 (10 boulbeurte) |
Kwarteindstryd | Halfeindstryd | Eindstryd | ||||||||
8 Oktober – Nairobi | ||||||||||
Sri Lanka | 194 | |||||||||
11 Oktober – Nairobi | ||||||||||
Pakistan | 195/1 | |||||||||
Pakistan | 252 | |||||||||
9 Oktober – Nairobi | ||||||||||
Nieu-Seeland | 255/6 | |||||||||
Nieu-Seeland | 265/7 | |||||||||
15 Oktober – Nairobi | ||||||||||
Zimbabwe | 201 | |||||||||
Nieu-Seeland | 265/6 | |||||||||
7 Oktober – Nairobi | ||||||||||
Indië | 264/6 | |||||||||
Indië | 265/9 | |||||||||
13 Oktober – Nairobi | ||||||||||
Australië | 245 | |||||||||
Indië | 295/6 | |||||||||
10 Oktober – Nairobi | ||||||||||
Suid-Afrika | 200 | |||||||||
Engeland | 182 | |||||||||
Suid-Afrika | 184/2 | |||||||||
t |
||
Yuvraj Singh 84 (80) Shane Lee 2/31 (10 boulbeurte) |
t |
||
Sanath Jayasuriya 39 (41) Wasim Akram 3/40 (7.4 boulbeurte) |
Saeed Anwar 105 (134) Sanath Jayasuriya 0/16 (3 boulbeurte) |
t |
||
Roger Twose 85 (111) Henry Olonga 3/58 (9 boulbeurte) |
Stuart Carlisle 67 (92) Paul Wiseman 4/45 (9.2 boulbeurte) |
t |
||
t |
||
Saeed Anwar 104 (115) Shayne O’Connor 5/46 (9.2 boulbeurte) |
Roger Twose 87 (101) Azhar Mahmood 4/65 (10 boulbeurte) |
t |
||
t |
||
Sourav Ganguly 117 (130) Scott Styris 2/53 (10 boulbeurte) |
Chris Cairns 102* (113) Venkatesh Prasad 3/27 (7 boulbeurte) |
Kampioenetrofeewenner 2000 |
---|
Nieu-Seeland |
Meeste lopies:[1]
|
Meeste paaltjies:[2]
|
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.