Remove ads
Jonty Rhodes From Wikipedia, the free encyclopedia
Jonathan Neil "Jonty" Rhodes (gebore op 27 Julie 1969) is 'n Suid-Afrikaanse professionele krieketkommentator en voormalige toets- en internasionale eendag-krieketspeler.[1] Hy het tussen 1992 en 2003 vir die Suid-Afrikaanse krieketspan gespeel, onder meer tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1992, 1996, 1999 en 2003, asook die Kampioenetrofeë in 1998, 2000 en 2002.[2] Hy was ook 'n lid van die Proteaspan wat tydens die Kampioenetrofee 1998 Suid-Afrika se eerste internasionale kriekettitel kon inpalm.[3]
Jonty Rhodes | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Volle naam | Jonathan Neil Rhodes | |||||
Gebore | 27 Julie 1969 Pietermaritzburg, Natal, Suid-Afrika | |||||
Lengte | 1,78 m | |||||
Kolfstyl | Regshandig | |||||
Boulstyl | Regterarm medium | |||||
Rol | Kolwer | |||||
Internasionale geskiedenis | ||||||
Nasionale span | Suid-Afrika | |||||
Toetsdebuut | 13 November 1992 v Indië | |||||
Laaste Toets | 10 Augustus 2000 v Sri Lanka | |||||
EDI debuut (no 17) | 26 Februarie 1992 v Australië | |||||
Laaste EDI | 12 Februarie 2003 v Kenia | |||||
EDI hempno. | 8 | |||||
Eersterangse spaninligting | ||||||
Jaar(e) | Span | |||||
1988–1992 | Universiteit van Natal (Maritzburg) | |||||
1988/89–1997/98 | Natal | |||||
1998/99–2002/03 | KwaZulu-Natal | |||||
1999 | Ierland | |||||
2003 | Gloucestershire | |||||
Loopbaanstatistiek | ||||||
Kompetisie | Toetse | EDI | 1ste rang | A-lys | ||
Wedstryde | 52 | 245 | 164 | 371 | ||
Lopies aangeteken | 2 532 | 5 935 | 9 546 | 8 907 | ||
Kolfgemiddeld | 35.66 | 35.11 | 41.14 | 32.86 | ||
100s/50s | 3/17 | 2/33 | 22/52 | 2/51 | ||
Hoogste telling | 117 | 121 | 172 | 121 | ||
Aflewerings geboul | 12 | 14 | 162 | 80 | ||
Paaltjies | 0 | 0 | 1 | 2 | ||
Boulgemiddeld | – | – | 83.00 | 22.50 | ||
5 paaltjies in 'n kolfbeurt | – | – | – | – | ||
10 paaltjies in 'n wedstryd | – | – | – | – | ||
Beste boulontleding | – | – | 1/13 | – | ||
Vangskote/Stonkings | 34/– | 105/– | 127/– | 158/– | ||
Bron: ESPNcricinfo, 1 Augustus 2009 |
Rhodes is in Pietermaritzburg, Natal, gebore. Hy was bekend vir sy vinnige hardloop tussen die paaltjies as 'n regterhandse kolwer, maar dit was sy uitstekende verdediging, veral vang, grondveld en gooi van sy mees algemene posisie van tru-punt wat die oog gevang het. Uit 'n verslag wat Cricinfo in 2005 opgestel het, blyk dit dat hy sedert die Krieketwêreldbeker in 1999 die negende hoogste aantal uithardlope in EDI-krieket van enige veldwerker behaal het, met die derde hoogste suksessyfer.[4] Hy word as een van die beste veldwerkers van alle tye beskou en was die eerste Suid-Afrikaanse krieketspeler wat 100 EDI-vangskote geneem het.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.