Kolkata

hoofstad van Wes-Bengale, Indië From Wikipedia, the free encyclopedia

Kolkata

Kolkata (voorheen Kalkutta; voormalige Engels: Calcutta, Bengaals: কলকাতা, Kōlkātā, [kolkata], ) is die hoofstad van die Indiese deelstaat Wes-Bengale en is met 'n bevolking van 4 496 694 die vierde grootste stad in Indië. Kolkata lê aan die ooskus van Indië aan die Indiese Oseaan en is die grootste hawestad in Oos-Indië. Tot in 1912 was Kolkata die hoofstad van Brits-Indië, toe dit deur Nieu-Delhi vervang is.

Kolkata
কলকাতা
Thumb

Kaart Wapen
Thumb
Thumb
Satellietbeeld
Thumb
 Land Vlag van Indië Indië
 Deelstaat Wes-Bengale
 Koördinate 22°34′N 88°22′O
 Stigting 1690
 Oppervlakte:  
 - Totaal 185 vk km
 Hoogte bo seevlak 9 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2011) 4 496 694
 - Bevolkingsdigtheid 30 000/vk km
 - Metropolitaanse gebied 14 112 536
 Tydsone UTC+5:30
 Burgemeester Firhad Hakim
 Amptelike webwerf kmcgov.in

Etimologie

Thumb
Kaart van Kolkata in 1888
Thumb
Die Victoria-gedenkteken is een van Kolkata se bekendste besienswaardighede
Thumb
Eden Gardens is in 1864 opgerig en is Indië se oudste krieketveld

Die woord Kolkata (Bengaals: কলকাতা, [kolˈkata]) is afgelei van Kôlikata (কলিকাতা, [ˈkɔliˌkata]), die Bengaalse naam vir een van die drie destydse dorpe voor die aankoms van die Britte; die ander twee dorpe was Sutanuti en Gobindapur.[1]

Daar is uiteenlopende teorieë oor die oorsprong van die naam:

  • Kolikata is glo 'n variasie van Kalikkhetrô (কালীক্ষেত্র, [ˈkaliˌkʰetrɔ]) wat "veld van [die godin] Kali" beteken. Net so kan dit 'n variasie wees van Kalikshetra (Sanskrit: कालीक्षेत्र, letterlik: "gebied van die godin Kali").
  • Volgens 'n ander teorie is die naam afgelei van Kalighat.[2]
  • Die naam kan egter ook ontleen wees aan die Bengaalse term kilkila (কিলকিলা) wat "plat area" beteken.[3]
  • Die naam het moontlik sy oorsprong in die woorde khal (খাল, [ˈkʰal]) wat "kanaal" beteken, gevolg deur kaṭa (কাটা, [ˈkaʈa]), wat "gegrawe" kan beteken.[4]
  • Volgens 'n ander teorie was die area gespesialiseerd in die vervaardiging van kalsiumoksied of koli chun (কলি চুন, [ˈkɔliˌtʃun]) en kokos of kata (কাতা, [ˈkata]); gevolglik is dit Kolikata genoem.[3]

Alhoewel die stadnaam in Bengaals nog altyd Kolkata of Kôlikata uitgespreek word, was die verengelsde vorm Calcutta tot in 2001 die amptelike naam, toe dit verander is in Kolkata om by die Bengaalse uitspraak aan te pas.[5]

Lugvervoer

Kolkata beskik oor 'n moderne internasionale lughawe, genaamd Netaji Subhas Chandra Bose Internasionale Lughawe.

Sport

Kolkata beskik met Eden Gardens oor 'n belangrike toetskrieketstadion. Die Indiese nasionale krieketspan speel van sy tuiswedstryde in die stad. Eden Gardens het onder andere wedstryde tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1987, 1996, 2011 en 2023, asook die T20I-wêreldbeker 2016, gehuisves.

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.