Quinton de Kock (gebore 17 Desember 1992 in Johannesburg) is 'n Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler. Hy is in 2019 as Suid-Afrika se toetskrieketspeler van die jaar aangewys.[1] Hy het onder meer tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 2015, 2019 en 2023, die T20I-wêreldbekertoernooie in 2014, 2016, 2021, 2022 en 2024, asook die Kampioenetrofee 2017 vir Suid-Afrika gespeel. Tydens die T20I-wêreldbeker 2024 kon Suid-Afrika vir die eerste keer die eindstryd van 'n krieket- of T20I-wêreldbekertoernooi vir mans haal, maar hulle het naelskraap met sewe lopies teen Indië verloor.[2]
Quinton de Kock | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Volle naam | Quinton de Kock | |||||
Gebore | 17 Desember 1992 Johannesburg, Suid-Afrika | |||||
Kolfstyl | Linkshandig | |||||
Rol | Kolwer, paaltjiewagter | |||||
Internasionale geskiedenis | ||||||
Nasionale span | Suid-Afrika | |||||
Toetsdebuut (no 317) | 20 Februarie 2014 v Australië | |||||
Laaste Toets | 26 Desember 2021 v Indië | |||||
Toetshempno. | 12 | |||||
EDI debuut (no 105) | 19 Januarie 2013 v Nieu-Seeland | |||||
Laaste EDI | 18 Maart 2023 v Wes-Indië | |||||
EDI hempno. | 12 | |||||
T20I debuut (no 54) | 21 Desember 2012 v Nieu-Seeland | |||||
Laaste T20I | 26 Maart 2023 v Wes-Indië | |||||
T20I hempno. | 12 | |||||
Eersterangse spaninligting | ||||||
Jaar(e) | Span | |||||
2009–2015 | Highveld Lions | |||||
2014–2017 | Delhi Daredevils | |||||
2018 | Royal Challengers Bangalore | |||||
2018-tans | Cape Town Blitz | |||||
2019–2021 | Mumbai Indians | |||||
Loopbaanstatistiek | ||||||
Kompetisie | Toetse | EDI | T20I | 1e rang | ||
Wedstryde | 54 | 138 | 79 | 84 | ||
Lopies aangeteken | 3300 | 5949 | 2256 | 5463 | ||
Kolfgemiddeld | 38.82 | 45.41 | 32.69 | 41.38 | ||
100s/50s | 6/22 | 17/29 | 1/14 | 12/36 | ||
Hoogste telling | 141* | 178 | 100 | 194 | ||
Vangskote/Stonkings | 221/11 | 180/12 | 75/16 | 323/16 | ||
Bron: ESPNcricinfo, 27 Maart 2023 |
Internasionale loopbaan
Quinton de Kock se Internasionale eendagwedstryd-loopbaan begin op 20-jarige ouderdom op 19 Januarie 2013 in die Paarl vir die Proteas teen Nieu-Seeland. Hy het sesde op die kolforde kom kolf, teken 18 lopies aan en kry ook die taak as paaltjiewagter by. Vir die tweede wedstryd in Kimberley open hy die beurt met 25 lopies.
Op 18 Februarie 2013 moker hy die tweede hoogste T20 telling van 126 in Suid-Afrika.[3]
2013 V.A.E. Toer teen Pakistan
Tydens die November 2013-toer na die Verenigde Arabiese Emirate word hy gekies in die eerste XI vir Suid-Afrika teen Pakistan in die plek van Colin Ingram wat uit vorm was. De Kock teken 112 lopies aan vanaf 135 aflewerings op 'n moeilike kolfblad in Aboe Dhabi in die vierde EDI om sy eerste Internasionale Eendag-hondertal te behaal. Suid-Afrika wen die EDI-reeks 4-1. Die Proteas speel ook twee Twintig20-wedstryde teen Pakistan en de Kock behaal 48 n.u.n. in die eerste wedstryd terwyl hulle 'n hoë teiken jaag. Hulle wen die T20-reeks ook 2-0.[4]
Hy speel hierna ook in al die EDI's en Twintig20-wedstryde vir die Proteas teen Pakistan en Indië, oorsee en tuis in Suid-Afrika in Nov-Des 2013. Tydens die EDI's behaal hy drie agtereenvolgende honderdtalle vir die Proteas met die kolf, 'n sonderlinge prestasie.
Toetsloopbaan
Hy maak sy toetsbuiging vir die Proteas op 20 Februarie 2014 teen Australië in Port Elizabeth. Hy stel teleur met slegs 7 lopies tydens sy debuutbeurt maar vaar effens beter met 34 die volgende dag.
Nadat hy vir die toetse in Indië uit die span gelaat is, keer hy terug as paaltjiewagter teen die besoekende Engeland op 2 Januarie 2016 in Kaapstad, maar gee weer sy paaltjie op 'n skinkbord prys met 'n skamele 5 lopies na ete op 5 Januarie.
T20-reeks teen Australië in 2014
In Maart 2014 het die Proteas 'n T20-tuisreeks teen Australië gespeel. De Kock is as die "Speler-van-die-reeks" bekroon, alhoewel Suid-Afrika die reeks met 0-2 verloor het.[5]
Rekords
- Vinnigste Suid-Afrikaner om 1 000 EDI-lopies aan te teken.[6]
- Vinnigste paaltjiewagter, volgens wedstryde (35), om 150 Toetspaaltjies in te palm.[7]
- Vinnigste paaltjiewagter, volgens wedstryde, om 200 ontslagte in Toetse te behaal (47).
- Vinnigste Suid-Afrikaner om 'n vyftigtal in T20I aan te teken (15 balle).[8]
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.