Krieket speler van Suid-Afrika From Wikipedia, the free encyclopedia
Hashim Amla OIS (gebore 31 Maart 1983 in Durban) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler en kaptein van die Suid-Afrikaanse nasionale krieketspan, die Proteas. Hy het in al drie vorms van die spel gespeel, maar veral op toetse en Internasionale eendagwedstryde gekonsentreer. Hy was die eerste speler van Indiese afkoms om vir Suid-Afrika toetskrieket te speel.[1] Hy het onder meer tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 2011, 2015 en 2019, die T20I-wêreldbekertoernooie in 2012, 2014 en 2016, asook die Kampioenetrofeë in 2009, 2013 en 2017 vir Suid-Afrika gespeel. Op 8 Augustus 2019 het Hashim Amla sy uittrede uit internasionale krieket aangekondig.[2] Op 18 Januarie 2023 het hy sy uittrede uit alle krieket aangekondig.[3]
Hashim Amla | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Volle naam | Hashim Mohammad Amla | |||||
Gebore | 31 Maart 1983 Durban, Natal, Suid-Afrika | |||||
Lengte | 1,78 m | |||||
Kolfstyl | Regshandig | |||||
Rol | Aanvangskolwer | |||||
Familie | Ahmed Amla (broer) | |||||
Internasionale geskiedenis | ||||||
Nasionale span | Suid-Afrika | |||||
Toetsdebuut (no 295) | 28 November 2004 v Indië | |||||
Laaste Toets | 21 Februarie 2019 v Sri Lanka | |||||
Toetshempno. | 60 | |||||
EDI debuut (no 90) | 9 Maart 2008 v Bangladesj | |||||
Laaste EDI | 28 Junie 2019 v Sri Lanka | |||||
EDI hempno. | 1 | |||||
T20I debuut (no 38) | 13 Januarie 2009 v Australië | |||||
Laaste T20I | 14 Augustus 2018 v Sri Lanka | |||||
T20I hempno. | 1 | |||||
Eersterangse spaninligting | ||||||
Jaar(e) | Span | |||||
1999/00–2008/09 | KwaZulu-Natal | |||||
2003/04–2012/13 | Dolfyne | |||||
2009 | Essex | |||||
2010 | Nottinghamshire | |||||
2013–2014, 2020–2022 | Surrey | |||||
2013/14–2018/19 | Kaapse Kobras | |||||
2015 | Derbyshire | |||||
2016–2017 | Kings XI Punjab | |||||
2016 | Trinbago Knight Riders | |||||
2018 | Hampshire | |||||
Loopbaanstatistiek | ||||||
Kompetisie | Toets | EDI | T20I | 1e rang | A-lys | |
Wedstryde | 124 | 181 | 44 | 254 | 247 | |
Lopies aangeteken | 9 282 | 8 113 | 1 277 | 18 907 | 10 020 | |
Kolfgemiddeld | 46.64 | 49.46 | 33.60 | 48.72 | 44.73 | |
100s/50s | 28/41 | 27/39 | 0/8 | 55/91 | 30/52 | |
Hoogste telling | 311* | 159 | 97* | 311* | 159 | |
Aflewerings geboul | 54 | – | – | 393 | 16 | |
Paaltjies | 0 | – | – | 1 | 0 | |
Boulgemiddeld | – | – | – | 277.00 | – | |
5 paaltjies in 'n kolfbeurt | – | – | – | 0 | – | |
10 paaltjies in 'n wedstryd | – | – | – | 0 | – | |
Beste boulontleding | – | – | – | 1/10 | – | |
Vangskote/Stonkings | 108/– | 87/– | 19/– | 189/– | 108/– | |
Bron: ESPNcricinfo, 20 Januarie 2022 |
Amla is 'n regterhandse top-orde kolwer en glipveldwerker en is veral bekend vir die gemak waarmee hy houe naby sy lyf met sy gewrigte uitvoer.[4] Hy het met die kolf vir Suid-Afrika in toetse en in heelwat beperkte boulbeurte die kolfbeurt geopen. Hy was in 2013 die Internasionale Krieketraad se topkolwer in toetskrieket en kitskrieket (eendagwedstryde).[5] In sy 57ste beurt van sy eendaagse loopbaan het Amla die vinnigste kolwer geword om 3 000 EDI-lopies te bereik, hy het 12 beurte minder benodig as Viv Richards, en op 8 Desember 2013 is hy die vinnigste kolwer om 4 000 EDI lopies met 8 beurte minder as Sir Viv s'n. In sy 57ste wedstryd word Amla die vinnigste krieketspeler om 10 honderdtalle te bereik in eendagwedstryde. Hashim Amla word in 2013 die eerste kolwer sedert Ricky Ponting om bo-aan die toets- én eendaagse ranglys op dieselfde tyd te wees in die jongste IKR-tabel. Hy is aangewys as een van die Wisden krieketspelers van die jaar in 2013.[6]
Amla maak sy debuut vir die Proteas op 28 November 2004 teen Indië. Amla is die enigste Suid-Afrikaner wat ooit 'n driehondertal in 'n toetswedstryd kon behaal, met 311 nie uit nie teen Engeland in 2012.
Hy was van Junie 2014 tot 6 Januarie 2016 die toetskaptein van die Proteas, maar het later bedank om eerder op sy persoonlike spel te konsentreer.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.