Kyle Abbott

From Wikipedia, the free encyclopedia

Kyle Abbott

Kyle John Abbott (gebore 18 Junie 1987[1] in Empangeni) is 'n Suid-Afrikaanse eersterangse krieketspeler wat vir die Dolphins in plaaslike krieket speel.[2] Hy is 'n regterarm mediumvinnige bouler. Hy het vir die Suid-Afrika A-krieketspan gespeel.

Kitsfeite Volle naam, Gebore ...
Kyle Abbott
Thumb
Kyle Abbott in 2014
Volle naam Kyle John Abbott
Gebore 18 Junie 1987 (1987-06-18) (37 jaar oud)
Empangeni, Natal, Suid-Afrika
Bynaam(e) Yorkerman
Kolfstyl Regshandig
Boulstyl Regterarm mediumvinnige
Rol Bouler
Internasionale geskiedenis
Nasionale span Suid-Afrika
Toetsdebuut (no 316) 22 Februarie 2013 v Pakistan
Laaste Toets 22–26 Januarie 2016 v Engeland
Toetshempno. 81
EDI debuut (no 109) 10 Maart 2013 v Pakistan
Laaste EDI 9 Oktober 2016 v Australië
EDI hempno. 87
T20I debuut 11 Januarie 2009 v Pakistan
Laaste T20I 28 Maart 2016 v Sri Lanka
T20I hempno. 87
Eersterangse spaninligting
Jaar(e) Span
2009- Natal Dolfyne
2012 Kings XI Punjab
2014- Hampshire
2015 Chennai Super Kings
Loopbaanstatistiek
Kompetisie Toets    EDI    1e rang     T20I
Wedstryde 7 26 65 21
Lopies aangeteken 59 76 1,290 23
Kolfgemiddeld 6.55 9.50 17.43 11.50
100s/50s 0/0 0/0 0/4 0/0
Hoogste telling 16 23 80 9*
Aflewerings geboul 1,243 1,195 11,530 436
Paaltjies 21 31 240 26
Boulgemiddeld 25.57 34.39 21.75 22.26
5 paaltjies in 'n kolfbeurt 1 0 11 0
10 paaltjies in 'n wedstryd 0 0 2 -
Beste boulontleding 7/29 4/21 8/45 3/20
Vangskote/Stonkings 3/– 4/- 15/- 7/-
Bron: CricketArchive, 9 Oktober 2016
Sluit

Hy is aangewys as die plaasvervanger vir die beseerde Jacques Kallis in die Suid-Afrika nasionale krieketspan vir die derde toets teen Pakistan in Februarie 2013.[3] Hy het sewe paaltjies ingeoes tydens sy debuut in die 3de toets teen Pakistan in Februarie 2013.[4] Dit was die negende beste syfers van alle tye vir 'n debutant in toetskrieket.

In 2006 en 2007 het Kyle krieket gespeel vir 'n Engelse dorpie genaamd Clevedon Krieketklub[5] wat in die Westedeel van die Engeland Premier League – Bristol Somerset. Dit is hier waar hy raakgesien is deur Somerset CCC, en toe 'n plek in hul tweede span gekry het.

In 2015 is Abbott in die IPL 8 veiling deur die Chennai Super Kings gekoop.

Hy speel in toets-, EDI- en T20I-wedstryde vir die Proteas. Hy het onder meer tydens die Krieketwêreldbeker 2015 en die T20I-wêreldbeker 2016 vir Suid-Afrika gespeel.

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.