From Wikipedia, the free encyclopedia
Johannes V was die 82ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Johannes V | |
---|---|
Pontifikaat begin | 23 Julie 685 |
Pontifikaat eindig | 2 Augustus 686 |
Voorganger | Benedictus II |
Opvolger | Konon |
Gebore | Antiogië (?) |
Sterf | 2 Augustus 686 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Johannes |
Pous Johannes V is van Siriese afkoms, die seun van Cyriacus, moontlik gebore in Antiogië, die eerste van 'n reeks van nege opeenvolgende pouse (behalwe Pous Gregorius II) wat uit die Ooste (Griekeland of Sirië) afkomstig is. Op 23 Julie 685 volg hy Pous Benedictus II op en regeer tot sy dood op 2 Augustus 686. Hy word opgevolg deur Pous Konon. Die naam ‘Johannes’ beteken 'God is genadig'.
Vanweë sy kennis van Grieks was hy voor sy verkiesing aangestel as die pouslike afgevaardigde na die sesde Ekumeniese konsilie van Konstantinopel. Die pous het goeie betrekkinge gehad met die nuwe keiser Justinianus II en het verskeie gunste van hom vir die Roomse Kerk verkry. Hy het ook daarin geslaag om die biskoppe van Sardinië aan die pous ondergeskik te maak. Pous Johannes V was vir die grootste gedeelte van sy pontifikaat bedlêend.
Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.
Voorafgegaan deur Benedictus II |
Pous (Pontifex Maximus) 685 – 686 |
Opgevolg deur Konon |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.