Remove ads

Die Gelderland was 'n Hollandse kruiser wat deur koningin Wilhelmina van Nederland tydens die Tweede Vryheidsoorlog na Lourenço Marques gestuur is om president Paul Kruger en sy geselskap na Europa te neem. Dié kruiser was indertyd in die Indiese Oseaan en Brittanje was nie gekant daarteen dat hy Kruger aan boord neem nie. Met koningin Victoria se toestemming het koningin Wilhelmina gereël dat die Gelderland steenkool inneem by Delagoabaai en pres. Kruger en sy geselskap oplaai. Wilhelmina was diep ontsteld oor die uitgerekte oorlog, want baie van haar landgenote was betrokke en boonop was sy en die Boere van dieselfde afkoms. Tog wou sy streng neutraal wees in 'n Europa wat destyds grotendeels anti-Brits was en haar uitstekende betrekkings met Engeland handhaaf. Daarom sou Kruger ook nie deur Britse waters geneem word nie, maar aan wal gaan in Frankryk.

Thumb
Die Gelderland in 1897.
Thumb
Pres. Paul Kruger en Manie Bredell, toe nog sy lyfwag, verlaat Lourenco Marques aan boord van die Gelderland op pad na Europa op 19 Oktober 1900.

Die Gelderland het Delagoabaai op 12 Oktober 1900 binnegestoom onder bevel van baron Sweerts de Landas. 'n Week later, op 19 Oktober, het Kruger en geselskap aan boord gegaan. Toevallig was daar terselfdertyd 'n koninklike saluut van Britse en Portugese skepe ter viering van koningin Wilhelmina se huwelik, wat pas aangekondig is.

Die skip het op die middag van 20 Oktober 1900 vertrek en, nadat hy Dar-es-Salaam en Djiboeti aangedoen het, deur die Suezkanaal gevaar, verby Port Said, en op 22 November by Marseille, Frankryk aangekom.

Remove ads

Bron

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.

Remove ads