Pous Johannes XIX

From Wikipedia, the free encyclopedia

Pous Johannes XIX

Johannes XIX was die 144ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk en die tweede Tusculum pous[1].

Kitsfeite Geboortenaam, Pontifikaat begin ...
Pous Johannes XIX
Thumb
Geboortenaam Romanus van Tusculum
Pontifikaat begin 19 April 1024
Pontifikaat eindig 20 Oktober 1032
Voorganger Benedictus VIII
Opvolger Benedictus IX
Gebore
Rome, Italië
Sterf 20 Oktober 1032
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Johannes
Sluit

Biografie

Pous Johannes XIX is gebore as Romanus van Tusculum in Rome, Italië die seun van graaf Gregorius van Tusculum en sy vrou Maria. Voor sy verkiesing was Johannes 'n konsul en 'n senator. Op 19 April 1024 volg hy sy broer Pous Benedictus VIII op en regeer tot sy dood op 20 Oktober 1032. Hy word opgevolg deur sy neef Pous Benedictus IX. Die naam ‘Johannes’ beteken 'God is genadig'.

Pontifikaat

Pous Johannes XIX was 'n leek toe hy verkies is. Hy is vinnig tot biskop gewy sodat hy pous kon word. Johannes is omgekoop om die patriarg van Konstantinopel die titel van ekumeniese biskop te gee. Dit het egter soveel negatiewe reaksie uitgelok dat hy dit amper dadelik weer teruggetrek het.

Keiser Hendrik II sterf in 1024 en die pous gee sy steun aan Koenraad II en kroon hom en sy vrou Gisela tot keiser in die Sint Pieterskerk op 26 Maart 1027. In 1025 seën hy die kroning van die Poolse koning Boleslav Chrobry. Op 6 April 1027 hou Johannes 'n sinode in die Lateraanse paleis en steun die patriarg van Aquileia teen die biskop van Grado. In 1029 het die pous sy beslissing herroep en die biskop van Grado in al sy funksies herstel. In 1025 gee die pous aan Bisantius, aartsbiskop van Bari die reg om twaalf onderbiskoppe te wy.

Pous Johannes XIX was die eerste pous wat 'n aflaat verkoop het, iets wat later een van die redes vir die reformasie geword het.[2]

Die volgende pous met die naam Johannes is Pous Johannes XXI. Pous Johannes XX het nooit bestaan nie.

Bibliografie

  • Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6
  • Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.

Verwysings

Eksterne skakels

Nota

Opvolging

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.