Vlag van Samoa

From Wikipedia, the free encyclopedia

Vlag van Samoa

Die nasionale vlag van Samoa is op 1 Januarie 1962 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n enkele rooi baan met ’n blou skildhoek en ’n Suiderkruismotief daarbinne.

Kitsfeite Gebruik, Verhouding ...
Vlag van Samoa
Thumb
Vlag van Samoa
Gebruik Nasionale vlag en vaandel
Verhouding 1:2
Goedgekeur 24 Februarie 1949[1]
1 Januarie 1962[2]
Ontwerp ’n Enkele rooi baan met ’n blou skildhoek en ’n Suiderkruismotief daarbinne.
Sluit

Simboliek

Die rooi kleur in die vlag stel waagmoed voor, die blou stel vryheid voor en die wit stel reinheid voor.

Die vyf sterre stel die Alpha-, Beta-, Delta-, Gamma- en Epsilonsterre van die Suiderkruis voor. Die Suiderkruis op die vlag stel die land se geografiese posisie in die wêreld voor en dui ook op die land se bande met Nieu-Seeland wat ook die Suiderkruis op sy vlag het.[2]

Geskiedenis

Met die besetting van Samoa deur Nieu-Seelandse magte op 29 Augustus 1914 is ’n blou Britse vaandel gebruik vir die vlag van Samoa. Op die wapperkant was ’n wit skyf waarin drie palmbome te sien was. Die blou vaandel is op land gebruik terwyl ’n soortgelyke rooi vaandel op see gebruik is.

Op 26 Mei 1948 het Samoa ’n eie vlagontwerp gekry soortgelyk aan die huidige. Op hierdie ontwerp was daar egter slegs vier sterre in die Suiderkruismotief. Die huidige ontwerp is op 24 Februarie 1949 in gebruik geneem maar is eers op 1 Januarie 1962 amptelik erken.

Ander vlae

Soortgelyke vlae

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.