From Wikipedia, the free encyclopedia
Die nasionale vlag van Mianmar is op 21 Oktober 2010 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon drie horisontale bane van bo na onder in geel, groen en rooi met ’n wit ster in die middel van die vlag.
Die twee vlae wat deur Mianmar gebruik is voor die aanvaarding van die huidige vlag het hul ontstaan in die Birmaanse Weerstand wat ’n rooi vlag met ’n wit ster as oorlogssvlag gebruik het gedurende die Tweede Wêreldoorlog teen Japan.
Die vlag wat aanvaar is na onafhanklikheid op 4 Januarie 1948 van die Verenigde Koninkryk verkry is, was ’n rooi vlag met ’n blou skildhoek waarin een wit ster met vyf omringende sterre verskyn het. Die groot ster het die unie, en die kleiner sterre die hoofetniese groepe van die nuwe onafhanklike staat voorgestel.[2] Hierdie vlag het tot Januarie 1974 in gebruik gebly.[3]
Die nuwe vlag met veertien sterre om ’n rat en rysplant is op 3 Januarie 1974 aanvaar toe Ne Win ’n sosialistiese republiek verklaar het. Die rysplant het boere voorgestel, die rat het die werker voorgestel en die veertien sterre het elk van die lidstate van die Unie voorgestel.[4] Die vlag met veertien sterre is deur betogers in die 8888-opstand in 1988 onderstebo gehang as ’n teken teen die militante regering.
Vroeëre historiese vlae van Birmaanse monarge het ’n groen pou opgehad. Die gebruik van die groen pou het voortgeduur gedurende die Britse koloniale tydperk en die Staat Birma. Die vlag van die Staat van Birma (1943–1945) was die geel-groen-rooi vlag met die pou in die middel. Gedurende die laaste jaar van die oorlog is ’n vereenvoudigde ontwerp van die pou gebruik.
Die vlag van die eens-verbande Nasionale Liga vir Demokrasie-party bevat ’n pou en ’n wit ster terwyl die Nasionale Koalisieregering van die Unie Birma die vlag van 1948 gebruik het.
Die tabel bevat die kleurskemawaardes vir die kleure van die vlag van Mianmar (sedert 2010):
Geel | Groen | Rooi | Wit | |
---|---|---|---|---|
Pantone | 116 | 361 | 1788 | Safe |
RGB | 254-203-0 | 52-178-51 | 234-40-57 | 255-255-255 |
Heksadesimaal | #FECB00 | #34B233 | #EA2839 | #FFFFFF |
CMYK | 0, 20, 100, 0 | 76, 0, 100, 0 | 0, 98, 82, 0 | 0, 0, 0, 0 |
Die kleurskema vir die vlae van die Unie Burma (1948–1974 en 1974–2010):
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.