Palau

soewereine eilandstaat in Oseanië From Wikipedia, the free encyclopedia

Palau
Remove ads

Palau ( / pəlaʊ / ), amptelik die Republiek Palau (Engels: Republic of Palau, Palauaans: Beluu er a Belau), is 'n eilandstaat in die Stille Oseaan en Oseanië net noord van die ewenaar, sowat 800 km oos van die Filippyne en 3 200 km suid van Tokio. Aangesien dit in 1994 ontstaan het uit Verenigde Nasies trusteeskap (geadministreer deur die Verenigde State), is dit een van die wêreld se jongste en kleinste soewereine lande. In Engels word die naam soms as Belau gespel in ooreenstemming met die inheemse uitspraak. Dit is voorheen ook as Pelew gespel.[5] Palau bestaan uit sowat 340 eilande van die Karoline-eilande; die aangrensende Gefedereerde State van Mikronesië beslaan die ander deel van dié argipel.[6]

Thumb
Kaart van Palau
Thumb
Kaart van Palau se 16 deelstate
Kitsfeite

Palau beslaan 'n oppervlakte van 459 km² en het 'n bevolking van sowat 21 500 in 2016 gehad. Palau is in die ooste van die Filippyne, in die noordooste van Indonesië, in die noordweste van Papoea-Nieu-Guinee en in die weste van die Gefedereerde State van Mikronesië geleë. Die hoofstad is Ngerulmud en die grootste stad is Koror.

As gevolg van die Spaans-Amerikaanse Oorlog is die argipel in 1899 deur Spanje aan die Duitse Keiserryk verkoop en by Duits-Nieu-Guinee ingelyf. Tydens die Eerste Wêreldoorlog is dit deur Japan beset en het na die oorlog 'n Volkebond-mandaat geword. Tydens die Tweede Wêreldoorlog is dit deur die Verenigde State beset en het in 1947 'n trougebied van die Verenigde Nasies geword. Palau het op 1 Oktober 1994 'n Verdrag oor vrye assosiasie met die Verenigde State onderteken, waarmee dit 'n onafhanklike land geword het. Die Verenigde State is nog steeds vir die verdediging van Palau verantwoordelik.[7]

Palau is onderverdeel in 16 deelstate:

Meer inligting Deelstaat, Oppervlakte (km²) ...
Remove ads

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads