St. Vincent en die Grenadine

From Wikipedia, the free encyclopedia

St. Vincent en die Grenadine

St. Vincent en die Grenadine (Engels: Saint Vincent and the Grenadines, ), soms kort St. Vincent genoem, is 'n eilandstaat in Noord-Amerika met 'n oppervlakte van 389 km² en 'n bevolking van 100 647 in 2024.[1] Dit bestaan uit die hoofeiland St. Vincent en die noordelike eilande van die Grenadines; almal behoort aan die Klein-Antille.

Thumb
Nasa-satellietbeeld van St. Vincent en die Grenadine
Thumb
Kaart van St. Vincent en die Grenadine
Kitsfeite
St. Vincent en die Grenadine
Saint Vincent and the Grenadines (Engels)
Thumb Thumb
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Pax et Justitia
(Latyn vir: "Vrede en Geregtigheid")
Volkslied: Saint Vincent, Land So beautiful
(Engels vir: "St. Vincent, land so mooi")

Koninklike volkslied: God Save the King
(Engels vir: "God beskerm die koning")
Thumb
Hoofstad Kingstown

13°10′N 61°14′W

Grootste stad Kingstown
Amptelike tale Engels
Regering

Monarg
• Goewerneur-generaal
Eerste minister
Unitêre parlementêre
grondwetlike monargie
Charles III
Susan Dougan
Ralph Gonsalves
Onafhanklikheid
• Geassosieerde land
• van die Verenigde Koninkryk
• Huidige grondwet

27 Oktober 1967
27 Oktober 1979
27 Oktober 1979
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
389[1] km2  (204de)
150 myl2
feitlik geen
Bevolking
 - 2024-skatting
 - 2012-sensus
 - Digtheid
 
100 647[1] (195ste)
109 991[2]
259 / km2 (39ste)
671 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2025-skatting

$2,286 miljard[3]
$20 547[3]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2025-skatting

$1,245 miljoen[3]
$11 194[3]

MOI (2022) 0,772[4] (81ste)    hoog
Geldeenheid Dollar (XCD)
Tydsone
 - Somertyd
AST (UTC-4)
nie toegepas nie (UTC-4)
Internet-TLD .vc
Skakelkode +1-784
Sluit

St. Vincent en die Grenadine is in die oostelike deel van die Karibiese See op die grens met die Atlantiese Oseaan geleë. Dit is in die suide van St. Lucia, in die weste van Barbados, in die noorde van Grenada en in die noordweste van Trinidad en Tobago geleë. Die hoofstad en grootste stad is Kingstown, wat op die hoofeiland St. Vincent geleë is.

St. Vincent en die Grenadine is op 22 Januarie 1498 deur Christophorus Columbus tydens sy derde reis vir Europa ontdek en ná die heilige Vincentius van Zaragoza genoem. Die eerste Europeërs wat dié eilande gekoloniseer het, was Franse. In 1627 het Engeland St. Vincent en die Grenadine opgeëis en Frankryk het sy fokus na Martinique verskuif. Tydens die Sewejarige Oorlog het die Britte dié eilande verower en volgens die Verdrag van Parys in 1763 het Frankryk dit aan Groot-Brittanje afgestaan. In 1779 het St. Vincent en die Grenadine weer onder Franse beheer gekom, maar volgens die Vrede van Parys van 1783 is dit by die Britse Ryk ingelyf. Tussen 1958 en 1962 het dit saam met ander Britse kolonies in die Karibiese gebied deel uitgemaak van die Wes-Indiese Federasie. Op 27 Oktober 1969 het St. Vincent en die Grenadine volle outonomie oor sy binnelandse sake ontvang en 'n geassosieerde land van die Verenigde Koninkryk geword.

Op 27 Oktober 1979 het St. Vincent en die Grenadine van die Verenigde Koninkryk onafhanklik geword. St. Vincent en die Grenadine is 'n grondwetlike monargie binne die Britse Statebond en Charles III van die Verenigde Koninkryk is die staatshoof van dié land. Die eilande is gesogte vakansieplekke en die ekonomie is veral op landbou, toerisme, konstruksie-aktiwiteite en buitelandse bankdienste gebaseer.[1] Daar is 'n klein hawestad met die naam Port Elizabeth op die Grenadine-eiland Bequia.

Sport

Krieket is St. Vincent en die Grenadine se gewildste sportsoort en word as nasionale sport beskou. St. Vincent en die Grenadine is een van die eilandstate wat met ander Karibiese state spelers beskikbaar stel vir die Wes-Indiese nasionale krieketspan, een van die "nasionale spanne" in internasionale krieket met toetsstatus. Die Wes-Indiese nasionale krieketspan het aan amper elke krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem, die eerste twee toernooie in 1975 en 1979 gewen en slegs die 2023-toernooi misgeloop. Daarbenewens kon hulle die T20I-wêreldbekertoernooi twee keer (in 2012 en 2016), en beide die Kampioenetrofee (in 2004) en die o/19-krieketwêreldbeker (in 2016) eenkeer wen. St. Vincent en die Grenadine het ook saam met Antigua en Barbuda, Barbados, Guyana, St. Lucia, Trinidad en Tobago en die Verenigde State die T20I-wêreldbeker 2024 aangebied, wat Indië kon beklink.

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.