1565 – Die Ottomane, onder Lala Kara Mustafa Pascha en Piale Pascha begin die beleg van Malta met die bombardement van die Vesting van St Elmo. Die beleg duur tot 23 Junie van dieselfde jaar.
1571 – Russies-Krimtataar-oorlog: Die Krim-Tartare onder Dewlet-Girey bereik Moskou, plunder die voorstede en steek die stad aan die brand. Tot 26 Mei brand die stad bykans heeltemal af. Die Russe onder Iwan die Verskriklike slaag eers in die veldslag by Molodi (meer as 'n jaar later) om die Tartare te verslaan.
1626 – Peter Minuit koop Manhattan van die inheemse bevolking.
1883 – Die Brooklyn Bridge geopen vir verkeer na 14 jaar van konstruksie.
1895 – Oscar Wilde in hegtenis geneem op grond van morele aanklagte in Londen en tot gevangenisstraf gevonnis.
1889 – Die Duitse Reichstag (parlement) aanvaar die wet Gesetz zur Alters- und Invaliditätsversicherung (die basis van vandag se statutêre pensioenvonds-versekering) goed. Die aftreeouderdom word op 65 vasgestel (hoër as die destydse algemene lewensverwagting). Kanselier Otto von Bismarck het deur die wet probeer om die nood van die werkersklas, wat deur verstedeliking en industrialisasie veroorsaak is, te verlig.
1918 – Eerste Wêreldoorlog: Met verskeie skermutselings tussen Armeense en Turkse magte begin op Sardarapat , die veldslag van Sardarapat tussen die Armeense Nasionale Raad en die Ottomaanse Ryk.
1943 – Tweede Wêreldoorlog: Admiraal Karl Dönitz beëindig die U-bootoorlog in die Noord-Atlantiese Oseaan weens die hoë verliese aan Duitse kant.
1950 – Koning Abdullah ibn Husain I van Transjordanië, verkondig die Hashemitiese Koninkryk van Jordanië. Terselfdetyd word die betwiste Wesoewer ingelyf by die koninkryk.
2000 – Met die onttrekking van die Israeliese soldate word Israel se besetting van Suid-Libanon beëindig (met die uitsondering van die betwiste gebied om Schebaa).
2001 – DIe 15-jarige Sherpa Temba Tsheri word die jongste bergklimmer wat die kruin van Everest bereik.