From Wikipedia, the free encyclopedia
Marcellus II was die 222ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1555 tot 1555. Hoewel hy slegs 22 dae regeer het word hy onthou weens die "Missa Papae Marcelli" gekomponeer deur Giovanni Pierluigi da Palestrina. Hy is die laaste pous wat nie sy naam verander het toe hy pous geword het nie.
Pous Marcellus II[1] is gebore as Marcello Cervini (ook Marcello Cervini degli Spannochi) op 6 Mei 1501 in Montefano, Italië. Hy was die tweede seun van Ricardo Cervini en Cassandra Benci. Hy het argeologie, argitektuur, sterrekunde en wiskunde in Sienna studeer. Pous Paulus III stel hom aan as kardinaal op 19 Desember 1539. Hy was toe reeds biskop van Nicastro. Hy word verkies as biskop van Reggio Emilia op 24 September 1540. Hy het aan die konsilie van Trente deelgeneem en was een van die voorsitters. Op 24 Mei 1550 word hy kardinaal-bibliotekaris van die Vatikaan. Hy het die biblioteek aansienlik uitgebrei en 'n katalogus in Latyn en Grieks laat opstel. Op 9 April 1555 volg hy Pous Julius III op en word op 10 April 1555 tot biskop gewy en as pous gekroon deur kardinaal Francesco Pisani. Hy regeer tot sy dood op 1 Mei 1555 en word opgevolg deur Pous Paulus IV. Die naam ‘Marcellus’ beteken 'gewy aan die (Romeinse) god Mars'.
Hoewel sy geboortenaam 'n heidense konnotasie het, het die Pous Marcellus II[2] nie sy naam verander toe hy pous geword het nie. Op Donderdag voor paasfees in 1555 het hy die voete gewas van twaalf arm mans uit Rome. Die pous kon nie veel vermag gedurende sy pontifikaat van slegs 22 dae nie.
Pous Marcellus II het geen nuwe kardinale aangestel nie.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.