Ontwikkelende land

land met 'n lae lewenstandaard relatief tot ander lande From Wikipedia, the free encyclopedia

Ontwikkelende land
Remove ads
Remove ads

’n Ontwikkelende land, voorheen ook genoem onderontwikkelde land of Derdewêreldland, is ’n land met ’n minder ontwikkelde nywerheidsbasis en ’n lae menslike ontwikkelingsindeks (MOI) met betrekking tot ander lande.[2] Daar is geen algemeende aanvaarde kriterium vir wat ’n ontwikkelende land is in vergelyking met ’n ontwikkelde land nie,[3] hoewel daar algemene verwysingspunte is soos ’n land se koopkragpariteit in vergelyking met ander lande.

Thumb
Lande volgens ekonomiese ontwikkeling in 2008:

 Ontwikkelde lande

 Ontwikkelende lande

 Mins ontwikkelde lande

 Data onbeskikbaar

Klassifikasie volgens die IMF en die VN
Thumb
’n Wêreldkaart wat die kategorieë van die Menslike-ontwikkelingsindeks volgens lande aandui (geskoei op data uit 2018 wat in 2017 gepubliseer is).[1]

 0,800–1,000 (Baie hoog)

 0,700–0,799 (Hoog)

 0,555–0,699 (Gemiddeld)

 0,350–0,554 (Laag)

 Data onbeskikbaar

Daar is kritiek teen die gebruik van die term, omdat dit minderwaardigheid impliseer, en baie lande hou nie daarvan nie. Die term gaan uit van die veronderstelling dat alle lande die Westerse model van ekonomiese ontwikkeling moet volg, terwyl ’n paar lande soos Kuba en Bhoetan verkies om dit nie te doen nie.[4] Lande op die grens tussen ontwikkelde en ontwikkelende lande word dikwels verenig onder die term "nuut geïndustrialiseerde lande".[5][6][7][8] ’n Alternatiewe term is "lae- en middelinkomsteland".

Volgens skrywers soos Walt Whitman Rostow is ontwikkelende lande in ’n oorgangstadium van ’n tradisionele lewenstyl na die moderne lewenstyl wat in die 18de en 19de eeu met die Nywerheidsrevolusie begin het.

In die uitgawe van 2016 van die Wêreldbank se aanduidings van wêreldontwikkeling is besluit om nie meer tussen "ontwikkelde" en "ontwikkelende" lande te onderskei nie.[9]

Remove ads

Definisie

Thumb

 Ontwikkelende ekonomieë volgens die Menslike ontwikkelingsindeks (MOI)

 Ontwikkelende ekonomieë buite die bestek van die MOI

 Gevorder tot ontwikkelde ekonomie

 Nuut geïndustrialiseerde lande
(soos in 2014)

Thumb
Lande volgens BBP (nominaal) per capita in 2019

Verskeie terme word gebruik vir wat nie ’n ontwikkelde land is nie. Dit sluit in "minder ontwikkelde" of "minder ekonomies ontwikkelde" land. Die uiterste is "mins ontwikkelde" of "mins ekonomies ontwikkelde" land.

Kriteria vir wat nie ’n ontwikkelde land is nie, kan verkry word deur die faktore wat ’n ontwikkelde land definieer, om te keer:

  • Mense het ’n laer lewensverwagting.
  • Mense het ’n laer vlak van opvoeding en geletterdheid.
  • Mense het minder geld (’n kleiner inkomste).
  • Die voorkoms van vrugbaarheid en swangerskap is hoër onder vroue.

Kofi Annan, die voormalige sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, het ’n ontwikkelde land gedefinieer as "een wat sy burgers toelaat om ’n vry en gesonde lewe in ’n veilige omgewing te lei"."[10] Maar volgens die Verenigde Nasies se statistieke-afdeling is daar "geen vasgestelde konvensie vir die aanduiding van "ontwikkelde" en "ontwikkelende" lande of gebiede in die Verenigde Nasies-stelsel nie".[3]

Aan die ander kant het die Internasionale Monetêre Fonds voor April 2004 bepaal dat alle lande van Sentraal- en Oos-Europa (insluitende Sentraal-Europese lande wat steeds tot die "Oos-Europese Groep" in die VN-instellings behoort) sowel as voormalige Sowjetlande in Sentraal-Asië (Kasakstan, Oesbekistan, Kirgisië, Tadjikistan en Turkmenistan) en Mongolië nie ingesluit is onder óf ontwikkelde óf ontwikkelende streke nie, maar daar is eerder na hulle verwys as "lande in oorgang". Hulle is egter algemeen in internasionale verslae ontwikkelende lande genoem.

Die IMF gebruik nou ’n buigsame klassifikasiestelsel wat die volgende in ag neem: "(1) die vlak van inkomste per capita, (2) uitvoerverskeidenheid (dus byvoorbeeld nie ryk lande wat net olie uitvoer nie), en (3) die graad van integrasie in die globale finansiële stelsel".[11]

Die Wêreldbank klassifiseer lande in vier inkomstegroepe. Dit word elke jaar op 1 Julie bepaal. Ekonomieë is in 2016 in die volgende groepe ingedeel:[12]

  • Lae-inkomstelande het ’n bruto nasionale inkomste per capita van $1 025 of minder gehad.
  • Laer-middelinkomstelande het ’n bruto nasionale inkomste per capita van tussen $1 026 en $4 035 gehad.
  • Hoër-middelinkomstelande het ’n bruto nasionale inkomste per capita van tussen $4 036 en $12 236 gehad.
  • Hoë-inkomstelande het ’n bruto nasionale inkomste per capita van bo $12 237 gehad.

Sedert 2016 verdeel die Wêreldbank nie meer lande in "ontwikkelde" en "ontwikkelende" lande nie.[12]

Remove ads

Ontwikkelende lande volgens die IMF

Die volgende lande word as ontwikkelende lande beskou volgens die IMF se ekonomiese-uitsigverslag van April 2015:[13][14]


Remove ads

Lande wat ontwikkelde ekonomieë gekry het volgens die IMF

Die volgende lande is tot die 1990's as ontwikkelende lande beskou, maar het intussen ontwikkelde ekonomieë gekry. Die datums waarop hulle as ontwikkelde lande begin beskou is, word tussen hakies aangedui:

Drie ekonomieë het geen status gehad nie totdat hulle as ontwikkelde lande gelys is. Weens ’n gebrek aan data is dit moeilik om te bepaal of hulle voor die tyd ontwikkelde of ontwikkelende lande was:

Verwysings

Loading content...

Eksterne skakels

Loading content...
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads