Remove ads
een van vyf pryse wat deur Alfred Nobel ingestel is From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Nobelprys vir fisika (Sweeds: Nobelpriset i fysik) is ’n jaarlikse prys wat deur die Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskappe toegeken word aan mense wat wêreldwyd die uitmuntendste bydraes op die gebied van fisika gelewer het. Dit is een van vyf pryse waarvoor Alfred Nobel in sy testament voorsiening gemaak en sedert 1901 toegeken word; die ander is die Nobelpryse vir chemie, fisiologie of geneeskunde, letterkunde en vrede.
Nobelprys vir fisika
| ||
Die Sweedse chemikus Alfred Nobel, wat in sy testament voorsiening vir die Nobelprys gemaak het. | ||
Toegeken vir | Uitstaande bydraes vir die mensdom in fisika | |
Borg | Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskappe | |
Land | Swede | |
Datum | 10 Desember | |
Eerste toekenning | 10 Desember 1901 | |
Webtuiste | nobelprize.org |
Die akademie kondig die naam van die Nobelpryswenners jaarliks vroeg in Oktober aan,[1] met die Nobelprys vir fisika tradisioneel tweede en op 'n Dinsdag. Die prys word jaarliks in Stockholm, Swede, toegeken op 10 Desember, die herdenking van Nobel se dood. Tot en met 2024 is die prys aan altesaam 226 individue toegeken.[2] Nog net vyf vroue het dit gekry: Marie Curie in 1903, Maria Goeppert-Mayer in 1963, Donna Strickland in 2018, Andrea M. Ghez in 2020 en Anne L’Huillier in 2023.[3]
John Bardeen is een van twee bekroondes wat twee keer die Nobelprys in dieselfde vak toegeken is, in 1956 en 1972. Frederick Sanger is die ander en is twee keer met die Nobelprys vir Chemie bekroon, in 1956 en 1972. Twee ander het Nobelpryse twee keer gewen, een in chemie en een in 'n ander vak: Maria Skłodowska-Curie (fisika in 1903 en chemie in 1911) en Linus Pauling (chemie in 1954 en vrede in 1962).[4]
Die 2024-Nobelprys vir fisika is toegeken aan John Hopfield en Geoffrey Hinton "vir fundamentele ontdekkings en uitvindings wat masjienleer moontlik maak met kunsmatige neurale netwerke".[5]
Die pryse, wat 'n bedrag geld (SEK9 miljoen, omtrent VSA$1 miljoen per pryskategorie, wat dan gelykop onder die Bekroondes verdeel word),[6] 'n goue medalje en 'n diploma insluit, word op 10 Desember, die herdenking van Nobel se sterfdag in 1896, tydens 'n seremonie deur die Sweedse koning, tans Carl XVI Gustaf van Swede, in die Stockholmse Konsertsaal uitgedeel.
Hieronder volg 'n lys van die ontvangers van die Nobelprys vir fisika vanaf 1901 tot op hede. In 1916, 1931, 1934 en 1940–1942 is die prys nie toegeken nie; die toekenning van 1921 is in die volgende jaar toegeken, toe Albert Einstein die Nobelprys vir fisika ontvang het.
1900's – 1910's – 1920's – 1930's – 1940's – 1950's – 1960's – 1970's – 1980's – 1990's – 2000's – 2010's – 2020's
Jaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
1901[7] | Wilhelm Röntgen | Duitse Keiserryk | "ter erkenning van die buitengewone dienste wat hy gelewer het deur die ontdekking van die merkwaardige X-strale wat later na hom genoem is" | |
1902[8] | Hendrik Lorentz | Nederland | "ter erkenning van die buitengewone diens wat hulle deur hul ondersoeke op die invloed van magnetisme op stralingverskynsels gelewer het" | |
Pieter Zeeman | ||||
1903[9] | Henri Becquerel | Frankryk | "vir sy ontdekking van spontane radioaktiwiteit" | |
Pierre Curie | "vir hul gesamentlike ondersoeke na die stralingverskynsels wat deur professor Henri Becquerel ontdek is" | |||
Marie Curie | Pole Frankryk | |||
1904[10] | John William Strutt | Verenigde Koninkryk | "vir sy ondersoek na die digtheid van die belangrikste gasse en vir sy ontdekking van argon in verband met hierdie studies" | |
1905[11] | Philipp Lenard | Oostenryk-Hongarye Duitse Keiserryk |
"vir sy werk op katodestrale" | |
1906[12] | J.J. Thomson | Verenigde Koninkryk | "vir sy teoretiese en eksperimentele ondersoeke op die geleiding van elektrisiteit deur gasse" | |
1907[13] | Albert A. Michelson | Verenigde State Pole |
"vir sy optiese presisie instrumente en die spektroskopiese en metrologiese ondersoeke wat uitgevoer is met hul hulp" | |
1908[14] | Gabriel Lippmann | Frankryk | "vir sy metode om kleure te fotografeer gebaseer op die verskynsel van inmenging" | |
1909[15] | Guglielmo Marconi | Italië | "vir hul bydraes tot die ontwikkeling van draadlose telegrafie" | |
Karl Ferdinand Braun | Duitse Keiserryk |
Jaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
1910[16] | Johannes Diderik van der Waals | Nederland | "vir sy werk op die toestandsvergelyking vir gasse en vloeistowwe" | |
1911[17] | Wilhelm Wien | Duitse Keiserryk | "vir sy ontdekkings rakende die wette wat die straling van hitte bepaal" | |
1912[18] | Gustaf Dalén | Swede | "vir sy uitvinding van outomatiese kleppe ontwerp om gebruik te word in kombinasie met gasakkumulators in vuurtorings en boeie" | |
1913[19] | Heike Kamerlingh Onnes | Nederland | "vir sy ondersoek op die eienskappe van materie by lae temperature wat onder meer tot die produksie van vloeibare helium gelei het" | |
1914[20] | Max von Laue | Duitse Keiserryk | "Vir sy ontdekking van die diffraksie van X-strale deur kristalle", 'n belangrike stap in die ontwikkeling van X-straal-spektroskopie | |
1915[21] | William Henry Bragg | Verenigde Koninkryk | "Vir hul dienste in die analise van kristalstruktuur deur middel van X-strale", 'n belangrike stap in die ontwikkeling van X-straal-kristallografie | |
William Lawrence Bragg | Australië Verenigde Koninkryk | |||
1917[22] | Charles Glover Barkla | Verenigde Koninkryk | "Vir sy ontdekking van die kenmerkende Röntgen-straling van die elemente", 'n ander belangrike stap in die ontwikkeling van X-straal-spektroskopie | |
1918[23] | Max Planck | Duitse Keiserryk | "vir die dienste wat hy gelewer het aan die bevordering van fisika deur sy ontdekking van kwantumenergie" | |
1919[24] | Johannes Stark | Republiek van Weimar | "vir sy ontdekking van die Doppler-effek in kanaalstrale en die splitsing van spektraallyne in elektriese velde" |
Jaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
1920[25] | Charles Édouard Guillaume | Switserland | "vir die diens wat hy gelewer het aan presisiemetings in fisika deur sy ontdekking van afwykings in nikkel-staallegerings" | |
1921[26] | Albert Einstein | Republiek van Weimar Switserland |
"vir sy dienste aan teoretiese fisika, en veral vir sy ontdekking van die wet van die foto-elektriese effek" | |
1922[27] | Niels Bohr | Denemarke | "vir sy dienste in die ondersoek op die struktuur van atome en van die straling wat daaruit voortspruit" | |
1923[28] | Robert Andrews Millikan | Verenigde State | "vir sy werk op die elementêre lading van elektrisiteit en op die foto-elektriese effek" | |
1924[29] | Manne Siegbahn | Swede | "vir sy ontdekkings en navorsing op die gebied van X-straal-spektroskopie" | |
1925[30] | James Franck | Republiek van Weimar | "vir hul ontdekking van die wette wat die impak van 'n elektron op 'n atoom beheer" | |
Gustav Ludwig Hertz | ||||
1926[31] | Jean Baptiste Perrin | Frankryk | "vir sy werk op die diskontinue struktuur van materie, en veral vir sy ontdekking van sedimentasie-ewewig" | |
1927[32] | Arthur Compton | Verenigde State | "vir sy ontdekking van die effek wat na hom genoem is" | |
Charles Thomson Rees Wilson | Verenigde Koninkryk | "vir sy metode om die paaie van elektries gelaaide deeltjies sigbaar te maak deur kondensasie van damp" | ||
1928[33] | Owen Willans Richardson | "vir sy werk op die termiese verskynsel, en veral vir die ontdekking van die wet wat na hom genoem is" | ||
1929[34] | Louis de Broglie | Frankryk | "vir sy ontdekking van die golfgeaardheid van elektrone" |
Jaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
1930[35] | C.V. Raman | Brits-Indië | "vir sy werk op die verstrooiing van die lig en vir die ontdekking van die uitwerking wat na hom genoem is" | |
1932[36] | Werner Heisenberg | Republiek van Weimar | "vir die skepping van kwantummeganika, waarvan die toepassing onder andere tot die ontdekking van die allotropiese vorme van waterstof gelei het" | |
1933[37] | Erwin Schrödinger | Oostenryk | "vir die ontdekking van nuwe produktiewe vorme van atoomteorie" | |
Paul Dirac | Verenigde Koninkryk | |||
1935[38] | James Chadwick | "vir die ontdekking van die neutron" | ||
1936[39] | Victor Francis Hess | Oostenryk | "vir sy ontdekking van kosmiese straling" | |
Carl David Anderson | Verenigde State | "vir sy ontdekking van die positron" | ||
1937[40] | Clinton Davisson | "vir hul eksperimentele ontdekking van die diffraksie van elektrone deur kristalle" | ||
George Paget Thomson | Verenigde Koninkryk | |||
1938[41] | Enrico Fermi | Italië | "vir sy demonstrasies oor die bestaan van nuwe radioaktiewe elemente wat deur neutronstraling geproduseer word en vir sy verwante ontdekking van kernreaksies wat veroorsaak word deur stadige neutrone" | |
1939[42] | Ernest Lawrence | Verenigde State | "vir die uitvinding en ontwikkeling van die siklotron en vir die resultate wat daarmee verkry word, veral ten opsigte van kunsmatige radioaktiewe elemente" |
Jaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
1943[43] | Otto Stern | Verenigde State | "vir sy bydrae tot die ontwikkeling van die molekulêre straalmetode en sy ontdekking van die magnetiese momentum van die proton" | |
1944[44] | Isidor Isaac Rabi | Verenigde State Pole |
"vir sy resonansie metode vir die opname van die magnetiese eienskappe van atoomkerne" | |
1945[45] | Wolfgang Pauli | Oostenryk | "vir die ontdekking van die uitsluitingsbeginsel, ook die Pauli-beginsel genoem" | |
1946[46] | Percy Williams Bridgman | Verenigde State | "vir die uitvinding van 'n apparaat om uiters hoë druk te produseer, en vir die ontdekkings wat hy daardeur op die gebied van hoëdrukfisika gemaak het" | |
1947[47] | Edward Victor Appleton | Verenigde Koninkryk | "vir sy ondersoek op die fisika van die boonste atmosfeer, veral vir die ontdekking van die sogenaamde Appleton-laag" | |
1948[48] | Patrick Blackett | "vir sy ontwikkeling van die Wilson-wolkkamermetode, en sy ontdekkings daarmee op die gebied van kernfisika en kosmiese straling" | ||
1949[49] | Hideki Yukawa | Japan | "vir sy voorspelling van die bestaan van mesone op grond van teoretiese werk op kernkragte" |
Jaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
1950[50] | C.F. Powell | Verenigde Koninkryk | "vir sy ontwikkeling van die fotografiese metode om kernprosesse te bestudeer en sy ontdekkings rakende mesone wat met hierdie metode gemaak is" | |
1951[51] | John Cockcroft | "vir hul baanbrekende werk oor die transmutasie van atoomkerne deur kunsmatig versnelde atoomdeeltjies" | ||
Ernest Walton | Ierland | |||
1952[52] | Felix Bloch | Switserland Verenigde State |
"vir hul ontwikkeling van nuwe metodes vir kernmagnetiese presisiemetings en ontdekkings in verband daarmee" | |
Edward Mills Purcell | Verenigde State | |||
1953[53] | Frits Zernike | Nederland | "vir sy demonstrasie van die fase-kontrasmetode, veral vir sy uitvinding van die fase-kontrasmikroskoop" | |
1954[54] | Max Born | Wes-Duitsland | "vir sy fundamentele navorsing op kwantummeganika, veral vir sy statistiese interpretasie van die golffunksie" | |
Walther Bothe | "vir die toevalmetode en sy ontdekkings wat daarmee gepaard gaan" | |||
1955[55] | Willis Lamb | Verenigde State | "vir sy ontdekkings rakende die fynstruktuur van die waterstofspektrum" | |
Polykarp Kusch | Verenigde State Wes-Duitsland |
"vir sy presiese bepaling van die magnetiese momentum van die elektron" | ||
1956[56] | John Bardeen | Verenigde State | "vir hul navorsing oor halfgeleiers en hul ontdekking van die transistoreffek" | |
Walter Houser Brattain | ||||
William Shockley | ||||
1957[57] | Tsung-Dao Lee | Volksrepubliek China Verenigde State |
"vir hul deurdringende ondersoek na die sogenaamde pariteitswette wat tot belangrike ontdekkings met betrekking tot die elementêre deeltjies gelei het" | |
Chen-Ning Yang | ||||
1958[58] | Pawel Cherenkof | Sowjetunie | "vir die ontdekking en interpretasie van die Cherenkof-effek" | |
Ilja Frank | ||||
Igor Tamm | ||||
1959[59] | Emilio Segrè | Italië | "vir hul ontdekking van die antiproton" | |
Owen Chamberlain | Verenigde State |
Jaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
1960[60] | Donald A. Glaser | Verenigde State | "vir die uitvinding van die borrelkamer" | |
1961[61] | Robert Hofstadter | "vir sy baanbrekende studie van elektronverspreiding in atoomkerne en vir sy daardeur moontlike ontdekkings rakende die struktuur van die nukleone" | ||
Rudolf Mössbauer | Wes-Duitsland | "vir sy navorsing oor die resonansie-absorpsie van gammastraling en sy ontdekking van die effek in hierdie verband wat sy naam dra" | ||
1962[62] | Lef Landau | Sowjetunie | "vir sy baanbrekende teorieë op gekondenseerde materie, veral vloeibare helium" | |
1963[63] | Eugene Wigner | Hongarye Verenigde State |
"vir sy bydraes tot die teorie van die atoomkern en die elementêre deeltjies, veral deur die ontdekking en toepassing van fundamentele simmetrie beginsels" | |
Maria Goeppert-Mayer | Verenigde State | "vir hul ontdekkings rakende kernskulpstruktuur" | ||
J. Hans D. Jensen | Wes-Duitsland | |||
1964[64] | Nikolai Basof | Sowjetunie | "vir fundamentele werk op die gebied van kwantumelektronika, wat gelei het tot die konstruksie van ossillators en versterkers gebaseer op die maser-laser-beginsel" | |
Alexander Prokhorof | ||||
Charles H. Townes | Verenigde State | |||
1965[65] | Richard Feynman | "vir hul fundamentele werk in kwantumelektrodinamika (QED), met diepploegende gevolge vir die fisika van elementêre deeltjies" | ||
Julian Schwinger | ||||
Shin'ichirō Tomonaga | Japan | |||
1966[66] | Alfred Kastler | Frankryk | "vir die ontdekking en ontwikkeling van optiese metodes om Hertziese resonansies in atome te bestudeer" | |
1967[67] | Hans Bethe | Verenigde State | "vir sy bydraes tot die teorie van kernreaksies, veral sy ontdekkings rakende die energieproduksie in sterre" | |
1968[68] | Luis Walter Alvarez | "vir sy beslissende bydraes tot elementêre deeltjiefisika, veral die ontdekking van 'n groot aantal resonansietoestande, moontlik gemaak deur sy ontwikkeling van die tegniek van die gebruik van waterstofbubbelkamer en data-analise" | ||
1969[69] | Murray Gell-Mann | "vir sy bydraes en ontdekkings rakende die klassifikasie van elementêre deeltjies en hul interaksies" |
Jaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
1970[70] | Hannes Alfvén | Swede | "vir fundamentele werk en ontdekkings in magnetohidrodinamika met vrugbare toepassings in verskillende dele van plasmafisika" | |
Louis Néel | Frankryk | "vir fundamentele werk en ontdekkings rakende antiferromagnetisme en ferriagnetisme wat tot belangrike toepassings in vaste-stoffisika gelei het" | ||
1971[71] | Dennis Gabor | Hongarye Verenigde Koninkryk |
"vir sy uitvinding en ontwikkeling van die holografiese metode" | |
1972[72] | John Bardeen | Verenigde State | "vir hul gesamentlik ontwikkelde teorie van supergeleiding, wat gewoonlik die BCS-teorie genoem word" | |
Leon Cooper | ||||
John Robert Schrieffer | ||||
1973[73] | Leo Esaki | Japan | "vir hul eksperimentele ontdekkings rakende tonnelverskynsels in halfgeleiers en supergeleiers onderskeidelik" | |
Ivar Giaever | Verenigde State Noorweë | |||
Brian Josephson | Verenigde Koninkryk | "vir sy teoretiese voorspellings van die eienskappe van 'n superstroom deur 'n tonnelversperring, veral die verskynsels wat algemeen bekend staan as die Josephson-effek" | ||
1974[74] | Martin Ryle | "vir hul baanbrekende navorsing in radio-astrofisika: Ryle vir sy waarnemings en uitvindings, veral van die diafragma sintese tegniek, en Hewish vir sy beslissende rol in die ontdekking van pulsars" | ||
Antony Hewish | ||||
1975[75] | Aage Bohr | Denemarke | "vir die ontdekking van die verband tussen kollektiewe beweging en deeltjiebeweging in atoomkerne en die ontwikkeling van die teorie van die atoomkernstruktuur gebaseer op hierdie samehang" | |
Ben Roy Mottelson | ||||
James Rainwater | Verenigde State | |||
1976[76] | Burton Richter | "vir hul baanbrekende werk in die ontdekking van 'n swaar elementêre deeltjie van 'n nuwe soort" | ||
Samuel C.C. Ting | ||||
1977[77] | Philip Warren Anderson | "vir hul fundamentele teoretiese ondersoeke op die elektroniese struktuur van magnetiese en wanordelike stelsels" | ||
Nevill Francis Mott | Verenigde Koninkryk | |||
John Hasbrouck Van Vleck | Verenigde State | |||
1978[78] | Pjotr Kapitsa | Sowjetunie | "vir sy basiese uitvindings en ontdekkings op die gebied van lae temperatuur-fisika" | |
Arno Allan Penzias | Verenigde State | "vir hul ontdekking van kosmiese mikrogolf-agtergrondstraling" | ||
Robert Woodrow Wilson | ||||
1979[79] | Sheldon Lee Glashow | "vir hul bydraes tot die teorie van die verenigde swak en elektromagnetiese interaksie tussen elementêre deeltjies, insluitend onder andere die voorspelling van die swak neutrale stroom" | ||
Abdus Salam | Pakistan | |||
Steven Weinberg | Verenigde State |
Jaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
1980[80] | James Cronin | Verenigde State | "vir die ontdekking van oortredings van fundamentele simmetrie beginsels in die verval van neutrale K-mesone" | |
Val Logsdon Fitch | ||||
1981[81] | Nicolaas Bloembergen | Nederland Verenigde State |
"vir hul bydrae tot die ontwikkeling van laserspektroskopie" | |
Arthur Leonard Schawlow | Verenigde State | |||
Kai Siegbahn | Swede | "vir sy bydrae tot die ontwikkeling van hoë-resolusie elektronspektroskopie" | ||
1982[82] | Kenneth G. Wilson | Verenigde State | "vir sy teorie van kritiese verskynsels in verband met fase-oorgange" | |
1983[83] | Subrahmanyan Chandrasekhar | Indië Verenigde State |
"vir sy teoretiese studie van die fisiese prosesse van belang vir die struktuur en evolusie van die sterre" | |
William Alfred Fowler | Verenigde State | "vir sy teoretiese en eksperimentele studies op die kernreaksies van belang in die vorming van die chemiese elemente in die heelal" | ||
1984[84] | Carlo Rubbia | Italië | "vir hul beslissende bydraes tot die groot projek, wat gelei het tot die ontdekking van die velddeeltjies W en Z, kommunikators van swak wisselwerking" | |
Simon van der Meer | Nederland | |||
1985[85] | Klaus von Klitzing | Wes-Duitsland | "vir die ontdekking van die gekwantiseerde Hall-effek" | |
1986[86] | Ernst Ruska | "vir sy fundamentele werk in elektronoptika, en vir die ontwerp van die eerste elektronmikroskoop" | ||
Gerd Binnig | "vir hul ontwerp van die skandering-tonnelmikroskoop" | |||
Heinrich Rohrer | Switserland | |||
1987[87] | Georg Bednorz | Wes-Duitsland | "vir hul belangrike deurbraak in die ontdekking van supergeleiding in keramiekmateriale" | |
K. Alex Müller | Switserland | |||
1988[88] | Leon M. Lederman | Verenigde State | "vir die neutrino-balkmetode en die demonstrasie van die dubbelstruktuur van die leptone deur die ontdekking van die muonneutrino" | |
Melvin Schwartz | ||||
Jack Steinberger | ||||
1989[89] | Norman Foster Ramsey jr. | "vir die uitvinding van die geskeide oscillatoriese veldmetode en die gebruik daarvan in die waterstof-maser en ander atoomklokke" | ||
Hans Georg Dehmelt | Verenigde State Wes-Duitsland |
"vir die ontwikkeling van die ioonstriktegniek" | ||
Wolfgang Paul | Wes-Duitsland |
Jaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
1990[90] | Jerome Isaac Friedman | Verenigde State | "vir hul baanbrekende ondersoeke rakende die diep onelastiese verstrooiing van elektrone op protone en gebonde neutrone, wat van noodsaaklike belang was vir die ontwikkeling van die kwarkmodel in deeltjiefisika" | |
Henry Way Kendall | ||||
Richard E. Taylor | Kanada | |||
1991[91] | Pierre-Gilles de Gennes | Frankryk | "vir die ontdekking van metodes wat ontwikkel is om bestellingsverskynsels in eenvoudige stelsels te bestudeer, wat veralgemeen kan word na meer komplekse vorms van materie, veral vloeibare kristalle en polimere" | |
1992[92] | Georges Charpak | Frankryk Pole |
"vir sy uitvinding en ontwikkeling van deeltjieverklikkers, veral die multiwire proporsionele kamer" | |
1993[93] | Russell Alan Hulse | Verenigde State | "vir die ontdekking van 'n nuwe soort pulsar, 'n ontdekking wat nuwe moontlikhede vir die studie van swaartekrag oopgemaak het" | |
Joseph Hooton Taylor jr. | ||||
1994[94] | Bertram Brockhouse | Kanada | "vir die ontwikkeling van neutronspektroskopie" en "vir baanbrekende bydraes tot die ontwikkeling van neutronverstrooiingstegnieke vir studies van gekondenseerde materie" | |
Clifford Shull | Verenigde State | "vir die ontwikkeling van die neutrondiffraksietegniek" en "vir baanbrekende bydraes tot die ontwikkeling van neutronverstrooiingstegnieke vir studies van gekondenseerde materie" | ||
1995[95] | Martin Lewis Perl | "vir die ontdekking van die tau-lepton" en "vir baanbrekende eksperimentele bydraes tot leptonfisika" | ||
Frederick Reines | "vir die opsporing van die neutrino" en "vir baanbrekende eksperimentele bydraes tot leptonfisika" | |||
1996[96] | David Lee | "vir hul ontdekking van superfluïteit in helium-3" | ||
Douglas Osheroff | ||||
Robert Coleman Richardson | ||||
1997[97] | Steven Chu | "vir die ontwikkeling van metodes om atome met laserlig af te koel en te vang" | ||
Claude Cohen-Tannoudji | Frankryk | |||
William Daniel Phillips | Verenigde State | |||
1998[98] | Robert B. Laughlin | "vir die ontdekking van 'n nuwe vorm van kwantumvloeistof met fraksionele gelaaide opwindinge" | ||
Horst Ludwig Störmer | Duitsland | |||
Daniel C. Tsui | Republiek van China Verenigde State | |||
1999[99] | Gerard 't Hooft | Nederland | "vir die verduideliking van die kwantumstruktuur van elektroswak-interaksies in fisika" | |
Martinus J.G. Veltman |
Jaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
2000[100] | Zhores Alferof | Rusland | "vir die ontwikkeling van halfgeleier-heterostrukture wat in hoëspoed- en optiese elektronika gebruik word" | |
Herbert Kroemer | Duitsland | |||
Jack Kilby | Verenigde State | "vir sy rol in die uitvinding van die geïntegreerde stroombaan" | ||
2001[101] | Eric Allin Cornell | "vir die bereiking van Bose-Einstein-kondensasie in verdunde gasse van alkaliese atome, en vir vroeë fundamentele studies op die eienskappe van die kondensate" | ||
Carl Wieman | ||||
Wolfgang Ketterle | Duitsland | |||
2002[102] | Raymond Davis jr. | Verenigde State | "vir die baanbrekende bydraes tot astrofisika, veral vir die opsporing van kosmiese neutrinos" | |
Masatoshi Koshiba | Japan | |||
Riccardo Giacconi | Italië Verenigde State |
"vir die baanbrekende bydraes tot astrofisika wat tot die ontdekking van kosmiese X-straal-bronne gelei het" | ||
2003[103] | Alexei Alexeyevich Abrikosov | Rusland Verenigde State |
"vir baanbrekende bydraes tot die teorie van supergeleiers en superfluïede" | |
Witali Ginzburg | Rusland | |||
Anthony James Leggett | Verenigde Koninkryk Verenigde State | |||
2004[104] | David Gross | Verenigde State | "vir die ontdekking van asimptotiese vryheid in die teorie van sterk wisselwerking" | |
Hugh David Politzer | ||||
Frank Wilczek | ||||
2005[105] | Roy J. Glauber | "vir sy bydrae tot die kwantumteorie van optiese samehang" | ||
John L. Hall | "vir hul bydraes tot die ontwikkeling van laser-gebaseerde presisie-spektroskopie, insluitend die optiese frekwensie-kam-tegniek" | |||
Theodor W. Hänsch | Duitsland | |||
2006[106] | John C. Mather | Verenigde State | "vir hul ontdekking van die swartstralervorm en anisotropie van die kosmiese mikrogolf-agtergrondstraling" | |
George Smoot | ||||
2007[107] | Albert Fert | Frankryk | "vir die ontdekking van reuse-magnetoresistance" | |
Peter Grünberg | Duitsland | |||
2008[108] | Makoto Kobayashi | Japan | "vir die ontdekking van die gebroke simmetrie se oorsprong wat die bestaan van minstens drie kwark-families in die natuur voorspel" | |
Toshihide Maskawa | ||||
Yoichiro Nambu | Japan Verenigde State |
"vir die ontdekking van die meganisme van spontane gebroke simmetrie in subatomiese fisika" | ||
2009[109] | Charles K. Kao | Hongkong Verenigde Koninkryk Verenigde State |
"vir die baanbrekende prestasies met betrekking tot die oordrag van lig in vesels vir optiese kommunikasie" | |
Willard Boyle | Kanada Verenigde State |
"vir die uitvinding van 'n beeldende halfgeleierbaan – die CCD-sensor" | ||
George E. Smith | Verenigde State |
Jaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
2010[110] | Andre Geim | Rusland Verenigde Koninkryk Nederland |
"vir baanbrekende eksperimente rakende die tweedimensionele materiaalgrafeen" | |
Konstantin Nowoselof | Rusland Verenigde Koninkryk | |||
2011[111] | Saul Perlmutter | Verenigde State | "vir die ontdekking van die versnelde uitbreiding van die heelal deur waarnemings van verre supernovae" | |
Brian Schmidt | Australië Verenigde State | |||
Adam Riess | Verenigde State | |||
2012[112] | Serge Haroche | Frankryk | "vir baanbrekende eksperimentele metodes wat meet en manipulasie van individuele kwantumstelsels moontlik maak" | |
David J. Wineland | Verenigde State | |||
2013[113] | François Englert | België | "vir die teoretiese ontdekking van 'n meganisme wat bydra tot ons begrip van die oorsprong van massa-subatomiese deeltjies, en wat onlangs bevestig is deur die ontdekking van die voorspelde fundamentele deeltjie, deur die ATLAS- en CMS-eksperimente by CERN se Groot Hadronversneller" | |
Peter Higgs | Verenigde Koninkryk | |||
2014[114] | Isamu Akasaki | Japan | "vir die uitvinding van doeltreffende blou lig-emitterende diodes wat helder en energiebesparende wit ligbronne moontlik gemaak het" | |
Hiroshi Amano | ||||
Shuji Nakamura | Japan Verenigde State | |||
2015[115] | Takaaki Kajita | Japan | "vir die ontdekking van neutrino-ossillasies, wat toon dat neutrino's oor massa beskik" | |
Arthur B. McDonald | Kanada | |||
2016[116] | David J. Thouless | Verenigde Koninkryk Verenigde State |
"vir teoretiese ontdekkings van topologiese fase-oorgange en topologiese fases van materie" | |
Duncan Haldane | ||||
J. Michael Kosterlitz | ||||
2017[117] | Rainer Weiss | Duitsland Verenigde State |
"vir beslissende bydraes tot die LIGO-detektor en die waarneming van swaartekraggolwe" | |
Kip Thorne | Verenigde State | |||
Barry Barish | ||||
2018[118] | Arthur Ashkin | "vir baanbrekende uitvindings op die veld van laserfisika" | ||
Gérard Mourou | Frankryk | |||
Donna Strickland | Kanada | |||
2019[119] | James Peebles | "vir teoretiese ontdekkings in die fisiese kosmologie" | ||
Michel Mayor | Switserland | "vir die ontdekking van ’n eksoplanet wat om ’n ster soortgelyk aan ons son wentel" | ||
Didier Queloz |
Jaar | Naam | Land | Beweegrede | |
---|---|---|---|---|
2020[120] | Roger Penrose | Verenigde Koninkryk | "vir die ontdekking dat die vorming van swartkolke 'n sterk voorspelling van die algemene relatiwiteitsteorie is" | |
Reinhard Genzel | Duitsland | "vir die ontdekking van 'n supermassiewe kompakte voorwerp in die middel van ons sterrestelsel" | ||
Andrea M. Ghez | Verenigde State | |||
2021[121] | Syukuro Manabe | Japan Verenigde State |
"vir die fisiese modellering van die aarde se klimaat, die kwantifisering van veranderlikheid en die betroubare voorspelling van aardverwarming" | |
Klaus Hasselmann | Duitsland | |||
Giorgio Parisi | Italië | "vir die ontdekking van die wisselwerking tussen wanorde en skommelinge in fisiese stelsels van atoom- tot planetêre skale" | ||
2022[122] | Alain Aspect | Frankryk | "vir eksperimente met verstrengelde fotone, wat die skending van Bell-ongelykhede vasstel, en baanbrekerswerk in kwantuminligtingwetenskap" | |
John Clauser | Verenigde State | |||
Anton Zeilinger | Oostenryk | |||
2023[123] | Anne L’Huillier | Frankryk Swede |
"vir eksperimentele metodes om attosekonde-pulse van lig te genereer vir die studie van elektrondinamika in materie" | |
Ferenc Krausz | Hongarye Oostenryk | |||
Pierre Agostini | Frankryk Oostenryk | |||
2024[5] | John Hopfield | Verenigde State | "vir fundamentele ontdekkings en uitvindings wat masjienleer moontlik maak met kunsmatige neurale netwerke" | |
Geoffrey Hinton | Kanada Verenigde Koninkryk |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.