13de uitgawe van die voorste internasionale krieketkompetisie From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Krieketwêreldbeker 2023 (Engels: 2023 Cricket World Cup; Hindi: २०२३ क्रिकेट विश्व कप) is van 5 Oktober tot 19 November 2023 in Indië beslis.[3] Die oorspronklike datums vir dié toernooi was tussen 9 Februarie tot 26 Maart 2023,[4][5][6] maar in Julie 2020 is dit na Oktober en November 2023 herskeduleer, nadat die kwalifisering weens die wêreldwye Covid-19-pandemie vertraag is.[7][8][9] Dit was die 13de krieketwêreldbeker van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en die vierde in Indië. Dié land het voorheen as medegasheer van die toernooie in 1987 (saam met Pakistan), 1996 (saam met Pakistan en Sri Lanka) en 2011 (saam met Bangladesj en Sri Lanka) opgetree; net Engeland het meer toernooie gehuisves. Dit was die eerste toernooi wat geheel en al in Indië aangebied is[10] en net die derde wat deur een gasheerland gehou is; die eerste twee toernooie in 1975 en 1979 is deur Engeland op sy eie gehuisves.
Die toernooi se formaat van 2019 het onveranderd gebly en tien nasionale krieketspanne het aan die Krieketwêreldbeker 2023 deelgeneem: Die gasheer Indië, die sewe beste spanne van die Superliga 2020–2023 (Afghanistan, Australië, Bangladesj, Engeland, Nieu-Seeland, Pakistan en Suid-Afrika), saam met die twee beste spanne van die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2023 (Nederland en Sri Lanka). Tydens die Krieketwêreldbeker 2023 is 48 wedstryde gespeel, waaronder 45 tydens die groepfase en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die toernooi het op 5 Oktober met die openingswedstryd tussen die twee finaliste van die 2019-toernooi Engeland en Nieu-Seeland op die Narendra Modi-stadion in Ahmedabad begin. Al die spanne het in een groep 45 wedstryde beslis, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep gespeel het. Die vier beste spanne het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die eindstryd is op 19 November op die Narendra Modi-stadion in Ahmedabad gehou, terwyl die sewe beste spanne saam met die gasheer Pakistan regstreeks vir die Kampioenetrofee 2025 gekwalifiseer het. Engeland was die verdedigende kampioen nadat hulle die vorige Krieketwêreldbeker 2019, teen Nieu-Seeland in die nouste eindstryd nog (’n amptelike gelykop), tuis gewen het.[11]
Australië, Indië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Indië het Nieu-Seeland en Australië het Suid-Afrika geklop, voordat Australië die eindstryd op die Narendra Modi-stadion in Ahmedabad teen die gasheer Indië met ses paaltjies gewen en sodoende sy sesde titel ingepalm het. Ná die 2003-toernooi in Suid-Afrika, Zimbabwe en Kenia was dit die tweede ontmoeting tussen dié twee lande in ’n eindstryd wat ook deur Australië gewen is. Die verdedigende kampioen Engeland is reeds in die groepfase uitgeskakel.
Die Internasionale Krieketraad het voor die Krieketwêreldbeker 2015 aangekondig dat net tien van die vernaamste krieketlande aan die volgende toernooie van 2019 en 2023 sal kan deelneem.[12] Dit het groot kritiek uitgelok, omdat veral die geassosieerde lede van die IKR gevrees het dat die afstand in kwaliteit tussen hulle en die voorste toetskrieketlande groter sou word.[13][14][15] Die IKR se redenasie vir hierdie stap is egter ’n beter bemarkingsmoontlikheid van die kompetisie, want al die spanne sou dan mededingend wees.[16] Die tweemalige wêreldkampioen Wes-Indië kon vir die eerste keer nie vir ’n krieketwêreldbekertoernooi kwalifiseer nie, vervolgens het vir die eerste keer in die toernooi se geskiedenis geen span van die Amerikas deelgeneem nie.
Die Krieketwêreldbeker 2023 was die eerste sedert die 1992-toernooi waartydens elk van die spanne ten minste een oorwinning in die groepfase kon aanteken.[17][18]
Tydens ’n spesiale vergadering van die Internasionale Krieketraad in Junie 2013 in Londen is die Krieketwêreldbeker 2023 aan Indië toegewys.[19]
Kwalifisering
Soos tydens die Krieketwêreldbeker 2019 kon tien krieketspanne aan die Krieketwêreldbeker 2023 deelneem. Die hoofroete tot kwalifisering was die nuwe Superliga, wat die EDI-kampioenskap vervang het. Aan die Superliga, wat tussen Julie 2020 en Mei 2023 beslis is, het die twaalf toetslande (insluitende die gasheer Indië) en Nederland deelgeneem.[20]
Die gasheer Indië en die sewe beste spanne van die dertien deelnemers in die Superliga het regstreeks vir die hooftoernooi gekwalifiseer. Die vyf spanne van die Superliga, wat nie daarin geslaag het om direk vir die toernooi te kwalifiseer nie, het aan die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2023 deelgeneem, waarna twee spanne na die hooftoernooi deurgedring het.[21][22]
Aan die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2023 het, naas die vyf onderste spanne van die Superliga, ook die drie beste spanne van die vir die eerste keer besliste Krieketwêreldbekerliga 2 2019–2022 (gehou tussen Augustus 2019 en Maart 2023) deelgeneem. Die oorblywende twee plekke vir die kwalifisering is deur ’n uitspeeltoernooi tussen die Krieketwêreldbekerliga 2 se niekwalifiserende spanne en die Krieketwêreldbekeruitdagingsliga 2019–2021 se twee beste spanne bepaal.[23] Aan die Krieketwêreldbekerliga het die oorblywende sewe lande met ’n tydelike EDI-status deelgeneem (Nederland het aan die Superliga deelgeneem).[24]
32 nasionale krieketspanne het om die twee oorblywende plekke by die Krieketwêreldbeker 2023 meegeding, waarvan die finale tien aan die uiteindelike kwalifiserende rondte in Zimbabwe deelgeneem het.[25] Sri Lanka het die eerste kwalifiserende span geword nadat hulle Zimbabwe met nege paaltjies geklop het.[26] Nadat SkotlandWes-Indië met sewe paaltjies verslaan het, kon die tweemalige wêreldkampioen vir die eerste keer nie vir ’n krieketwêreldbekertoernooi kwalifiseer nie.[27][28] Nadat Skotland ook Zimbabwe met 31 lopies verslaan het, het Zimbabwe sy tweede agtereenvolgende krieketwêreldbekertoernooi misgeloop.[29] Vir die eerste keer kon drie lande met toetskrieketstatus – Ierland, Wes-Indië en Zimbabwe – nie vir ’n krieketwêreldbeker kwalifiseer nie, terwyl twee assosiaatlede – Nederland en Skotland – daarin geslaag het om dié drie volle lede in die kwalifisering verby te steek en die laaste plek onder mekaar beslis het.[30] Nederland het die laaste en tiende plek bespreek nadat hulle Skotland met vier paaltjies verslaan het.[31]
Nadat die Raad vir Beheer van Krieket in Indië geweier het om ’n span vir die Asiatiese Beker 2023 na Pakistan te stuur, het die Pakistanse Krieketraad gedreig om die Krieketwêreldbeker 2023 in Indië te boikot.[32][33] In Junie 2023 is dié geskil opgelos met die Asiatiese Krieketraad se aangekondig om die Asiatiese Bekertoernooi volgens ’n hibriede model, soos voorgestel deur die Pakistanse beheerliggaam, te hou, waarvolgens nege van die 13 wedstryde in Sri Lanka gehou is.[34][35]
Kwalifiserende spanne
Die volgende tien spanne het vir die Krieketwêreldbeker 2023 gekwalifiseer. Nederland, wat Wes-Indië vervang het, is die enigste verandering in die tien-span-lys van die Krieketwêreldbeker 2019. Dit was die eerste toernooi wat Wes-Indië misgeloop het.
Op 21 Maart 2023 het die Raad vir Beheer van Krieket in Indië twaalf Indiese stadions op die kortlys vir die Krieketwêreldbeker 2023 geplaas.[3] Op 27 Junie 2023 het die Internasionale Krieketraad die wedstrydskedule aangekondig, waarby Indore, Guwahati en Rajkot van die lys verwyder is, terwyl Pune bygevoeg is. Die Narendra Modi-stadion in Ahmedabad met ’n kapasiteit van 132000 het vir die eerste keer ’n krieketwêreldbekereindstryd huisves. Die twee halfeindstryde is onderskeidelik op Wankhedestadion in Mumbai en Eden Gardens in Kolkata gespeel, terwyl die eindstryd op die Narendra Modi-stadion in Ahmedabad beslis word.[36]
Die BCCI het befondsing verskaf vir opknappings by stadions. Die Himachal Pradesh-krieketverenigingstadion is voorsien van ’n nuwe grasoppvervlak, dreineringsstelsel, sitplekke en gasvryheidskassies. Die Wankhedestadion se buiteveld, spreiligte, korporatiewe bokse en toilette is opgeknap. Die M. A. Chidambaram-stadion het nuwe spreiligte geïnstalleer en twee paaltjies herlê.[37]
Aangesien die Krieketwêreldbeker 2023 gedurende herfs beslis is, het die IKR protokolle ingestel om die impak van vog — insluitende dou en reën — op bladtoestande te verminder, sodat die span wat tweede gekolf het nie bevoordeel is nie (soos onlangs gebeur tydens die T20I-wêreldbeker 2021). Dit het ingesluit die gebruik van ’n spesifieke benattingsmiddel, en die grenslyn was sowat 70m van die blad af, met meer gras daarop wat naatboulwerk bo draaiboulwerk bevoordeel het.[38]
Die Krieketwêreldbeker 2023 is is oor 46 dae tussen tien verskillende spanne oor 48 wedstryde beslis. Dit het op 5 Oktober 2023 op die Narendra Modi-stadion in Ahmedabad met die openingswedstryd tussen Engeland en Nieu-Seeland begin. Die toernooi het geëindig op 19 November met die eindstryd tussen Australië en Indië op dieselfde stadion, waartydens Australië die Krieketwêreldbekertrofee ingepalm het. ’n Soortgelyke formaat is voorheen tydens die Krieketwêreldbeker 1992 gebruik, maar destyds het nege in plaas van tien nasionale krieketspanne deelgeneem; dieselfde formaat is tydens die Krieketwêreldbeker 2019 gebruik, insluitende dieselfde aantal deelnemende lande (tien).
Kalender
Die Internasionale Krieketraad het die wedstrydskedule op 27 Junie 2023, presies 100 dae voor dié toernooi se begin, bekendgestel.[36] Op 9 Augustus 2023 is nege wedstryde, insluitende dié tussen Indië en Pakistan, deur die IKR herskeduleer.[40] Die openingseremonie sou op 4 Oktober in die Narendra Modi-stadion in Ahmedabad gehou word, maar dit is deur die reëlingskomitee met ’n perskonferensie met die tien spankapteins vervang.[41] Die volgende tabel dui die Krieketwêreldbeker 2023 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op die sluitingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
Meer inligting Groepfase Oktober/November, Do 5 ...
Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase Oktober/November
Do 5
Vr 6
Sa 7
So 8
Ma 9
Di 10
Wo 11
Do 12
Vr 13
Sa 14
So 15
Ma 16
Di 17
Wo 18
Do 19
Vr 20
Sa 21
So 22
Ma 23
Di 24
Wo 25
Do 26
Vr 27
Sa 28
So 29
Ma 30
Di 31
Wo 1
Do 2
Vr 3
Sa 4
So 5
Ma 6
Di 7
Wo 8
Do 9
Vr 10
Sa 11
So 12
Groepfase
1
1
2
1
1
2
1
1
1
1
1
1
1
1
1
1
2
1
1
1
1
1
1
2
1
1
1
1
1
1
2
1
1
1
1
1
1
2
1
Uitklopfase November
Ma 13
Di 14
Wo 15
Do 16
Vr 17
Sa 18
So 19
Seremonie
SS
Uitklopfase
1
1
1
Sluit
Verklaring
Sluitingseremonie
Groepwedstryde
Uitklopfase
Eindstryd
Groepfase
Die Krieketwêreldbeker 2023 is deur tien nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die tien deelnemende spanne in een enkele groep geplaas met dieselfde formaat as wat in 2019 gebruik is; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span nege wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die vier beste spanne het na die uitklopfase deurgedring.
Uitklopfase
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die vier beste spanne van die groep het na die uitklopfase deurgedring. Die eerste span het teen die vierde span en die tweede span teen die derde span in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis.
Effek op Kampioenetrofee 2025-kwalifisering
Die beste sewe spanne het saam met die gasheer Pakistan regstreeks gekwalifiseer vir die Kampioenetrofee 2025. Hulle was Afghanistan, Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika.
Skeidsregters en wedstrydbeamptes
’n Paneel van 16 skeidsregters en vier wedstrydbeamptes is vir die toernooi gebruik.[42]
Elke land kon 15 spelers vir die toernooi kies. Die spanne moes teen 28 September 2023 aan die Internasionale Krieketraad voorgelê word. Enige latere verandering het die goedkeuring deur die IKR vereis.[43] Teen 26 September is al die spanne bekendgemaak.[44] Die oudste speler was die Nederlander Wesley Barresi op 39 jaar, terwyl die jongste speler die Afghaan Noor Ahmad op 18 jaar was.[45]
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.
Uit die toernooi geskakel, maar kwalifiseer regstreeks vir die Kampioenetrofee 2025.
Uit die toernooi geskakel én loop regstreekse kwalifisering vir die Kampioenetrofee 2025 mis.
Sluit
Tien spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die groepfase het op 5 Oktober op die Narendra Modi-stadion in Ahmedabad met die openingswedstryd tussen die twee finaliste van die 2019-toernooi Engeland en Nieu-Seeland begin. Die vier beste spanne in die groep het na die uitklopfase deurgedring. Vir wedstryde tydens die groepfase is geen reserwedae in die geval van slegte weer opsy gesit nie.[36] Die sewe beste spanne het saam met die gasheer Pakistan vir die Kampioenetrofee 2025 gekwalifiseer.[46]
Saud Shakeel 68 (52) Bas de Leede 4/62 (9 boulbeurte)
Bas de Leede 67 (68) Haris Rauf 3/43 (9 boulbeurte)
Pakistan wen met 81 lopies Rajiv Gandhi-stadion, Hyderabad Bywoning: 9470[52] Skeidsregters: Chris Brown (NZ) en Adrian Holdstock (RSA) Speler van die wedstryd: Saud Shakeel (Pak)
Nederland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Bangladesj wen met ses paaltjies HPCA-stadion, Dharamshala Skeidsregters: Kumar Dharmasena (SL) en Joel Wilson (WI) Speler van die wedstryd: Mehidy Hasan (Ban)
Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Rahmanullah Gurbaz word die vinnigste Afghaanse kolwer om 1000 EDI-lopies aan te teken (in 27 kolfbeurte).[53]
Bangladesj wen die wedstryd met 92 oorblywende aflewerings, hul grootste wêreldbekeroorwinning nog in terme van oorblywende aflewerings.[53]
Suid-Afrika se telling van 428/5 is die hoogste in die wêreldbekergeskiedenis, meer as Australië se 417 lopies teen Afghanistan tydens die 2015-toernooi.[55]
Aiden Markram (RSA) moker die vinnigste wêreldbekerhondertal (in 49 aflewerings) en verbeter Kevin O’Brien (Irl) se vorige rekord; later verbeter deur Glenn Maxwell (Aus) teen Nederland tydens dieselfde toernooi.[56]
Die 754 aangetekende lopies is die naasmeeste in ’n wêreldbekerwedstryd nog, meer as die 714 lopies tussen Australië en Bangladesj tydens die 2019-toernooi.[57]
Indië wen met ses paaltjies M. A. Chidambaram-stadion, Chennai Bywoning: 33190[58] Skeidsregters: Chris Gaffaney (NZ) en Richard Kettleborough (Eng) Speler van die wedstryd: KL Rahul (Ind)
Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
David Warner (Aus) verbeter die rekord van beide Sachin Tendulkar (Ind) en AB de Villiers (RSA) – 20 kolfbeurte elk – en word die vinnigste kolwer om 1000 wêreldbekerlopies aan te teken (in 19 kolfbeurte).[59]
Mitchell Starc (Aus) verbeter Lasith Malinga (SL) se rekord (25) en word die vinnigste bouler om 50 paaltjies te neem (19 boulbeurte).[59]
Dawid Malan 140 (107) Mahedi Hasan 4/71 (8 boulbeurte)
Liton Das 76 (66) Reece Topley 4/43 (10 boulbeurte)
Engeland wen met 137 lopies HPCA-stadion, Dharamshala Bywoning: 12478 Skeidsregters: Ahsan Raza (Pak) en Paul Wilson (Aus) Speler van die wedstryd: Dawid Malan (Eng)
Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Jonny Bairstow (Eng) speel in sy 100ste EDI-wedstryd.[61]
Dawid Malan (Eng) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[50]
Joe Root oortref Graham Gooch se vorige rekord van 897 lopies en word Engeland se beste krieketwêreldbekerlopiemaker.[62]
Kusal Mendis 122 (77) Hasan Ali 4/71 (10 boulbeurte)
Mohammad Rizwan 131* (121) Dilshan Madushanka 2/60 (9.2 boulbeurte)
Pakistan wen met ses paaltjies Rajiv Gandhi-stadion, Hyderabad Bywoning: 23177[63] Skeidsregters: Chris Gaffaney (NZ) en Alex Wharf (Eng) Speler van die wedstryd: Mohammad Rizwan (Pak)
Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Sadeera Samarawickrama (SL) en Abdullah Shafique (Pak) teken hul eerste EDI-honderdtalle aan.[64][65]
Kusal Mendis en Sadeera Samarawickrama (albei SL), asook Abdullah Shafique en Mohammad Rizwan (albei Pak) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[50]
Vir die derde keer ná Australië teen Pakistan in 1998 en Australië teen Indië in 2013 word in een enkele EDI vier honderdtalle aangeteken;[66] dit is ook die eerste keer in ’n krieketwêreldbekerwedstryd.[67][68]
Kusal Mendis moker die vinnigste honderdtal vir Sri Lanka in ’n wêreldbekerwedstryd nog (in 65 aflewerings).[67]
Imam-ul-Haq (Pak) teken sy 3000ste EDI-lopie aan.[69]
Dit was die hoogste suksesvolle lopiejaag in die krieketwêreldbekergeskiedenis, meer as Ierland se 329 lopies teen Engeland tydens die 2011-toernooi.[70][67]
Dit is Pakistan se agtste krieketwêreldbekeroorwinning oor Sri Lanka wat dit die grootste oorheersing in die toernooi maak.[67]
Indië wen met agt paaltjies Feroz Shah Kotla Ground, Nieu-Delhi Bywoning: 34800[71] Skeidsregters: Michael Gough (Eng) en Paul Reiffel (Aus) Speler van die wedstryd: Rohit Sharma (Ind)
Afghanistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Rohit Sharma (Ind) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[50]
Rohit Sharma verbeter Chris Gayle (WI) se rekord vir die meeste sesse in internasionale krieket (554).[72]
Rohit Sharma verbeter Sachin Tendulkar (Ind) se rekord vir die meeste krieketwêreldbekerhonderdtalle (7).[73]
Rohit Sharma moker die vinnigste honderdtal vir Indië in ’n wêreldbekerwedstryd nog (in 63 aflewerings), later oortref deur KL Rahul teen Nederland tydens dieselfde toernooi.[74]
Suid-Afrika wen met 134 lopies BRSABV Ekana-krieketstadion, Lucknow Skeidsregters: Richard Illingworth (Eng) en Joel Wilson (WI) Speler van die wedstryd: Quinton de Kock (RSA)
Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Nieu-Seeland wen met agt paaltjies M. A. Chidambaram-stadion, Chennai Bywoning: 14369[76] Skeidsregters: Kumar Dharmasena (SL) en Nitin Menon (Ind) Speler van die wedstryd: Lockie Ferguson (NZ)
Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Trent Boult word die vinnigste – en die derde algehele – Nieu-Seelandse bouler om 200 EDI-paaltjies te neem (in 107 wedstryde) en verbeter Kyle Mills se rekord.[77]
Indië wen met sewe paaltjies Narendra Modi-stadion, Ahmedabad Skeidsregters: Marais Erasmus (RSA) en Richard Illingworth (Eng) Speler van die wedstryd: Jasprit Bumrah (Ind)
Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Rahmanullah Gurbaz 80 (57) Adil Rashid 3/42 (10 boulbeurte)
Harry Brook 66 (61) Rashid Khan 3/37 (9.3 boulbeurte)
Afghanistan wen met 69 lopies Feroz Shah Kotla Ground, Nieu-Delhi Bywoning: 26440[78] Skeidsregters: Sharfuddoula (Ban) en Rod Tucker (Aus) Speler van die wedstryd: Mujeeb Ur Rahman (Afg)
Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Rahmat Shah en Mohammad Nabi (albei Afg) speel in hul 100ste en 150ste EDI-wedstryd onderskeidelik.[79]
Dit is Afghanistan se eerste oorwinning oor Engeland nog.[80]
Australië wen met vyf paaltjies BRSABV Ekana-krieketstadion, Lucknow Skeidsregters: Chris Gaffaney (NZ) en Joel Wilson (WI) vir Alex Wharf (ENG) Speler van die wedstryd: Adam Zampa (Aus)
Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Scott Edwards 78* (69) Marco Jansen 2/27 (8 boulbeurte)
David Miller 43 (52) Logan van Beek 3/60 (8.5 boulbeurte)
Nederland wen met 38 lopies HPCA-stadion, Dharamshala Bywoning: 11224[81] Skeidsregters: Michael Gough en Richard Kettleborough (Eng) Speler van die wedstryd: Scott Edwards (Ned)
Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Wedstryd verkort as gevolg van reën tot 43 boulbeurte per span.
Rahmat Shah 36 (62) Lockie Ferguson 3/19 (7 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met 149 lopies M. A. Chidambaram-stadion, Chennai Bywoning: 15525[85] Skeidsregters: Joel Wilson (WI) en Paul Wilson (Aus) Speler van die wedstryd: Glenn Phillips (NZ)
Afghanistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Mitchell Santner (NZ) neem sy 100ste EDI-paaltjie.[86]
Liton Das 66 (82) Ravindra Jadeja 2/38 (10 boulbeurte)
Virat Kohli 103* (97) Mehidy Hasan 2/47 (10 boulbeurte)
Indië wen met sewe paaltjies Maharashtra-krieketverenigingstadion, Pune Bywoning: 33610[87] Skeidsregters: Adrian Holdstock (RSA) en Richard Kettleborough (Eng) Speler van die wedstryd: Virat Kohli (Ind)
Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Dit was Bangladesj se eerste EDI-wedstryd teen Indië in Indië sedert 1998.[88]
Mushfiqur Rahim word ná Shakib Al Hasan die tweede Bengaalse kolwer wat 1000 lopies tydens ’n krieketwêreldbekertoernooi aanteken.[89]
Virat Kohli (Ind) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[50]
Virat Kohli teken sy 26000ste internasionale lopie aan en verbeter Sachin Tendulkar (Ind) se vorige rekord om die vinnigste kolwer te word wat dié mylpaal behaal (in 567 kolfbeurte).[90]
David Warner 163 (124) Shaheen Afridi 5/54 (10 boulbeurte)
Imam-ul-Haq 70 (71) Adam Zampa 4/53 (10 boulbeurte)
Australië wen met 62 lopies M. Chinnaswamy-stadion, Bangalore Skeidsregters: Chris Brown (NZ) en Richard Illingworth (Eng) Speler van die wedstryd: David Warner (Aus)
Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Beide David Warner en Mitchell Marsh (albei Aus) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[50]
David Warner en Mitchell Marsh se aanvangsvennootskap is die hoogste nog teen Pakistan in ’n krieketwêreldbekerwedstryd.[91]
Albei slaan ook die meeste sesse (18) deur openingskolwers in ’n EDI-wedstryd.[91]
Australië se telling is die hoogste nog teen Pakistan in ’n krieketwêreldbekerwedstryd, later oortref deur Nieu-Seeland tydens dieselfde toernooi.[91]
David Warner word die eerste kolwer wat drie keer meer as 150 lopies in ’n krieketwêreldbekerwedstryd moker, sy vorige twee was 166 lopies teen Bangladesj tydens die 2019-toernooi en 178 lopies teen Afghanistan tydens die 2015-toernooi.[91]
Hy teken ook die hoogste individuele telling teen Pakistan in ’n krieketwêreldbekerwedstryd aan en hy word die eerste kolwer met twee krieketwêreldbekerhonderdtalle teen Pakistan.[91]
Shaheen Afridi (Pak) neem ’n vyf-paaltjie-oes.[60]
Sri Lanka wen met vyf paaltjies BRSABV Ekana-krieketstadion, Lucknow Skeidsregters: Marais Erasmus (RSA) en Ahsan Raza (Pak) Speler van die wedstryd: Sadeera Samarawickrama (SL)
Nederland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Mark Wood 43* (17) Gerald Coetzee 3/35 (4 boulbeurte)
Suid-Afrika wen met 229 lopies Wankhedestadion, Mumbai Bywoning: 28033[93] Skeidsregters: Kumar Dharmasena (SL) en Nitin Menon (Ind) Speler van die wedstryd: Heinrich Klaasen (RSA)
Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Vir die eerste keer in 25 jaar het albei lande se nasionale spanne in krieket en rugby op dieselfde dag ontmoet en vir die eerste keer in wêreldbekertoernooie nog, aangesien Engeland en Suid-Afrika tydens die Rugbywêreldbeker 2023 se halfeindrondte in Frankryk ontmoet het.[94]
Heinrich Klaasen en Marco Jansen se telling van 151 lopies is Suid-Afrika se hoogste sesde paaltjievennootskap in EDIs.[95]
Suid-Afrika se telling is die hoogste teen Engeland in EDIs nog.[95]
Dit is Engeland se ergste EDI-nederlaag, meer as hul 2022-nederlaag teen Australië met 221 lopies.[95]
Dit is Suid-Afrika se sesde krieketwêreldbekeroorwinning met meer as 200 lopies, die eerste land wat daarin slaag.[95]
Dit is ook Suid-Afrika se sewende krieketwêreldbekertelling van meer as 350 lopies, waarmee hulle Australië se rekord ewenaar, en die eerste keer wat Engeland meer as 350 lopies in ’n krieketwêreldbekerwedstryd toelaat.[95]
Indië wen met vier paaltjies HPCA-stadion, Dharamshala Skeidsregters: Michael Gough (Eng) en Adrian Holdstock (RSA) vir Richard Kettleborough (ENG) Speler van die wedstryd: Mohammed Shami (Ind)
Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Daryl Mitchell (NZ) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[50]
Mohammed Shami (Ind) neem ’n vyf-paaltjie-oes.[60]
Shubman Gill (Ind) verbeter Hashim Amla (RSA) se vorige rekord en word die vinnigste kolwer om 2000 EDI-lopies aan te teken (in 38 kolfbeurte).[96]
Babar Azam 74 (92) Noor Ahmad 3/49 (10 boulbeurte)
Ibrahim Zadran 87 (113) Hasan Ali 1/44 (10 boulbeurte)
Afghanistan wen met agt paaltjies M. A. Chidambaram-stadion, Chennai Bywoning: 23284[97] Skeidsregters: Paul Reiffel en Rod Tucker (Aus) Speler van die wedstryd: Ibrahim Zadran (Afg)
Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Dit is Afghanistan se hoogste suksesvolle EDI-lopiejaag.[98]
Dit is Afghanistan se eerste EDI-oorwinning oor Pakistan nog.[98][99]
Suid-Afrika wen met 149 lopies Wankhedestadion, Mumbai Skeidsregters: Ahsan Raza (Pak) vir Alex Wharf (Eng) en Joel Wilson (WI) Speler van die wedstryd: Quinton de Kock (RSA)
Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Glenn Maxwell 106 (44) Logan van Beek 4/74 (10 boulbeurte)
Vikramjit Singh 25 (25) Adam Zampa 4/8 (3 boulbeurte)
Australië wen met 309 lopies Feroz Shah Kotla Ground, Nieu-Delhi Skeidsregters: Michael Gough (Eng) en Sharfuddoula (Ban) Speler van die wedstryd: Glenn Maxwell (Aus)
Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Beide David Warner en Glenn Maxwell (albei Aus) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[50]
David Warner moker sy sesde wêreldbekerhondertal, die eerste Australiër wat daarin slaag.[101]
Glenn Maxwell (Aus) moker die vinnigste wêreldbekerhondertal (in 40 aflewerings) en verbeter Aiden Markram (RSA) se vorige rekord teen Sri Lanka tydens dieselfde toernooi.[101][102]
Glenn Maxwell se honderdtal is ook die vinnigste vir Australië in enige EDI.[101]
Bas de Leede (Ned) boul die duurste spel in ’n krieketwêreldbekerwedstryd en laat 115 lopies in sy tien boulbeurte toe, waarmee hy die duurste EDI-snelbouler word, voor Mick Lewis en Adam Zampa (albei met 113 lopies).[101][103]
Australië se oorwinning met 309 lopies is die grootste in die krieketwêreldbekergeskiedenis, meer as hul oorwinning oor Afghanistan met 275 lopies tydens die 2015-toernooi.[101][104][105]
Ben Stokes 43 (73) Lahiru Kumara 3/35 (7 boulbeurte)
Pathum Nissanka 77* (83) David Willey 2/30 (5 boulbeurte)
Sri Lanka wen met agt paaltjies M. Chinnaswamy-stadion, Bangalore Skeidsregters: Chris Brown (NZ) en Adrian Holdstock (RSA) Speler van die wedstryd: Lahiru Kumara (SL)
Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Suid-Afrika wen met een paaltjie M. A. Chidambaram-stadion, Chennai Bywoning: 29983[106] Skeidsregters: Paul Reiffel (Aus) en Alex Wharf (Eng) Speler van die wedstryd: Tabraiz Shamsi (RSA)
Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Usama Mir het Shadab Khan (albei Pak) tydens die tweede kolfbeurt as ’n plaasvervanger vir harsingskudding vervang.[107]
Travis Head 109 (67) Glenn Phillips 3/37 (10 boulbeurte)
Rachin Ravindra 116 (89) Adam Zampa 3/74 (10 boulbeurte)
Australië wen met vyf lopies HPCA-stadion, Dharamshala Skeidsregters: Marais Erasmus (RSA) en Sharfuddoula (Ban) Speler van die wedstryd: Travis Head (Aus)
Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Australië word die eerste span wat in 100 wêreldbekerwedstryde speel.[108]
Beide Travis Head (Aus) en Rachin Ravindra (NZ) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[50]
Dit is Australië se derde agtereenvolgende EDI-telling van meer as 350 lopies, die eerste span wat daarin slaag.[109]
Australië moker vir die eerste keer 20 sesse in ’n EDI en dit is ook die meeste sesse teen Nieu-Seeland in ’n EDI nog.[109]
Dit is die hoogste telling teen Nieu-Seeland in ’n wêreldbekerwedstryd nog.[109]
Nieu-Seeland se lopiejaag is die hoogste in ’n wêreldbekerwedstryd nog en ook die meeste lopies wat Australië in ’n wêreldbekerwedstryd toelaat.[109]
Rachin Ravindra moker die vinnigste honderdtal vir Nieu-Seeland in ’n wêreldbekerwedstryd nog en ook die vinnigste teen Australië in ’n wêreldbekerwedstryd (in 77 aflewerings).[109]
Die 771 aangetekende lopies is die meeste in ’n wêreldbekerwedstryd nog, meer as die 754 lopies tussen Suid-Afrika en Sri Lanka tydens dieselfde toernooi.[109][110]
Scott Edwards 68 (89) Mustafizur Rahman 2/36 (10 boulbeurte)
Mehidy Hasan 35 (40) Paul van Meekeren 4/23 (7.2 boulbeurte)
Nederland wen met 87 lopies Eden Gardens, Kolkata Skeidsregters: Joel Wilson (WI) en Paul Wilson (Aus) Speler van die wedstryd: Paul van Meekeren (Ned)
Nederland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Rohit Sharma 87 (101) David Willey 3/45 (10 boulbeurte)
Liam Livingstone 27 (46) Mohammed Shami 4/22 (7 boulbeurte)
Indië wen met 100 lopies BRSABV Ekana-krieketstadion, Lucknow Bywoning: 46000[111] Skeidsregters: Adrian Holdstock (RSA) en Rod Tucker (Aus) Speler van die wedstryd: Rohit Sharma (Ind)
Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Afghanistan wen met sewe paaltjies Maharashtra-krieketverenigingstadion, Pune Bywoning: 12177[113] Skeidsregters: Chris Gaffaney (NZ) en Richard Illingworth (Eng) Speler van die wedstryd: Fazalhaq Farooqi (Afg)
Afghanistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Rashid Khan (Afg) speel in sy 100ste EDI-wedstryd.[114]
Fakhar Zaman 81 (74) Mehidy Hasan 3/60 (9 boulbeurte)
Pakistan wen met sewe paaltjies Eden Gardens, Kolkata Skeidsregters: Richard Kettleborough (Eng) en Nitin Menon (Ind) Speler van die wedstryd: Fakhar Zaman (Pak)
Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Beide Shaheen Afridi (Pak) en Mehidy Hasan (Ban) neem hul 100ste EDI-paaltjies.[115]
Bangladesj is hiermee uit die toernooi geskakel.[116]
Suid-Afrika wen met 190 lopies Maharashtra-krieketverenigingstadion, Pune Bywoning: 31940[117] Skeidsregters: Kumar Dharmasena (SL) en Ahsan Raza (Pak) Speler van die wedstryd: Rassie van der Dussen (RSA)
Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Suid-Afrika slaan die meeste sesse deur een span gedurende ’n krieketwêreldbekertoernooi (82), meer as Engeland se 76 sesse tydens die 2019-toernooi.[118]
Suid-Afrika haal die rekord vir die meeste tellings met meer as 300 lopies in een kalenderjaar as hulle eerste gekolf het (8), meer as Australië en Engeland se sewe in onderskeidelik 2007 en 2019.[118]
Suid-Afrika teken vir die eerste keer vier tellings met meer as 350 lopies in een krieketwêreldbekertoernooi aan en hul altesaam negende in al die wêreldbekertoernooie, waarmee hulle Australië se rekord ewenaar.[118]
Quinton de Kock moker sy vierde krieketwêreldbekerhonderdtal, waarmee hy die derde beste kolwer in ’n wêreldbekertoernooi word, ná Kumar Sangakkara (met vier in 2015) en Rohit Sharma (met vyf in 2019).[118]
Quinton de Kock se 545 lopies is die meeste deur ’n Suid-Afrikaanse kolwer in ’n wêreldbekertoernooi, meer as Jacques Kallis se 485 lopies tydens die 2007-toernooi. Dit is ook die meeste deur ’n paaltjiewagter in ’n wêreldbekertoernooi, meer as Kumar Sangakkara se 541 lopies tydens die 2015-toernooi.[118]
Dit is Quinton de Kock en Rassie van der Dussen se tweede vennootskap van meer as 200 lopies gedurende een wêreldbekertoernooi, waarmee hulle Tillakaratne Dilshan en Upul Tharanga (SL) se 2015-rekord ewenaar.[118]
Dit is die agtste honderdtal deur ’n Suid-Afrikaanse kolwer in ’n wêreldbekertoernooi, waarmee hulle Sri Lanka se 2015-rekord ewenaar.[118]
357 lopies is Suid-Afrika se grootste EDI-telling teen Nieu-Seeland nog.[118]
Dit is Suid-Afrika se eerste krieketwêreldbekeroorwinning oor Nieu-Seeland sedert 1999.[118]
Suid-Afrika word die eerste span wat nege EDIs met meer as 100 lopies gedurende een kalenderjaar kon wen, meer as Pakistan se agt in 1999.[118]
Kasun Rajitha 14 (17) Mohammed Shami 5/18 (5 boulbeurte)
Indië wen met 302 lopies Wankhedestadion, Mumbai Skeidsregters: Chris Brown (NZ) en Paul Reiffel (Aus) Speler van die wedstryd: Mohammed Shami (Ind)
Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Dilshan Madushanka (SL) neem sy eerste EDI-vyf-paaltjie-oes.[60][119]
Sri Lanka teken die vierde laagste krieketwêreldbekertelling en die laagste deur ’n toetsland aan, minder as Bangladesj se telling van 58 lopies teen Wes-Indië tydens die 2011-toernooi.[120]
Mohammed Shami (Ind) word ná Mitchell Starc (Aus) die tweede bouler wat drie vyf-paaltjie-oeste in ’n krieketwêreldbekertoernooi neem.[120][121]
Mohammed Shami word ook die vorste Indiese bouler met 45 krieketwêreldbekerpaaltjies, meer as Zaheer Khan se 44 paaltjies.[120][122][123]
Hy word ook die eerste Indiese bouler wat vier EDI-vyf-paaltjie-oeste neem.[120]
Dit is die vierde keer in 2023 wat Sri Lanka vir minder as 100 lopies uitgeboul word, waarvan drie keer teen Indië, die meeste deur enige span in ’n kalenderjaar.[120]
Dit is Indië se grootste krieketwêreldbekeroorwinning nog.[124][105]
Indië se oorwinning met 302 lopies is die naasgrootste in die krieketwêreldbekergeskiedenis ná Australië se oorwinning oor Nederland met 309 lopies tydens dieselfde toernooi.[120][125]
Dit is die vierde EDI-oorwinning met meer 300 lopies in 2023, die meeste in enige kalenderjaar.[120][105]
Afghanistan wen met sewe paaltjies BRSABV Ekana-krieketstadion, Lucknow Bywoning: 20500[127] Skeidsregters: Nitin Menon (Ind) en Sharfuddoula (Ban) Speler van die wedstryd: Mohammad Nabi (Afg)
Nederland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Mujeeb Ur Rahman (Afg) neem sy 100ste EDI-paaltjie.[128]
Rachin Ravindra 108 (94) Mohammad Wasim jr. 3/60 (10 boulbeurte)
Fakhar Zaman 126* (81) Tim Southee 1/27 (5 boulbeurte)
Pakistan wen met 21 lopies (DLS-metode) M. Chinnaswamy-stadion, Bangalore Skeidsregters: Richard Kettleborough (Eng) en Paul Wilson (Aus) Speler van die wedstryd: Fakhar Zaman (Pak)
Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Ná reën tydens Pakistan se kolfbeurt is die wedstryd afgelas.
Ish Sodhi (NZ) speel in sy 50ste EDI-wedstryd.
Beide Rachin Ravindra (NZ) en Fakhar Zaman (Pak) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[50]
Rachin Ravindra word die eerste kolwer wat drie honderdtalle in sy eerste krieketwêreldbekertoernooi moker. Hy word ook die eerste Nieu-Seelandse kolwer wat drie honderdtalle in ’n krieketwêreldbekertoernooi aanteken.[130]
Dit is Nieu-Seeland se hoogste telling in ’n krieketwêreldbekerwedstryd.[130]
Nieu-Seeland se telling is die hoogste nog teen Pakistan in ’n krieketwêreldbekerwedstryd.[130]
Fakhar Zaman moker die vinnigste honderdtal vir Pakistan in ’n wêreldbekerwedstryd (in 63 aflewerings).[130]
Fakhar Zaman en Babar Azam teken 194 lopies om die tweede paaltjie aan, die hoogste vennootskap om ’n paaltjie vir Pakistan nog in ’n krieketwêreldbekerwedstryd.[130]
Suid-Afrika vorder hiermee tot die halfeindrondte.[132]
Ben Stokes 64 (90) Adam Zampa 3/21 (10 boulbeurte)
Australië wen met 33 lopies Narendra Modi-stadion, Ahmedabad Bywoning: 55052[133] Skeidsregters: Marais Erasmus (RSA) en Chris Gaffaney (NZ) Speler van die wedstryd: Adam Zampa (Aus)
Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Engeland is hiermee uit die toernooi geskakel.[134]
Marco Jansen 14 (30) Ravindra Jadeja 5/33 (9 boulbeurte)
Indië wen met 243 lopies Eden Gardens, Kolkata Bywoning: 58000[135] Skeidsregters: Kumar Dharmasena (SL) en Paul Reiffel (Aus) Speler van die wedstryd: Virat Kohli (Ind)
Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Virat Kohli (Ind) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[50]
Virat Kohli ewenaar Sachin Tendulkar (albei Ind) se rekord vir die meeste EDI-honderdtalle (49).[136][137]
Ravindra Jadeja (Ind) neem ’n vyf-paaltjie-oes.[60]
Suid-Afrika teken sy laagste krieketwêreldbekertelling nog aan, minder as hul 149 lopies teen Australië tydens die 2007-toernooi.[138]
Dit is die vierde keer in 2023 wat Indië sy opponent vir minder as 100 lopies uitboul, die meeste deur enige span in ’n kalenderjaar.[137]
Dit is ook Indië se vyfde oorwinning met meer as 200 lopies in 2023, die meeste deur enige span in ’n kalenderjaar.[137]
Dit is Suid-Afrika se ergste EDI-nederlaag, meer as hul 2002-nederlaag teen Pakistan met 182 lopies.[137][139]
Bangladesj wen met drie paaltjies Feroz Shah Kotla Ground, Nieu-Delhi Skeidsregters: Marais Erasmus (RSA) en Richard Illingworth (Eng) Speler van die wedstryd: Shakib Al Hasan (Ban)
Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Charith Asalanka (SL) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[50]
Angelo Mathews (SL) word die eerste speler in internasionale krieket wat vanweë verstroke tyd uit is.[140]
Dit is Bangladesj se eerste krieketwêreldbekeroorwinning oor Sri Lanka nog.[141]
Sri Lanka is hiermee uit die toernooi geskakel.[142]
Australië wen met drie paaltjies Wankhedestadion, Mumbai Skeidsregters: Michael Gough en Alex Wharf (Eng) Speler van die wedstryd: Glenn Maxwell (Aus)
Afghanistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Beide Ibrahim Zadran (Afg) en Glenn Maxwell (Aus) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[50]
Ibrahim Zadran word die eerste Afghaanse kolwer wat ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aanteken.[143]
Glenn Maxwell en Pat Cummins teken met 202 lopies die hoogste agtste paaltjievennootskap in EDIs aan, meer as Andrew Hall en Justin Kemp (albei RSA) se 138 lopies teen Indië in 2006.[144]
Glenn Maxwell word die eerste Australiese kolwer wat ’n EDI-tweehonderdtal aanteken.[145]
Glenn Maxwell moker ook die hoogste individuele EDI-telling deur ’n Australiese kolwer, meer as Shane Watson se 185 lopies, en die hoogste deur ’n nie-aanvangskolwer, meer as Charles Coventry (Zim) se 194 lopies.[146][147] Dit is ook die hoogste individuele EDI-telling vir ’n span wat tweede gekolf het.[148]
Australië vorder hiermee tot die halfeindrondte.[149]
Ben Stokes 108 (84) Bas de Leede 3/74 (10 boulbeurte)
Teja Nidamanuru 41* (34) Moeen Ali 3/42 (8.2 boulbeurte)
Engeland wen met 160 lopies Maharashtra-krieketverenigingstadion, Pune Bywoning: 9217[150] Skeidsregters: Ahsan Raza (Pak) en Rod Tucker (Aus) Speler van die wedstryd: Ben Stokes (Eng)
Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Ben Stokes (Eng) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[50]
Nederland is hiermee uit die toernooi geskakel.[151]
Nieu-Seeland wen met vyf paaltjies M. Chinnaswamy-stadion, Bangalore Bywoning: 16500[152] Skeidsregters: Adrian Holdstock (RSA) en Joel Wilson (WI) Speler van die wedstryd: Trent Boult (NZ)
Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Charith Asalanka (SL) speel in sy 50ste EDI-wedstryd.
Trent Boult word die derde Nieu-Seelandse bouler wat 600 paaltjies in internasionale krieket neem. Hy word ook die eerste Nieu-Seelandse bouler wat sy 50ste krieketwêreldbekerpaaltjie neem.[123][153]
Mitchell Santner ewenaar Daniel Vettori se rekord vir die meeste paaltjies deur ’n Nieu-Seelandse bouler in ’n krieketwêreldbekertoernooi.[154]
Suid-Afrika wen met vyf paaltjies Narendra Modi-stadion, Ahmedabad Bywoning: 10927[155] Skeidsregters: Chris Brown (NZ) en Nitin Menon (Ind) Speler van die wedstryd: Rassie van der Dussen (RSA)
Afghanistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Towhid Hridoy 74 (79) Adam Zampa 2/32 (10 boulbeurte)
Mitchell Marsh 177* (132) Taskin Ahmed 1/61 (10 boulbeurte)
Australië wen met agt paaltjies Maharashtra-krieketverenigingstadion, Pune Skeidsregters: Marais Erasmus (RSA) en Ahsan Raza (Pak) Speler van die wedstryd: Mitchell Marsh (Aus)
Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Mitchell Marsh (Aus) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[50]
Dit is Australië se eerste suksesvolle lopiejaag van meer as 300 lopies in ’n krieketwêreldbekerwedstryd.[158]
Ben Stokes 84 (76) Haris Rauf 3/64 (10 boulbeurte)
Salman Ali Agha 51 (45) David Willey 3/56 (10 boulbeurte)
Engeland wen met 93 lopies Eden Gardens, Kolkata Bywoning: 37661[159] Skeidsregters: Rod Tucker en Paul Wilson (Aus) Speler van die wedstryd: David Willey (Eng)
Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Haris Rauf (Pak) staan met 533 die meeste lopies in ’n wêreldbekertoernooi af (in nege wedstryde), meer as Adil Rashid (Eng) se 526 lopies tydens die 2019-toernooi (in elf wedstryde).[160]
David Willey (Eng) neem sy 100ste EDI-paaltjie.[161]
Nieu-Seeland vorder hiermee tot die halfeindrondte.[162]
Pakistan is hiermee uit die toernooi geskakel.[163]
Shreyas Iyer 128* (94) Bas de Leede 2/82 (10 boulbeurte)
Teja Nidamanuru 54 (39) Mohammed Siraj 2/29 (6 boulbeurte)
Indië wen met 160 lopies M. Chinnaswamy-stadion, Bangalore Skeidsregters: Chris Gaffaney (NZ) en Michael Gough (Eng) Speler van die wedstryd: Shreyas Iyer (Ind)
Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Beide Shreyas Iyer en KL Rahul (albei Ind) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[50]
Indië stel ’n nuwe rekord op vir die meeste EDI-tellings van meer 350 lopies in een kalenderjaar (8), meer as Engeland se sewe in 2019.[74]
Vir die eerste keer in ’n krieketwêreldbekerwedstryd moker die eerste vyf kolwers in ’n kolfbeurt meer as 50 lopies elk.[74]
KL Rahul moker die vinnigste honderdtal vir Indië in ’n wêreldbekerwedstryd nog (in 62 aflewerings), vinniger as Rohit Sharma se honderdtal teen Afghanistan tydens dieselfde toernooi (in 63 aflewerings).[74]
Shreyas Iyer en KL Rahul teken met 208 lopies die hoogste vierde paaltjievennootskap in ’n wêreldbekerwedstryd vir Indië aan.[74]
Indië stel ’n nuwe rekord op vir die meeste sesse in ’n kalenderjaar (215), meer as Wes-Indië se 209 in 2019.[74]
Rohit Sharma stel ’n nuwe rekord vir die meeste sesse in ’n kalenderjaar op (60), meer as AB de Villiers (RSA) se 58 in 2015.[74][164]
Uitklopfase
Die uitklopfase het uit twee halfeindwedstryde bestaan, waarvan die twee wenners in die eindstryd op die Narendra Modi-stadion in Ahmedabad ontmoet het. Die Internasionale Krieketraad het verklaar dat indien Indië vir die halfeindstryd sou kwalifiseer, die wedstryd op die Wankhedestadion in Mumbai beslis sou word, tensy hul opponent Pakistan was, dan sou die wedstryd op Eden Gardens in Kolkata beslis word. Al die uitklopwedstryde het ’n reserwedag gehad.[165]
Virat Kohli 117 (113) Tim Southee 3/100 (10 boulbeurte)
Daryl Mitchell 134 (119) Mohammed Shami 7/57 (9.5 boulbeurte)
Indië wen met 70 lopies Wankhedestadion, Mumbai Bywoning: 32801[166] Skeidsregters: Richard Illingworth (Eng) en Rod Tucker (Aus) Speler van die wedstryd: Mohammed Shami (Ind)
Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Beide Mohammed Shami en Kuldeep Yadav (albei Ind) speel in hul 100ste EDI-wedstryd.[167]
Beide Virat Kohli en Shreyas Iyer (albei Ind), asook Daryl Mitchell (NZ) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[50]
Rohit Sharma (Ind) slaan sy 51ste ses in krieketwêreldbekertoernooie en verbeter Chris Gayle (WI) se vorige rekord van 49 sesse.[50][168]
Virat Kohli verbeter ook Sachin Tendulkar se rekord vir die meeste lopies tydens ’n krieketwêreldbekertoernooi (673), opgestel tydens die 2003-toernooi, en Greg Chappell (Aus) se rekord vir die meeste lopies tydens ’n reeks (686).[168][169]
Shreyas Iyer moker die vinnigste honderdtal vir Indië in ’n uitklopwedstryd nog (in 67 aflewerings), vinniger as Adam Gilchrist se honderdtal teen Sri Lanka tydens die 2007-eindstryd (in 72 aflewerings).[74]
Indië se telling is die grootste in ’n uitklopwedstryd nog, meer as Nieu-Seeland se telling teen Wes-Indië tydens die 2015-kwarteindstryd (393/6).[168]
Mohammed Shami (Ind) neem ’n vyf-paaltjie-oes.[60] Daarmee word hy die eerste bouler wat vier vyf-paaltjie-oeste tydens ’n krieketwêreldbekertoernooi neem.[168]
Mohammed Shami neem sewe paaltjies en word sodoende die eerste Indiese bouler wat sewe EDI-paaltjies en die vinnigste bouler wat 50 krieketwêreldbekerpaaltjies neem (in 17 kolfbeurte), vinniger as Mitchell Starc (Aus) wat dié mylpaal in 19 kolfbeurte behaal het. Hy word ook die eerste bouler wat dié prestasie in ’n uitklopwedstryd behaal.[168][170]
Hy behaal ook die beste EDI-boulsyfers vir Indië, beter as Stuart Binny se 6/4, en ook die beste wêreldbekerboulsyfers vir Indië, beter as Ashish Nehra se 6/23 tydens die 2003-toernooi.[171]
Vir die eerste keer wen Indië tien agtereenvolgende EDI-wedstryde.[172]
Indië haal vir die vierde keer ná 1983, 2003 en 2011 die eindstryd.[173]
David Miller 101 (116) Mitchell Starc 3/34 (10 boulbeurte)
Travis Head 62 (48) Tabraiz Shamsi 2/42 (10 boulbeurte)
Australië wen met drie paaltjies Eden Gardens, Kolkata Bywoning: 47825[174] Skeidsregters: Richard Kettleborough (Eng) en Nitin Menon (Ind) Speler van die wedstryd: Travis Head (Aus)
Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Tabraiz Shamsi (RSA) speel in sy 50ste EDI-wedstryd.
David Miller (RSA) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[50] Daarmee word hy die eerste Suid-Afrikaanse kolwer wat ’n krieketwêreldbekerhonderdtal in ’n uitklopwedstryd moker.[175]
Dit is Suid-Afrika se vyfde verlore krieketwêreldbekerhalfeindstryd.
Australië kwalifiseer vir ’n rekord van agt krieketwêreldbekereindwedstryde.[176]
Travis Head 137 (120) Jasprit Bumrah 2/43 (9 boulbeurte)
Australië wen met ses paaltjies Narendra Modi-stadion, Ahmedabad Bywoning: 92453[178] Skeidsregters: Richard Illingworth en Richard Kettleborough (Eng) Speler van die wedstryd: Travis Head (Aus)
Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Dit was die eerste keer sedert die 2003-toernooi wat Australië en Indië in ’n eindstryd ontmoet het.[179]
Travis Head (Aus) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[50] Hy moker die hoogste individuelle telling vir ’n span wat tweede gekolf het en word die eerste kolwer wat honderdtalle in twee eindstryde (ná die Wêreldtoetskampioenskap 2021–2023-eindstryd) slaan. Sy 199 lopies in die uitklopfase is ook die hoogste deur enige kolwer.[172]
Australië wen die krieketwêreldbeker vir ’n sesde keer.[172][180]