Die Krieketwêreldbeker 1996 (Engels: 1996 Cricket World Cup; Hindi: १९९६ क्रिकेट विश्व कप; Singalees: 1996 ක්රිකට් ලෝක කුසලානය; Tamil: 1996 துடுப்பாட்ட உலகக்கிண்ணம்; Oerdoe: کرکٹ عالمی کپ 1996ء) is van 14 Februarie tot 17 Maart 1996 in Indië, Pakistan en Sri Lanka beslis. Dit was die sesde krieketwêreldbeker van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en die tweede op die Indiese subkontinent. Indië en Pakistan het voorheen die 1987-toernooi gesamentlik gehuisves. Die Krieketwêreldbeker 1996 is deur die Indiese konglomeraatmaatskappy ITC Beperk geborg en staan dus amptelik bekend as die Wills Wêreldbeker 1996, genoem na dié maatskappy se sigarethandelsmerk Wills Navy Cut.
Twaalf nasionale krieketspanne het aan die Krieketwêreldbeker 1996 deelgeneem: Die destydse nege toetskrieketlande (Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe), saam met die drie beste spanne van die IKK-trofee 1994 (Kenia, Nederland en die Verenigde Arabiese Emirate). Tydens die Krieketwêreldbeker 1996 is 37 wedstryde gespeel, waaronder 30 tydens die groepfase en sewe in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in twee groepe van ses elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die vier beste spanne van elke groep het hierna vir die kwarteindrondte gekwalifiseer. Elke wedstryd het uit 50 boulbeurte per span bestaan.[3]
Die toernooi is reeds voor die begin deur kontroverse geteister aangesien die spele in Sri Lanka tydens die burgeroorlog in dié land aangebied sou word. Die spanne van Australië en Wes-Indië het ná die Tamil Tigers se bomaanslag op die Sentrale Bank in Colombo in Januarie 1996 geweier om in Sri Lanka teen dié land se nasionale krieketspan te speel. Ná uitgebreide onderhandelinge het die Internasionale Krieketraad beslis dat albei wedstryde weens verbeuring aan Sri Lanka toegeken sal word. As gevolg van hierdie besluit het Sri Lanka regstreeks vir die kwarteindrondte gekwalifiseer voordat hulle hoegenaamd ’n wedstryd gespeel het.[4]
Sri Lanka het die eindstryd op Gaddafistadion in Lahore teen Australië met sewe paaltjies gewen en sodoende sy eerste titel ingepalm. Indië en Wes-Indië was die ander twee semi-finaliste. Die verdedigende kampioen en medegasheer Pakistan is in die halfeindstryd te Bangalore deur die aartsvyand Indië met 39 lopies geklop. Suid-Afrika het sy kwarteindstryd te Karatsji teen Wes-Indië met 19 lopies verloor. Die nasionale krieketspanne van Kenia, Nederland en die Verenigde Arabiese Emirate het vir die eerste keer aan ’n krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem.
Die IKR het die Krieketwêreldbeker 1996 toegewys aan Indië, Pakistan en Sri Lanka. Van die ander kandidaatlande was Engeland en Suid-Afrika.[5]
Die volgende twaalf spanne het vir die Krieketwêreldbeker 1996 gekwalifiseer: Australië, Engeland, Indië (medegasheer), Nieu-Seeland, Pakistan (medegasheer), Sri Lanka (medegasheer), Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe het as volle lede van die Internasionale Krieketraad met toetskrieketstatus regstreeks vir die Krieketwêreldbeker 1996 gekwalifiseer. Kenia, Nederland en die Verenigde Arabiese Emirate was spanne sonder toetsstatus en het tydens die IKR-trofee 1994 gekwalifiseer.
Indië het 17 wedstryde op 17 verskeie plekke gehuisves, terwyl Pakistan 16 wedstryde op ses plekke en Sri Lanka vier wedstryde op drie plekke aangebied het.
Die Krieketwêreldbeker 1996 is oor 33 dae tussen twaalf verskillende spanne oor 37 wedstryde beslis. Dit het op 14 Februarie 1996 op Sardar Patel-stadion, Ahmedabad, Indië, met die openingswedstryd tussen Engeland en Nieu-Seeland begin. Die toernooi het geëindig op Gaddafistadion in Lahore, Pakistan, op 17 Maart met die eindstryd tussen Australië en Sri Lanka, waartydens Sri Lanka die Wills Wêreldbeker ingepalm het.
Kalender
Die volgende tabel dui die Krieketwêreldbeker 1996 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op die openingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
Meer inligting Groepfase Februarie/Maart, Wo 14 ...
Die Krieketwêreldbeker 1996 is deur twaalf nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die twaalf deelnemende spanne in twee groepe van ses elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span vyf wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die vier beste spanne van albei groepe het na die uitklopfase deurgedring.
Uitklopfase
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit sewe wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde en die eindstryd. Die vier beste spanne van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die eerste span van albei groepe het teen die vierde span van die ander groep en die tweede span het teen die derde span van die ander groep in die kwarteindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd die volgende dag herhaal.
’n Paneel van twaalf skeidsregters is vir die toernooi ingespan.
Grant Flower 31 (54) Curtly Ambrose 3/28 (10 boulbeurte)
Sherwin Campbell 47 (88) Paul Strang 4/40 (7.3 boulbeurte)
Wes-Indië wen met ses paaltjies Lal Bahadur Shastri-stadion, Hyderabad, Indië Skeidsregters: Steve Dunne (NZ) en Srinivasaraghavan Venkataraghavan (Ind) Speler van die wedstryd: Curtly Ambrose (WI)
Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Sri Lanka wen die wedstryd sonder ’n teenstander (sonder dat ’n bal geboul is) R. Premadasa-stadion, Colombo, Sri Lanka Skeidsregters: Mahboob Shah (Pak) en Cyril Mitchley (RSA) Speler van die wedstryd: nie toegeken nie
geen loot nie
Australië verbeur die wedstryd weens veiligheidskwessies en is in die tyd van die wedstryd in Bombay.[6]
Indië wen met sewe paaltjies Barabatistadion, Cuttack, Indië Skeidsregters: K. T. Francis (SL) en David Shepherd (Eng) Speler van die wedstryd: Sachin Tendulkar (Ind)
Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Dipak Chudasama, Kennedy Otieno, Steve Tikolo, Maurice Odumbe, Hitesh Modi, Thomas Odoyo, Tito Odumbe, Aasif Karim, David Tikolo, Martin Suji en Rajab Ali (almal Ken) het hul EDI-debuut gemaak.
Sachin Tendulkar en Ajay Jadeja se vennootskap om die eerste paaltjie van 163 lopies is die destyds hoogste om ’n paaltjie vir Indië in ’n krieketwêreldbeker en die vierde hoogste openingtelling van ’n honderdtal in ’n krieketwêreldbeker.
Aravinda de Silva 91 (86) Heath Streak 3/60 (10 boulbeurte)
Sri Lanka wen met ses paaltjies Singalese Sportklub, Colombo, Sri Lanka Skeidsregters: Steve Dunne (NZ) en Mahboob Shah (Pak) Speler van die wedstryd: Aravinda de Silva (SL)
Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Asanka Gurusinha en Aravinda de Silva se vennootskap om die derde paaltjie van 172 lopies is die derde hoogste in ’n krieketwêreldbeker.
Indië wen met vyf paaltjies Captain Roop Singh-stadion, Gwalior, Indië Skeidsregters: Khizer Hayat (Pak) en Ian Robinson (Zim) Speler van die wedstryd: Sachin Tendulkar (Ind)
Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Mark Waugh 130 (128) Rajab Ali 3/45 (10 boulbeurte)
Kennedy Otieno 85 (137) Paul Reiffel 2/18 (7 boulbeurte)
Australië wen met 97 lopies Indira Priyadarshini-stadion, Visakhapatnam, Indië Skeidsregters: Cyril Mitchley (RSA) en David Shepherd (Eng) Speler van die wedstryd: Mark Waugh (Aus)
Kenia het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Mark Waugh (Aus) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[7]
Kennedy Otieno en Maurice Odumbe teken 102 lopies aan, dit is die eerste 100-lopies-vennootskap vir Kenia in EDIs.
Kennedy Otieno het met pyn op 82* van 166/3 tot 188/5 afgetree (spierspasma).
Sri Lanka wen die wedstryd sonder ’n teenstander (sonder dat ’n bal geboul is) R. Premadasa, Colombo, Sri Lanka Skeidsregters: Mahboob Shah (Pak) en V. K. Ramaswamy (Ind) Speler van die wedstryd: nie toegeken nie
geen loot nie
Wes-Indië verbeur die wedstryd weens veiligheidskwessies.[6]
Dipak Chudasama 34 (66) Paul Strang 5/21 (9.4 boulbeurte)
Grant Flower 45 (112) Rajab Ali 3/22 (8 boulbeurte)
Zimbabwe wen met vyf paaltjies Moin-ul-Haq-stadion, Patna, Indië Skeidsregters: Khizer Hayat (Pak) en Cyril Mitchley (RSA) Speler van die wedstryd: Paul Strang (Zim)
Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Hierdie wedstryd was geskeduleer om op 25 Februarie gespeel te word. Dié wedstryd het begin, maar is ná 15.5 boulbeurte tydens Zimbabwe se kolfbeurt verlaat.
Australië wen met 16 lopies Wankhedestadion, Bombay, Indië Skeidsregters: Steve Dunne (NZ) en David Shepherd (Eng) Speler van die wedstryd: Mark Waugh (Aus)
Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Mark Waugh (Aus) teken sy tweede agtereenvolgende krieketwêreldbekerhonderdtal aan en word die eerste speler wat daarin slaag.[7]
Steve Tikolo 29 (50) Courtney Walsh 3/46 (9 boulbeurte)
Shivnarine Chanderpaul 19 (48) Maurice Odumbe 3/15 (10 boulbeurte)
Kenia wen met 73 lopies Nehrustadion, Pune, Indië Skeidsregters: Khizer Hayat (Pak) en V. K. Ramaswamy (Ind) Speler van die wedstryd: Maurice Odumbe (Ken)
Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Hierdie is die erste EDI-oorwinning vir Kenia en die eerste EDI-nederlaag vir Wes-Indië teen ’n IKR-geassosieerde lid.
Hierdie is ook die vierde oorwinning in die EDI-geskiedenis deur ’n IKR-geassosieerde lid (almal in krieketwêreldbekertoernooie).
Andy Waller 67 (101) Shane Warne 4/34 (9.3 boulbeurte)
Mark Waugh 76* (109) Paul Strang 2/33 (10 boulbeurte)
Australië wen met agt paaltjies Vidarbha-krieketverenigingveld, Nagpur, Indië Skeidsregters: Steve Dunne (NZ) en David Shepherd (Eng) Speler van die wedstryd: Shane Warne (Aus)
Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Sri Lanka wen met ses paaltjies Feroz Shah Kotla Ground, Delhi, Indië Skeidsregters: Cyril Mitchley (RSA) en Ian Robinson (Zim) Speler van die wedstryd: Sanath Jayasuriya (SL)
Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Tien minute reënvertraging tydens die 39ste boulbeurt in die Indiese kolfbeurt, middagete-pouse verkort om verlore tyd te kompenseer.
Sachin Tendulkar en Mohammad Azharuddin se vennootskap om die derde paaltjie van 175 lopies is die destyds hoogste vennootskap om ’n paaltjie vir Indië in ’n krieketwêreldbeker en die sewende hoogste vennootskap vir ’n span om ’n paaltjie in ’n krieketwêreldbeker.
Ricky Ponting 102 (112) Courtney Walsh 2/35 (9 boulbeurte)
Richie Richardson 93* (133) Mark Waugh 3/38 (10 boulbeurte)
Wes-Indië wen met vier paaltjies Sawai Mansingh-stadion, Jaipur, Indië Skeidsregters: Mahboob Shah (Pak) en David Shepherd (Eng) Speler van die wedstryd: Richie Richardson (WI)
Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Ricky Ponting (Aus) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[7]
Indië wen met 40 lopies Green Park, Kanpur, Indië Skeidsregters: Steve Bucknor (WI) en Cyril Mitchley (RSA) Speler van die wedstryd: Ajay Jadeja (Ind)
Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Vinod Kambli (Ind) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[7]
Navjot Singh Sidhu en Vinod Kambli se vennootskap om die vierde paaltjie van 142 lopies is die vierde hoogste om ’n paaltjie vir Indië in ’n krieketwêreldbeker en die derde hoogste van ’n span om die vierde paaltjie in ’n krieketwêreldbeker.
Indië en Wes-Indië vorder hiermee tot die uitklopfase.
Aravinda de Silva 145 (115) Tito Odumbe 2/34 (5 boulbeurte)
Steve Tikolo 96 (95) Arjuna Ranatunga 2/31 (5 boulbeurte)
Sri Lanka wen met 144 lopies Asgiriyastadion, Kandy, Sri Lanka Skeidsregters: Steve Dunne (NZ) en V. K. Ramaswamy (Ind) Speler van die wedstryd: Aravinda de Silva (SL)
Kenia het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Lameck Onyango (Ken) het sy EDI-debuut gemaak.
Sri Lanka se totaal van 398/5 het Engeland se 363/7 teenoor Pakistan in 1992 as die hoogste EDI-telling oortref. Dié rekord het tot 12 Maart 2006 bestaan toe beide Australië en Suid-Afrika dit in dieselfde wedstryd gebreek het. Dit bly ’n krieketwêreldbekerrekord tot die 2007-toernooi, toe Indië 413/5 teen Bermuda aanteken.[9]
Aravinda de Silva (SL) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[7]
Aravinda de Silva, en vervolgens Arjuna Ranatunga oorskry 5000 lopies in EDI-krieket – die eerste twee van Sri Lanka wat darin geslaag het – tydens hierdie kolfbeurt.
Steve Tikolo moker met 96 lopies die destyds hoogste telling vir Kenia.
Graeme Hick 85 (102) Dion Nash 3/26 (7 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met elf lopies Sardar Patel-stadion, Ahmedabad, Indië Skeidsregters: B. C. Cooray (SL) en Steve Randell (Aus) Speler van die wedstryd: Nathan Astle (NZ)
Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Nathan Astle (NZ) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[7]
Toe Mike Atherton uitgeboul is, het hy op die veld gebly en as ’n hardloper vir Graeme Hick opgetree.
Gary Kirsten 188* (159) Johanne Samarasekera 1/39 (9 boulbeurte)
Arshad Laeeq 43* (79) Brian McMillan 3/11 (8 boulbeurte)
Suid-Afrika wen met 169 lopies Rawalpindi Krieketstadion, Rawalpindi, Pakistan Skeidsregters: Steve Bucknor (WI) en V. K. Ramaswamy (Ind) Speler van die wedstryd: Gary Kirsten (RSA)
Die Verenigde Arabiese Emirate het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Ganesh Mylvaganam, Mohammad Aslam, Shaukat Dukanwala en Shahzad Altaf (almal Verenigde Arabiese Emirate) het hul EDI-debuut gemaak.
Gary Kirsten (RSA) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[7]
Gary Kirsten behaal die destyds hoogste individuele krieketwêreldbekertelling.
Craig Spearman 68 (59) Steven Lubbers 3/48 (9 boulbeurte)
Roland Lefebvre 45 (64) Chris Harris 3/24 (10 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met 119 lopies Moti Bagh-stadion, Baroda, Indië Skeidsregters: Khizer Hayat (Pak) en Ian Robinson (Zim) Speler van die wedstryd: Craig Spearman (NZ)
Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Nolan Clarke, Peter Cantrell, Flavian Aponso, Steven Lubbers, Roland Lefebvre, Tim de Leede, Klaas-Jan van Noortwijk, Marcel Schewe, Bas Zuiderent, Eric Gouka en Paul-Jan Bakker (almal Ned) het hul EDI-debuut gemaak.
Mazhar Hussain 33 (59) Neil Smith 3/29 (9.3 boulbeurte)
Graham Thorpe 44* (66) Arshad Laeeq 1/25 (7 boulbeurte)
Engeland wen met agt paaltjies Arbab Niaz-stadion, Pesjawar, Pakistan Skeidsregters: B. C. Cooray (SL) en V. K. Ramaswamy (Ind) Speler van die wedstryd: Neil Smith (Eng)
Die Verenigde Arabiese Emirate het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Craig White was nie in staat om sy tweede boulbeurt te voltooi nie (syspanning), dié boulbeurt is deur Neil Smith voltooi. White waarskynlik vir die res van die toernooi vervang.
Neil Smith het by 59/1 siek afgetree (nadat hy tydens die 13de boulbeurt op die veld opgooi).
Suid-Afrika wen met vyf paaltjies Iqbalstadion, Faisalabad, Pakistan Bywoning: Sowat 2000 Skeidsregters: Steve Randell (Aus) en Srinivasaraghavan Venkataraghavan (Ind) Speler van die wedstryd: Hansie Cronjé (RSA)
Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Graeme Hick 104* (133) Roland Lefebvre 1/40 (10 boulbeurte)
Klaas van Noortwijk 64 (82) Phil DeFreitas 3/31 (10 boulbeurte)
Engeland wen met 49 lopies Arbab Niaz-stadion, Pesjawar, Pakistan Skeidsregters: Steve Bucknor (WI) en K. T. Francis (SL) Speler van die wedstryd: Graeme Hick (Eng)
Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Floris Jansen (Ned) het sy EDI-debuut gemaak.
Graeme Hick (Eng) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[7]
Shaukat Dukanwala 21* (19) Mushtaq Ahmed 3/16 (7 boulbeurte)
Ijaz Ahmed 50* (57) Johanne Samarasekera 1/17 (3 boulbeurte)
Pakistan wen met nege paaltjies Munisipale Stadion, Gujranwala, Pakistan Skeidsregters: B. C. Cooray (SL) en Srinivasaraghavan Venkataraghavan (Ind) Speler van die wedstryd: Mushtaq Ahmed (Pak)
Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Gary Kirsten 38 (60) Peter Martin 3/33 (10 boulbeurte)
Graham Thorpe 46 (69) Shaun Pollock 2/16 (8 boulbeurte)
Suid-Afrika wen met 78 lopies Rawalpindi Krieketstadion, Rawalpindi, Pakistan Skeidsregters: Steve Randell (Aus) en Ian Robinson (Zim) Speler van die wedstryd: Jonty Rhodes (RSA)
Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Saeed Anwar 83* (92) Peter Cantrell 1/18 (4 boulbeurte)
Pakistan wen met agt paaltjies Gaddafistadion, Lahore, Pakistan Skeidsregters: K. T. Francis (SL) en Steve Bucknor (WI) Speler van die wedstryd: Waqar Younis (Pak)
Nederland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Nieu-Seeland wen met 109 lopies Iqbalstadion, Faisalabad, Pakistan Skeidsregters: B. C. Cooray (SL) en Srinivasaraghavan Venkataraghavan (Ind) Speler van die wedstryd: Roger Twose (NZ)
Die Verenigde Arabiese Emirate het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Wedstryd verkort tot 47 boulbeurte per span weens swaar mis aan die begin van die wedstryd.
Engeland en Nieu-Seeland vorder hiermee tot die uitklopfase.
Die Verenigde Arabiese Emirate is hiermee uit die toernooi geskakel.
Suid-Afrika wen met vyf paaltjies Nasionale Stadion, Karatsji, Pakistan Skeidsregters: K. T. Francis (SL) en Steve Bucknor (WI) Speler van die wedstryd: Hansie Cronjé (RSA)
Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Steve Bucknor vervang Ian Robinson as skeidsregter in hierdie wedstryd ná protes deur Pakistan.
Aamir Sohail (Pak) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[7]
Peter Cantrell 47 (106) Shaukat Dukanwala 5/29 (10 boulbeurte)
Saleem Raza 84 (68) Roland Lefebvre 1/24 (8 boulbeurte)
Verenigde Arabiese Emirate wen met sewe paaltjies Gaddafistadion, Lahore, Pakistan Skeidsregters: Mahboob Shah (Pak) en Steve Randell (Aus) Speler van die wedstryd: Saleem Raza en Shaukat Dukanwala (albei Verenigde Arabiese Emirate)
Die Verenigde Arabiese Emirate het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Robert van Oosterom (Ned) en Saeed-al-Saffar (Verenigde Arabiese Emirate) het hul EDI-debuut gemaak.
Hierdie is die eerste amptelike EDI tussen twee IKR-geassosieerde lede.
Shaukat Dukanwala (VAE) neem ’n vyf-paaltjie-oes.[8]
Azhar Saeed en Saleem Raza se vennootskap om die eerste paaltjie van 117 lopies is die eerste vennootskap van meer as 100 lopies vir die Verenigde Arabiese Emirate tot dusver.
Saleem Raza moker met 84 lopies die destyds hoogste EDI-telling vir die Verenigde Arabiese Emirate.
Hierdie is die eerste EDI-oorwinning vir die Verenigde Arabiese Emirate.
Pakistan wen met sewe paaltjies Nasionale Stadion, Karatsji, Pakistan Skeidsregters: B. C. Cooray (SL) en Srinivasaraghavan Venkataraghavan (Ind) Speler van die wedstryd: Aamer Sohail (Pak)
Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Dominic Cork tree op as ’n hardloper pleks van Robin Smith vir dele van sy boulbeurt.
Phillip DeFreitas en Alec Stewart vervang Fairbrother en Smith op die veld.
Andrew Hudson 161 (132) Eric Gouka 1/32 (2 boulbeurte)
Nolan Clarke 32 (46) Allan Donald 2/21 (6 boulbeurte)
Suid-Afrika wen met 160 lopies Rawalpindi Krieketstadion, Rawalpindi, Pakistan Skeidsregters: Khizer Hayat (Pak) en Steve Randell (Aus) Speler van die wedstryd: Andrew Hudson (RSA)
Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Andrew Hudson (RSA) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[7]
Gary Kirsten en Andrew Hudson se vennootskap om die eerste paaltjie met 186 lopies is die hoogste in ’n krieketwêreldbeker, vierde hoogste vennootskap om ’n paaltjie in ’n krieketwêreldbeker en die hoogste om ’n paaltjie vir Suid-Afrika in ’n krieketwêreldbeker.
Saeed Anwar 62 (67) Robert Kennedy 1/32 (5 boulbeurte)
Stephen Fleming 42 (43) Mushtaq Ahmed 2/32 (10 boulbeurte)
Pakistan wen met 46 lopies Gaddafistadion, Lahore, Pakistan Skeidsregters: K. T. Francis (SL) en Ian Robinson (Zim) Speler van die wedstryd: Saleem Malik (Pak)
Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Wasim Akram is beseer tydens kolfwerk en kon nie boulwerk doen nie.
Sri Lanka wen met vyf paaltjies Iqbalstadion, Faisalabad, Pakistan Skeidsregters: Mahboob Shah (Pak) en Ian Robinson (Zim) Speler van die wedstryd: Sanath Jayasuriya (SL)
Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Sanath Jayasuriya en Asanka Gurusinha se vennootskap om die tweede paaltjie van 101 lopies is Sri Lanka se destyds hoogste in ’n krieketwêreldbekerwedstryd.
Hierdie is die eerste keer in ’n krieketwêreldbeker dat Sri Lanka vir die halfeindrondte kwalifiseer.
Hierdie is ook die eerste keer in ’n krieketwêreldbeker dat Engeland nie vir die halfeindrondte kwalifiseer nie.
Indië wen met 39 lopies M. Chinnaswamy-stadion, Bangalore, Indië Skeidsregters: Steve Bucknor (WI) en David Shepherd (Eng) Speler van die wedstryd: Navjot Sidhu (Ind)
Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Wes-Indië wen met 19 lopies Nasionale Stadion, Karatsji, Pakistan Skeidsregters: K. T. Francis (SL) en Steve Randell (Aus) Speler van die wedstryd: Brian Lara (WI)
Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Brian Lara (WI) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[7]
Shivnarine Chanderpaul en Brian Lara se vennootskap om die tweede van 138 lopies is die hoogste tweede paaltjievennootskap vir Wes-Indië in ’n krieketwêreldbeker.
Chris Harris 130 (124) Glenn McGrath 2/50 (9 boulbeurte)
Mark Waugh 110 (112) Nathan Astle 1/21 (3 boulbeurte)
Australië wen met ses paaltjies M. A. Chidambaram-stadion, Madras, Indië Skeidsregters: Cyril Mitchley (RSA) en Srinivasaraghavan Venkataraghavan (Ind) Speler van die wedstryd: Mark Waugh (Aus)
Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Chris Harris (NZ) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[7]
Lee Germon en Chris Harris se vennootskap om die vierde paaltjie van 168 lopies is die hoogste vierde paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbeker en die hoogste telling om ’n paaltjie vir Nieu-Seeland in ’n krieketwêreldbeker.
Mark Waugh (Aus) teken ook ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[7]
Wedstryd toegeken aan Sri Lanka Eden Gardens, Kalkutta, Indië Skeidsregters: Steve Dunne (NZ) en Cyril Mitchley (RSA) Speler van die wedstryd: Aravinda de Silva (SL)
Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Die wedstryd is deur die skeidsregter toegeken aan Sri Lanka toe die wedstryd as gevolg van die oproerige skare nie voortgesit kon word nie.[10]
Sri Lanka kwalifiseer vir hul eerste krieketwêreldbekereindstryd.
Australië wen met vyf lopies Inderjit Singh Bindra, Mohali, Indië Skeidsregters: B. C. Cooray (SL) en Srinivasaraghavan Venkataraghavan (Ind) Speler van die wedstryd: Shane Warne (Aus)
Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Hierdie is die eerste keer dat Wes-Indië ’n halfeindstryd in ’n krieketwêreldbeker verloor.
Mark Taylor 74 (83) Aravinda de Silva 3/42 (9 boulbeurte)
Aravinda de Silva 107* (124) Damien Fleming 1/43 (6 boulbeurte)
Sri Lanka wen met sewe paaltjies Gaddafistadion, Lahore, Pakistan Skeidsregters: Steve Bucknor (WI) en David Shepherd (Eng) Speler van die wedstryd: Aravinda de Silva (SL)
Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Mark Taylor en Ricky Ponting se vennootskap van 101 lopies is die tweede paaltjievennootskaprekord in ’n krieketwêreldbekereindstryd.
Aravinda de Silva (SL) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[7]
Sri Lanka wen die Krieketwêreldbeker 1996 sonder ’n verlore wedstryd.[11]
Sri Lanka word die eerste medegasheer wat ’n krieketwêreldbeker wen en die eerste land wat ’n krieketwêreldbekereindstryd wen nadat hulle tweede gekolf het.[12]
Sri Lanka wen sy eerste krieketwêreldbeker nadat hulle slegs vier wedstryde in die vorige vyf krieketwêreldbekertoernooie gewen het.[13]