Pesjawar
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Pesjawar (Engels: Peshawar; Persies, Pandjabi en Oerdoe: پشاور; letterlik: "stad aan die grens", Pasjtoe: پېښور) is 'n stad in die noordooste van Pakistan. Die stad het 'n bevolking van 3 055 254 in 2010 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 1 257 km². Pesjawar is geleë net oos van die grens tot Afghanistan en noordwes van Islamabad en Rawalpindi.
Pesjawar is meer as 2500 jaar gelede deur die konings van Gandhara gestig en het weens se geografiese ligging eeue lank as belangrike handelsentrum tussen Indië, Persië en Sentraal-Asië gedien. Die stad word as die Pasjtoene se tweede belangrikste kulturele sentrum ná Kandahar beskou.
Pesjawar was een van die gasheerstede tydens beide die Krieketwêreldbeker 1987 en Krieketwêreldbeker 1996.
Remove ads
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Pesjawar.
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
