From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Pasjtoene (Pasjtoe: پښتانه, Pax̌tānə; manlike enkelvoud: پښتون, Pax̌tūn; vroulik: پښتنه Pax̌tana), histories bekend onder die eksonieme Afghane (Persies: افغان, Afğān)[13][14][15][16] en Pathane (Hindi-Oerdoe: पठान, پٹھان, Paṭhān),[17][18] is 'n Irannese etniese groep inheems aan Afghanistan en Pakistan wat Pasjtoe, 'n Irannese taal, as moedertaal praat.[19]
Pasjtoene | |
---|---|
Totale bevolking: | ca. 49 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | Pakistan ~31 miljoen[1] Afghanistan ~14 miljoen[2] |
Taal: | Pasjtoe (moedertaal) Oerdoe, Persies en Engels as tweede tale |
Geloofsoortuiging: | Hoofsaaklik Soennitiese Islam Minderheid Sjiïtiese Islam |
Verwante etniese groepe: | Ander Irannese volke soos Beloetsje, Hasara, Jesiede, Koerde, Ossetiërs, Perse en Tadjiks |
Wêreldwyd leef sowat 50 miljoen Pasjtoene, waarvan sowat 31 miljoen in Afghanistan (42% van die bevolking) en omtrent 14 miljoen in Pakistan (15%). Hulle is veral aanhangers van die Soennitiese Islam en leef in die sentrale grensgebied tussen albei lande. Die stede Kandahar, Pesjawar en Quetta word as belangrikste kulturele sentrums van die Pasjtoene beskou. Die Pasjtoene beskik oor hul eie etiese kodeks, die "Pasjtoenwali", 'n tradisionele etiekreeks wat die individuele en gemeenskaplike optrede begelei.
Die stamgebied van die Pasjtoene, Pakhtunkhwa of Pasjtoenistan, word sedert 1893 deur die Durandlyn van mekaar geskei. Hierdie grenslyn is tussen die destydse Brits-Indië en die Emiraat van Afghanistan vasgelê en vorm nou die grens tussen beide Afghanistan en Pakistan.[20] Pasjtoenistan grens in die ooste aan Pandjab, in die weste en noorde aan Persies- en Turkstalige gebiede, in die noordooste aan Kasjmir en in die suide aan Beloetsjistan.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.