Tadjiks (volk)

From Wikipedia, the free encyclopedia

Tadjiks (volk)

Die Tadjiks (Dari: تاجيک, Tājīk; Tadjiks: Тоҷик), ook Tadjikse Perse genoem, is 'n Irannese etniese groep inheems aan Tadjikistan, Afghanistan en Oesbekistan. Hulle vorm die titulêre nasie van Tadjikistan, waar hulle sowat 90% van dié land se bevolking uitmaak, en praat Tadjiks, 'n Irannese taal, as moedertaal. Die Tadjiks vorm naas die Oesbeke die tweede grootste etniese groep in Sentraal-Asië. Ander benamings sluit in Fārsī ("Perse"), Fārsīwān ("Persiessprekers") en Dīhgān (letterlik "boer" of "gevestigde dorpenaar").[13]

Thumb
Die Samaniede-ryk (819–999) word as die eerste Tadjikse staat beskou[14]
Thumb
Tadjikse meisies in die Pamir
Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Tadjiks.
Kitsfeite Totale bevolking:, Belangrike bevolkings in: ...
Tadjiks
Thumb
Portrete van Tadjiks in Afghanistan
Totale bevolking: ca. 16–20 miljoen
Belangrike bevolkings  in:  Afghanistan 9,5–11,5 miljoen[1][2]

 Tadjikistan 6,8 miljoen[3]
 Oesbekistan 1,4 of 8–11 miljoen[4][5][6]
 Pakistan 220 000[7]
 Rusland 201 000
 Verenigde State 52 000[8][9]
 Kirgisië 47 500[10]
 Kanada 15 870[11]
 Oekraïne 4 255[12]

Taal: Tadjiks
Geloofsoortuiging: Hoofsaaklik Islam
Histories Zoroastrisme en Boeddhisme
Verwante etniese groepe: Ander Irannese volke soos Beloetsje, Hasara, Jesiede, Koerde, Ossetiërs, Pasjtoene en Perse
Sluit

Tadjiks vorm naas Pasjtoene (42%) die tweede grootste etniese groep in Afghanistan (27%) asook naas Oesbeke (80%) en Russe (5,5%) die derde grootste etniese groep in Oesbekistan (5%). Naas Tadjiks leef nog 'n minderheid van omtrent 1 miljoen Oesbeke (14%) in Tadjikistan. Tadjikse minderhede leef in lande soos Pakistan (220 000) en Rusland (201 000).

Wêreldwyd leef tussen 16 en 20 miljoen Tadjiks, waarvan tussen 9,5 en 11,6 miljoen in Afghanistan, 6,8 miljoen in Tadjikistan en 1,4 miljoen in Oesbekistan. In die Volksrepubliek China behoort die Tadjiks tot een van die 56 amptelik erkende etniese groepe ("nasionaliteite"). Hulle leef veral in die Wes-Chinese outonome gewes van Xinjiang saam met ander etniese groepe soos Oeigoere, Oesbeke, Kasakke en Kirgisiërs.[15][16]

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.