Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Oeigoere (Oeigoers: ئۇيغۇر, Уйғур, Uyghur,[5] [ʔʊjˈʁʊː]; Chinees: 维吾尔族, Pinyin: Wéiwúěr zú) is 'n Turkse etniese groep inheems aan Sentraal-Asië. Hulle woon hoofsaaklik in Xinjiang, 'n "outonome" provinsie van die Volksrepubliek China. Hulle is aan ander Turkse volke soos Azerbeidjanners, Kasakke, Kirgisiërs, Oesbeke, Turke en Turkmene verwant. Daar word derhalwe soms na die gebied as Oos-Turkestan, Oos-Turkmenistan of Oeigoeristan verwys.
Oeigoere | |
---|---|
Jong Oeigoere in Xinjiang | |
Totale bevolking: | ca. 20 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | China 10–15 miljoen[1] Kasakstan 223 100 |
Taal: | Oeigoers |
Geloofsoortuiging: | Hoofsaaklik Soennitiese Islam |
Verwante etniese groepe: | Ander Turkse volke soos Azerbeidjanners, Basjkiriërs, Gagaoesiërs, Karakalpakke, Kasakke, Kirgisiërs, Oesbeke, Tartare, Tsjoewasjiërs, Turke en Turkmene |
Wêreldwyd leef omtrent 20 miljoen Oeigoere, waarvan tussen 10 en 15 miljoen in Xinjiang. In die Volksrepubliek China behoort die Oeigoere tot een van die 56 amptelik erkende etniese groepe ("nasionaliteite"). Hulle leef veral in die Wes-Chinese outonome gewes van Xinjiang saam met ander verwante etniese groepe soos Kasakke, Oesbeke en Kirgisiërs. Oeigoere is naas Han-Chinese, Zhuang, Hui-Chinese en Mantsjoes die vyfde grootste etniese groep in die Volksrepubliek China. Nes Hui-Chinese is Oeigoere een van die grootste groep Moslems in die Volksrepubliek China.
Massale immigrasie van etniese Han-Chinese is egter besig om die inheemse bevolking te verdring en hulle kultuur te vernietig.[6]
Daar is diasporagemeenskappe van Oeigoere in Pakistan, Kasakstan, Kirgisië, Mongolië, Oesbekistan, Duitsland, die Verenigde Koninkryk en Turkye; asook 'n kleiner een in Taoyuan in die Hunan-provinsie van China.[7] Oeigoerse woonbuurte kan in die groot Chinese stede soos Beijing en Sjanghai gevind word.[8] Daar is ook klein, maar aktiewe Oeigoerse gemeenskappe in die Verenigde State van Amerika, veral in Los Angeles, San Francisco, New York Stad en Washington, D.C.; sowel as Toronto en Vancouver in Kanada.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.