From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Tsjoewasjiërs (Tsjoewasjies: чӑваш, [t͡ɕəˈʋaʂ]; Russies: чуваши, [t͡ɕʊˈvaʂɨ]) is 'n Turkse etniese groep inheems aan die outonome republiek Tsjoewasjië in Rusland. Hulle praat Tsjoewasjies, 'n Turkse taal, as moedertaal en Russies as tweede taal. In teenstelling met die ander Turkse volke in Rusland wat hoofsaaklik Islamities is, is die meeste Tsjoewasjiërs aanhangers van die Oosters-Ortodokse Kerk.
Tsjoewasjiërs | |
---|---|
Totale bevolking: | ca. 1,5 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | Rusland 1 435 872[1] Kasakstan 22 305[2] |
Taal: | Tsjoewasjies, Russies |
Geloofsoortuiging: | Oosters-Ortodokse Kerk |
Verwante etniese groepe: | Ander Turkse volke soos Azerbeidjanners, Basjkiriërs, Gagaoesiërs, Karakalpakke, Kasakke, Kirgisiërs, Oeigoere, Oesbeke, Tartare, Turke en Turkmene; Russe |
Tsjoewasjiërs vorm die vyfde grootste etniese groep in Rusland en maak sowat 1,1% van dié land se bevolking volgens die sensus van 2010 uit. Die meeste Tsjoewasjiërs leef in die outonome republiek Tsjoewasjië (Rusland), gevolg deur ander voormalige lande van die Sowjetunie.