Tsjoewasjië
federale deelgebied van Rusland From Wikipedia, the free encyclopedia
federale deelgebied van Rusland From Wikipedia, the free encyclopedia
Tsjoewasjië (Russies: Чувашия, Tsjoewasjija; Tsjoewasjies: Чӑваш Ен, Tsjăwasj Jen) is ’n outonome republiek (’n deelgebied van Rusland) en die tuisland van die Bulgaars-Turkse Tsjoewasjiërs.
Republiek van Tsjoewasjië Чӑваш Ен | ||||
Die ligging van Tsjoewasjië in Rusland. | ||||
Politieke status | ||||
Land | Russiese Federasie | |||
Federale distrik | Wolga | |||
Ekonomiese streek | Wolga-Wjatka | |||
Stigting | 24 Junie 1920 | |||
Regering | ||||
Hoofstad | Tsjeboksari | |||
Leier | Michail Ignatjef | |||
Amp | President | |||
Wetgewer | Staatsraad | |||
Bevolking | ||||
Sensus | 2010 | |||
Totaal | 1 251 619 | |||
Volgorde | 41ste | |||
Digtheid | 68,39/km2 | |||
Stedelik | 58,8% | |||
Plattelands | 41,2% | |||
Statistiek | ||||
Oppervlakte | 351 300 km2 | |||
Volgorde | 15de | |||
Tydsone | UTC+04:00 | |||
Registrasienommer | 21 | |||
Amptelike tale | Russies, Tsjoewasjies | |||
Webtuiste | http://www.cap.ru/ | |||
Wapen en vlag | ||||
| ||||
|
Die Tsjoewasjiërs stam af van vroeë Turks-sprekende Bulgaarse en Sjoewaarse volke wat in die 2de en 3de eeu van Sentraal-Asië na die Noord-Kaukasus getrek het. Hier stig hulle in die 7de eeu die ryk Groot-Bulgarië. Toe die Arabiere hul gebied binneval, trek ’n deel van hulle in die 7de en 8ste eeu na die Balkan-skiereiland, waar hulle met die Slawiërs daar meng. Hierdeur word die grondslag gelê van die huidige Bulgarye.
’n Ander deel trek onder leiding van khan Kotrag na die Sentraal-Wolga-streek en stig in die 10de eeu hier die vroeë Middeleeuse ryk Wolga-Bulgarië. Die Tsjoewasjiërs ontstaan in die 10de eeu uit dié deel van die Bulgaarse bevolking wat hulle nie tot die Islam bekeer het nie. Hul naam kom van die woord Sjoeware.
Tydens die Mongoolse inval van 1236 trek die Tsjoewasje na die noorde en in 1438, met die val van die Goue Horde, word hulle deel van die Khanaat van Kazan. In 1551 aanvaar hulle vrywillig Russiese gesag om hul eie nasie te kan behou en ’n einde te bring aan die voortdurende feodale oorloë wat die gebied verwoes het. Daarna word die streek deel van twee administratiewe distrikte, Kazan en Simbirsk.
Tydens die Russiese Burgeroorlog raak die streek betrokke by die Moslemstaat Idel-Oeral. Op 24 Junie 1920 word die Tsjoewasjiese Outonome Oblast gestig, wat in April 1925 verander in die Tsjoewasjiese OSSR. In 1992 word die huidige outonome Republiek van Tsjoewasjië gestig.
Tsjoewasjië lê in die sentrale deel van Europese Rusland en vorm die hart van die streek Wolga-Wjatka, halfpad tussen Nizjni Nowgorod en Kazan. Dit is een van die kleinste outonome republieke, maar ook een van die digs bevolktes (meer as 70 mense per km²).
Die noordelike en westelike grens word gevorm deur die Wolga-rivier. Binnelandse bure is Mari El (N), Nizjni Nowgorod-oblast (W), Mordowië (S), Oeljanofsk-oblast (S) en Tartarstan (O). Die hoofstad is Tsjeboksari, ’n belangrike nywerheidsentrum wat 560 km wes van Moskou aan die Wolga lê.
Die Wolga- en die Soera-rivier verbind Tsjoewasjië met nasionale en internasionale waters. Na die suide is Wolgograd, Rostov aan die Don, Astrachan, die Kaspiese See en die Swartsee bereikbaar. Na die weste verbind die Wolga Tsjeboksari met Nizjni Nowgorod, Jaroslawl, Moskou en die suidelike dele van Rusland. Vragvervoer is moontlik via Tsjeboksari se rivierhawens na Sint Petersburg, Noworossisk (aan die Swartsee), Astrachan en hawens aan die Donau-rivier. Die rivier is egter van Desember tot April gevries.
Tsjoewasjië het groter soewereiniteit as ander dele van Rusland wat betref plaaslike beleidsrigtings en prosedures. Nikolai Wasilijewitsj Fjodorof, ’n voormalige minister van justisie van die Russiese Federasie, is in 1994 tot eerste president van die republiek verkies en is steeds in die amp. Hy het nouer ekonomiese bande met buitelandse state aangeknoop en moedig die groei van kleinbesighede aan. Die burgemeester van Tsjeboksari, Anatoli Igoemnof, werk ook graag met internasionale maatskappye. Die republiek én die stad het departemente van buitelandse ekonomiese sake.
Die republiek het ’n fassinerende kultuurerfenis. Hoewel Russies oorwegend gebruik word vir besigheid, praat baie mense nog Tsjoewasjies, veral op die platteland. Die taal behoort tot die Bolgar-subgroep van die Turkse taalgroep. In antieke tye is ’n runeskrif gebruik, maar sedert 1871 word ’n aangepaste Cyrilliese alfabet gebruik.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.