Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Mantsjoes (Mantsjoe: ; Möllendorff: manju; Abkai: manju; Vereenvoudigde Chinees: 满族; Tradisionele Chinees: 滿族; pinyin: Mǎnzú; Wade–Giles: Man³-tsu²) behoort tot een van die 56 amptelik erkende etniese groepe ("nasionaliteite") in die Volksrepubliek China. Hul tuiste is die Mantsjoerye in Noordoos-China, wat na dié etniese groep genoem is. Tydens die Qing-dinastie (1644–1912), ook bekend as Mantsjoe-dinastie, China se laaste heersende keiserlike dinastie, het die Mantsjoes oor China, Mongolië en aangrensende gebiede geheers.
Mantsjoes | |
---|---|
Totale bevolking: | 10 430 000 |
Belangrike bevolkings in: | Volksrepubliek China 10 410 585[1] Republiek van China 12 000[2] |
Taal: | Hoofsaaklik Mandaryns, baie min Mantsjoe |
Geloofsoortuiging: | Hoofsaaklik ongebonde, Mantsjoe-sjamanisme, Boeddhisme, Chinese volksgodsdiens |
Verwante etniese groepe: | Ander Toengoesiese volke soos Ewenke, Nanai, Oroqen, Udege en Sibe. |
Die Mantsjoes is die grootste groep van die Toengoesiese volke, maar hul taal, Mantsjoe, is byna uitgestorwe. Mantsjoes praat as moedertaal oorwegend Mandaryns met plaaslike dialekte. Mantsjoes is naas Han-Chinese, Zhuang en Hui-Chinese die vierde grootste etniese groep in die Volksrepubliek China. Hulle is ook die grootste erkende etniese minderheid sonder 'n eie outonome gewes.
Volgens die sensus van 2011 leef in die Volksrepubliek China 10 410 585 Mantsjoes, veral in Noordoos-China, die Mantsjoerye. Groot bevolkings van Mantsjoes leef in die provinsies Liaoning (5 385 287 of 12,88%), Hebei (2 118 711 of 3,18%), Heilongjiang (1 037 080 of 2,86%), Jilin (993 112 of 3,71%), Binne-Mongolië (452 765 of 1,83%) en Beijing (336 000 of 2%). Daarbenewens leef sowat 12 000 Mantsjoes in die Republiek China op Taiwan.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.