From Wikipedia, the free encyclopedia
Singalees of Sinhala (සිංහල, singhala, [ˈsiŋɦələ]) is 'n Indo-Ariese taal wat deur sowat 16 miljoen mense in Sri Lanka gepraat word. Singalees vorm saam met Tamil die amptelike tale van Sri Lanka en is die belangrikste inheemse taal van dié eilandstaat. Singalees is nou verwant aan Dhivehi en word in die Singalese alfabet geskryf, 'n Brahmi-skrif uit die Indiese skriffamilie. Ander verwante tale sluit in Konkani in die Indiese deelstaat Goa en Marathi in die Indiese deelstaat Maharashtra, hoewel Konkani soms as 'n dialek van Marathi beskou word.
Singalees සිංහල singhala | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [ˈsiŋɦələ] | |
Gepraat in: | Sri Lanka | |
Gebied: | Suid-Asië | |
Totale sprekers: | 16 miljoen (moedertaal) 2 miljoen (tweede taal)[1] | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Indo-Irannees Indo-Aries Suid-Indo-Aries Eiland-Indo-Aries Singalees | |
Skrifstelsel: | Singalese alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Sri Lanka | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | si | |
ISO 639-2: | sin | |
ISO 639-3: | sin | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.