Hierdie is 'n lys van omstrede gebiede soos onafhanklike lande en afhanklike gebiede. Omstrede gebiede: Geen internasionale erkenning Min internasionale erkenning Sekere internasionale erkenning Gebiede met omstrede status Omstrede onafhanklike lande Huidige omstrede lande Afrika Internasionale erkenning van die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara: Diplomatieke betrekkinge op Boodskapper-vlak Diplomatiese erkenning Diplomatiese betrekkinge of erkenning gevries of opgeskort Diplomatiese betrekkinge of erkenning gekanselleer of onttrek Internasionale erkenning van Abchasië en Suid-Ossetië Internasionale erkenning van Israel: Lande wat Israel erken Lande wat Israel nie erken nie Lande wat hul erkenning van Israel gekanselleer of onttrek het Internasionale erkenning van Palestina Internasionale erkenning van die Republiek China Internasionale erkenning van Kosovo Internasionale erkenning van die Cookeilande Internasionale erkenning van Niue Arabiese Demokratiese Republiek Sahara, opgeëis deur Marokko en word deur 44 lande erken. Puntland, maak volgens internasionale reg deel uit van Somalië. Somaliland, maak volgens internasionale reg deel uit van Somalië. Asië Abchasië, maak volgens internasionale reg deel uit van Georgië en word slegs deur Rusland, Nicaragua, Venezuela, Nauru, Sirië, Transnistrië en Suid-Ossetië erken.[1][2] Israel word slegs deur 30 lande nie erken nie en is 'n lidland van die Verenigde Nasies. Noord-Korea, opgeëis deur Suid-Korea en word slegs deur Suid-Korea en Japan nie erken nie. Staat Palestina, opgeëis deur Israel, word deur 137 lande erken en is 'n waarnemer van die Verenigde Nasies. Republiek van China, opgeëis deur die Volksrepubliek China en word deur 17 lande erken. Suid-Korea, opgeëis deur Noord-Korea en word slegs deur Noord-Korea nie erken nie. Suid-Ossetië, maak volgens internasionale reg deel uit van Georgië en word slegs deur Rusland, Nicaragua, Venezuela, Nauru, Sirië, die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara, Abchasië en Transnistrië erken.[3] Turkse Republiek van Noord-Siprus, maak volgens internasionale reg deel uit van Siprus en word slegs deur Turkye erken. Volksrepubliek China, opgeëis deur die Republiek China, word deur 176 lande erken en is 'n lidland van die Verenigde Nasies. Europa Kosovo, opgeëis deur Serwië en word deur 102 lande erken. Transnistrië, maak volgens internasionale reg deel uit van Moldowa en word slegs deur Abchasië, die Republiek Artsach en Suid-Ossetië erken. Oseanië Cookeilande, is 'n selfregerende eilandstaat in vrye assosiasie met Nieu-Seeland en word deur 52 lande erken. Niue, is 'n selfregerende eilandstaat in vrye assosiasie met Nieu-Seeland en word deur 20 lande erken. Historiese omstrede lande Afrika Anjouan (1997–2002), maak nou weer deel uit van die Comore-eilande. Azawad (2012–2013), maak nou weer deel uit van Mali. Biafra (1967–1979), slegs deur Gaboen, Haïti, Ivoorkus, Tanzanië en Zaïre erken en maak nou weer deel uit van Suid-Nigerië. Bophuthatswana (1977–1994), 'n voormalige Bantoestan, wat slegs deur Suid-Afrika, Ciskei, Transkei en Venda erken is en maak nou weer deel uit van Suid-Afrika. Ciskei (1981–1994), 'n voormalige Bantoestan, wat slegs deur Suid-Afrika, Bophuthatswana, Transkei en Venda erken is en maak nou weer deel uit van Suid-Afrika. Jubaland (1998–1999), 'n voormalige omstrede gebied in Suid-Somalië. Katanga (1960–1963), 'n staat in die suide van die Demokratiese Republiek die Kongo. Maakhir (2007–2009), maak nou weer deel uit van Somalië. Mohéli (1997–1998), maak nou weer deel uit van die Comore-eilande. Rif-Republiek (1921–1926), maak nou weer deel uit van Marokko. Republiek van Benin (1967), maak nou weer deel uit van die Suid-Nigerië. Rhodesië (1965–1979), slegs deur Suid-Afrika erken en dit is die huidige Zimbabwe. Suid-Kasai (1960–1961), maak nou weer deel uit van die Demokratiese Republiek die Kongo. Suidwes-Somalië (2002–2006), 'n voormalige omstrede gebied in Suid-Somalië. Transkei (1976–1994), 'n voormalige Bantoestan, wat slegs deur Suid-Afrika, Bophuthatswana, Ciskei en Venda erken is en maak nou weer deel uit van Suid-Afrika. Venda (1979–1994), 'n voormalige Bantoestan, wat slegs deur Suid-Afrika, Bophuthatswana, Ciskei en Transkei erken is en maak nou weer deel uit van Suid-Afrika. Asië Adzjarië (1991–2005), maak nou weer deel uit van Suid-Georgië. Islamiese Emiraat Afghanistan (1996–2001), slegs deur Saoedi-Arabië, Pakistan en die Verenigde Arabiese Emirate erken en dit is die huidige Republiek Afghanistan. Kachin-Staat (1962–1994), maak nou weer deel uit van Noord-Mianmar. Nachitsjewan (1990), maak nou weer deel uit van Suid-Azerbeidjan. Outonome Republiek Talysh-Mugan, maak nou weer deel uit van Suid-Azerbeidjan. Republiek Artsach, maak nou weer deel uit van Azerbeidjan. Republiek Mahabad (1946–1947), maak nou weer deel uit van Noordwes-Iran. Tiwa (1991–1992), maak nou weer deel uit van Suid-Rusland. Tsjetsjniese Republiek Itsjkerië (1996–1999), slegs deur Georgië erken en maak nou weer deel uit van die Suidwes-Rusland. Volksrepubliek Kambodja (1979–1989), die huidige Koninkryk Kambodja. Europa Gagausië (1990–1994), maak nou weer deel uit van Suid-Moldowa. Republiek Herceg-Bosna (1993–1994), maak nou weer deel uit van Bosnië en Herzegowina. Republiek Serbiese Krajina (1991–1995), maak nou weer deel uit van Kroasië. Republiek Srpska (1992–1995), maak nou weer deel uit van Bosnië en Herzegowina. Republiek Wes-Bosnië (1993–1995), maak nou weer deel uit van Bosnië en Herzegowina. Volksrepubliek Donetsk, maak volgens internasionale reg deel uit van Oekraïne, maar dit is in 2022 deur Rusland geannekseer. Volksrepubliek Loehansk, maak volgens internasionale reg deel uit van Oekraïne, maar dit is in 2022 deur Rusland geannekseer. Oseanië Bougainville (1990–1997), maak nou weer deel uit van Papoea-Nieu-Guinee. Omstrede afhanklike gebiede Internasionale posisie oor die soewereiniteit van die Falkland-eilande: Falkland-eilande Verenigde Koninkryk Lande wat die Britse aanspraak erken Ander lidlande van die Britse Statebond (wat die Britse aanspraak erken) Argentinië Lande wat die Argentynse aanspraak erken Ander lidlande van die Afrika-unie en Arabiese Liga en Portugal (wat die Argentynse aanspraak erken) Neutrale lande (VSA, Suid-Afrika, Vatikaanstad en ander lidlande van die Europese Unie) Ashmore- en Cartiereilande, 'n Australiese eksterne gebied wat opgeëis word deur Indonesië. Asore, 'n Portugese besitting in die Atlantiese Oseaan wat opgeëis word deur Marokko. Britse Indiese Oseaangebied, 'n Britse oorsese gebied wat opgeëis word deur Mauritius en die Seychelle. Ceuta, 'n Spaanse besitting in Noord-Afrika wat opgeëis word deur Marokko. Falkland-eilande, 'n Britse oorsese gebied in die suidelike Atlantiese Oseaan wat opgeëis word deur Argentinië. Kanariese Eilande, 'n Spaanse besitting in Noord-Afrika wat opgeëis word deur Marokko. Gibraltar, 'n Britse oorsese gebied wat opgeëis word deur Spanje. Koerile, 'n Russiese eilandgroep in die noordwestelike Stille Oseaan wat opgeëis word deur Japan. Madeiraeilande, 'n Portugese besitting in Noord-Afrika wat opgeëis word deur Marokko. Mayotte, 'n Franse oorsese gebied wat opgeëis word deur die Comore-eilande. Melilla, 'n Spaanse besitting in Noord-Afrika wat opgeëis word deur Marokko. Navassa, 'n klein afgelê eiland van die Verenigde State van Amerika wat opgeëis word deur Haïti. Réunion, 'n Franse oorsese gebied wat opgeëis word deur Mauritius. Rotse van Liancourt, 'n groep betwiste en onbewoonde eilandjies in die See van Japan, wat tussen Japan en Suid-Korea omstrede is. Senkaku-eilande, 'n groep van onbewoonde eilande in die Oos-Chinese See, wat opgeëis word deur Japan, China en Taiwan. Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande, 'n Britse oorsese gebied in die suidelike Atlantiese Oseaan wat opgeëis word deur Argentinië. Suidelike Orkneyeilande, 'n Britse oorsese gebied in die suidelike Atlantiese Oseaan wat opgeëis word deur Argentinië. Suidelike Shetlandeilande, 'n Britse oorsese gebied in die suidelike Atlantiese Oseaan wat opgeëis word deur Argentinië. Verspreide Eilande in die Indiese Oseaan, 'n Franse oorsese gebied wat gedeeltelik opgeëis word deur die Comore-eilande, Madagaskar, Mauritius en die Seychelle. Wake-eiland, 'n klein afgelê eiland van die Verenigde State van Amerika wat opgeëis word deur die Marshalleilande. Sien ook Lys van hoofstede Lys van lande Lys van afhanklike gebiede Verwysings [1](en) "Luhansk Recognizes Abkhazia". Civil Georgia. 10 Maart 2022. Besoek op 10 Maart 2022. [2](ru) "Заявление главы ЛНР Леонида Пасечника". Lugansk Information Center. 10 Maart 2022. Besoek op 10 Maart 2022. [3](en) "Luhansk People's Republic Recognizes South Ossetia". The Moscow Times. 28 Januarie 2015. Besoek op 13 Maart 2022. Eksterne skakels Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Lys van omstrede gebiede.Wikiwand - on Seamless Wikipedia browsing. On steroids.