Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Bantoestan verwys na enige van die gebiede wat aangewys is as stamtuislande vir swart Suid-Afrikaners gedurende die apartheidsera. Die term "bantoestan" is eerste in die laat 1940's gebruik, en bestaan uit "bantoe" (wat "mense" in die Bantoetale beteken) en "stan" (wat "land van" beteken), en is afkomstig van Hindoestan.
Die woord "bantoestan" het negatiewe konnotasies wanneer gebruik word om 'n land of gebied te beskryf wat enige ware bestaansreg of mag ontbreek, en word gesien as 'n vorm van nasionale of internasionale afbakeningsknoeiery. Dit is later as 'n neerhalende term gebruik deur teenstanders van die apartheidsregering se "tuislande". Aan die ander kant het dit 'n positiewe konnotasie vir groepe gehad wat onafhanklik van Suid-Afrika wou funksioneer of 'n separatistiese bestaan wou voer.
Hierdie tuislande is deur die blanke apartheidsregering van die Republiek van Suid-Afrika aan swartes toegeken, en was bestem om onafhanklike state onder 'n plan genaamd "afsonderlike ontwikkeling" te word. Hierdie plan sou onafhanklikheid gee aan swartes in hierdie nuut geskepte stamstate, terwyl hulle Suid-Afrikaanse burgerskap ontneem is, wat dan blankes as die meerderheid in Suid-Afrika sou laat. Oorspronklik is beplan om tien bantoestantuislande te stig. Hierdie klein, sogenaamd selfregerende gebiede is onder die Wet op Bantoe-owerhede van 1951 daargestel en het van 1976 af begin om "onafhanklikheid" te verwerf.
Die skeppers en argitekte van apartheid was vasbeslote om die idee van tuislande te laat realiseer, maar dit het nooit die aanvaarding van die internasionale gemeenskap verkry nie en is verafsku deur Suid-Afrikaanse swartes. Die redes hiervoor was:
Die blanke regering het 13% van sy gebied opsygesit vir swart bewoning, en het dit verander in gebiede van swart tuisregering. Daar is gepoog om onafhanklikheid aan hierdie tuislande te gee, terwyl aangevoer is dat die oorblywende 87% dan blanke gebied sou wees. Swart Suid-Afrikaners is (gereeld verkeerdelik) ingedeel volgens etniese groepe wat aan elke tuisland toegewys is. In die meerderheid van hierdie verplasings was die individue wat aan tuislande toegeken is nie in hierdie klein gebiede woonagtig of hiervan afkomstig nie.
Die eerste bantoestan wat gestig is was die Transkei vir die Xhosas, onder leierskap van opperhoof Kaiser Matanzima, in die Kaapprovinsie.
Die volgende bantoestan was Bophuthatswana vir die Tswanas, onder leiding van opperhoof Lucas Mangope. Hierdie land moet nie met Botswana, die voormalige Betsjoeanaland, wat deur die Verenigde Koninkryk geskep is, verwar word nie.
'n Groot bantoestan was KwaZulu vir die Zoeloes in die Natalprovinsie, wat deur 'n lid van die Zoeloes se koningsfamilie, opperhoof Mangosuthu ("Gatsha") Buthelezi, in die naam van die Zoeloekoning gelei is. Hierdie bantoestan het slegs tot selfregering gevorder omdat sy leiers, veral Buthelezi, geglo het hul mense is beter af as deel van Suid-Afrika, eerder as om onafhanklikheid te aanvaar en Suid-Afrikaanse burgerskap te verloor.
Van die tien tuislande in Suid-Afrika het slegs vier selfregerend geword.
Die bantoestans was:
Bantoestan | Hoofstad | Stam | Ampstaal | Jare |
---|---|---|---|---|
Gazankulu | Giyani | Tsongas | Tsonga | 1971–1994 |
Lebowa | Lebowakgomo | Noord-Sotho's | Noord-Sotho | 1972–1994 |
Qwaqwa | Phuthaditjhaba | Basotho | Suid-Sotho | 1974–1994 |
KaNgwane | Schoemansdal (de facto) Louieville |
Swazi's | Swazi | 1981–1994 |
KwaNdebele | KwaMhlanga | Ndebele | Suid-Ndebele | 1981–1994 |
KwaZulu | Nongoma (tot 1980) Ulundi (1980–1994) |
Zoeloes | Zoeloe | 1981–1994 |
Van die tien tuislande in Suidwes-Afrika het slegs vier selfregerend geword.
Die bantoestans was:
Bantoestan | Hoofstad | Stam | Ampstaal | Jare |
---|---|---|---|---|
Oos-Caprivi | Katima Mulilo | Lozis | Lozi | 1972–1989 |
Hereroland | Okakarara | Herero | Herero | 1970–1989 |
Ovamboland | Ondangua | Ovambo's | Oshiwambo | 1973–1989 |
Kavangoland | Rundu | Kawango's | Kawango | 1973–1989 |
Bantoestan | Hoofstad | Stam | Ampstaal | Jare |
---|---|---|---|---|
Boesmanland | Tsumkwe | San | Khoisan | 1989 |
Damaraland | Welwitschia | Damara | Nama | 1980–1989 |
Namaland | Keetmanshoop | Namas | Nama | 1980–1989 |
Kaokoland | Ohopoho | Himbas | Himba | 1970–1989 |
Rehoboth | Rehoboth | Rehoboth-basters | Afrikaans | 1979–1989 |
Tswanaland | Aminuis | Tswanas | Tswana | 1979–1989 |
Die wyse waarop die grense van hierdie gebiede getrek is, is ook van belang: Hulle is verdeel in verskeie landgebiede met kronkelende grense. Trouens, die Suid-Afrikaanse ambassade in Bophuthatswana moes geskuif word omdat dit geblyk het dat dit per ongeluk in Suid-Afrika gebou is.
Lesotho en Eswatini, omring deur Suid-Afrika, was nie bantoestans nie, maar is internasionaal erkende onafhanklike lande en voormalige Britse besittings.
Gedurende die 1980's het hierdie skynnasies, veral Transkei en Bophuthatswana, sentrums geword vir casinodobbelary, wat in daardie tyd onwettig in Suid-Afrika was. Die Wildekus-casino en Sun City-oord is resultate hiervan.
Na 27 April 1994, met die einde van eksklusiewe blanke regering in Suid-Afrika en die algemene verkiesing van 1994, is al die bantoestans tot niet verklaar en die grond en sy burgers grondwetlik ingelyf by die nege nuwe provinsiale regerings om die "nuwe" Suid-Afrika te vorm.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.