From Wikipedia, the free encyclopedia
Die taal Noord-Sotho (Sesotho sa Leboa in Noord-Sotho) is een van die elf amptelike landstale van Suid-Afrika. Dit word deur ongeveer 4 618 500 mense as moedertaal gepraat (2011-sensus), hoofsaaklik Noord-Sotho's. Noord-Sotho is deel van die Sotho-taalfamilie en die Bantoetale.
Noord-Sotho Sesotho sa Leboa | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Suid-Afrika | |
Gebied: | Gauteng, Limpopo, Mpumalanga | |
Totale sprekers: | 4,6 miljoen (moedertaal, 2011)[1] 9,1 miljoen (tweede taal in Suid-Afrika, 2002)[2] | |
Taalfamilie: | Niger-Kongo Atlanties-Kongo Volta-Kongo Benue-Kongo Bantoïed Suidelike Bantoïed Bantoetale Suidelike Bantoetale Sotho Noord-Sotho | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Suid-Afrika | |
Gereguleer deur: | Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | nso | |
ISO 639-3: | nso | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Aangesien die Pedigroep die grootste deel uitmaak van die heterogene Noord-Sothogroep, word daar soms na Noord-Sotho verwys as Pedi (Sepedi in Noord-Sotho).[3]
In vroeër jare is dit veral deur sendelinge verhef tot skryftaal.[3]
Algemene woorde en frases:
Afrikaans | Noord-Sotho |
---|---|
Welkom | Kamogelo (naamwoord) / Amogela (werkwoord) |
Dankie | Ke a leboga (ek bedank u) / Re a leboga (ons bedank u) |
Goeiedag / Hallo | Dumela (enkelvoud) / Dumelang (meervoud) |
Totsiens | Sala gabotse (bly wel) / Sepela gabotse (gaan wel) |
Ek soek werk | Nna ke nyaka mošomô |
Rook verbode | Ga go kgogwe |
Geen ingang | Ga go tsenwe |
Pasop vir die trap | Hlokomela distepse |
Pasop! | Ela tlhoko! |
Veels geluk met jou verjaarsdag | Mahlatse letšatšing la matswalo |
Seisoengroete | Ditumedišo tša Sehla sa Maikhutšo |
Geseënde Kersfees | Mahlogonolo a Keresemose |
Geseënde Kersfees en voorspoedige Nuwejaar | Mahlogonolo a Keresemose le ngwaga wo moswa wo monate |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.