Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Daar word vele tale in Suid-Afrika gepraat. Daar is twaalf amptelike tale benewens nieamptelike tale en die tale van immigrante en asielsoekers. Dit maak Suid-Afrika die land ter wêreld met die naasmeeste amptelike tale ná Indië. Terwyl Indië voorkeur gee aan Engels en Hindi, is al twaalf amptelike tale volgens die Grondwet van Suid-Afrika gelykwaardig. Twee van die amptelike tale (Afrikaans en Engels) is van Germaanse oorsprong, terwyl nege ander deel vorm van die Bantoetaalfamilie. Die twaalfde amptelike taal is die gebaretaal.
Die twaalf ampstale volgens die grondwet is:
Daar word ook in die Grondwet van Suid-Afrika voorsiening gemaak vir die bevordering van die Khoisan en Namas se tale. Ander nieamptelike tale sluit in: Fanagalo, Lobedu, Noord-Ndebele en Phuthi. Ander Europese tale, veral Duits en Portugees, word ook wyd gebruik deur immigrante uit Europa. Portugees en Frans word ook gebruik deur immigrante uit oud-kolonies in Afrika. Nederlands (nl / nld) is die enigste taal wat sy amptelike status verloor het (sedert 1983).
Hoewel die ampstale grondwetlike beskerming geniet, word regeringsake byna eksklusief in Engels gevoer en wette word slegs in Engels gepubliseer. Die regering vertaal weinig, indien enige, materiaal in enige van die ander erkende amptelike tale.
Die tale kan volgens oorsprong as volg verdeel word:
Die tale kan losweg volgens streke verdeel word. Die tale word egter toenemend reg oor die land aangetref, veral in stedelike gebiede.
Taal | |||
---|---|---|---|
2001-sensus | 2011-sensus | Verandering | |
Zoeloe | 23,8% | 22,7% | -1,1%▼ |
Xhosa | 17,6% | 16,0% | -1,6%▼ |
Afrikaans | 13,3% | 13,5% | +0,2% |
Engels | 8,2% | 9,6% | +1,4% |
Noord-Sotho | 9,4% | 9,1% | -0,3%▼ |
Tswana | 8,2% | 8,0% | -0,2%▼ |
Suid-Sotho | 7,9% | 7,6% | -0,3%▼ |
Tsonga | 4,4% | 4,5% | +0,1% |
Swazi | 2,7% | 2,5% | -0,2%▼ |
Venda | 2,3% | 2,4% | +0,1% |
Suid-Ndebele | 1,6% | 2,1% | +0,5% |
Ander tale | 0,5% | 2,1% | +1,6% |
Totaal | 100,0% | 100,0% |
Van die ander tale wat algemeen in Suid-Afrika gepraat word, hoewel hulle nie in die grondwet vermeld word nie, sluit Fanagalo, Lobedu (Khilobedu), Noord-Ndebele (Sindebele) en Phuthi (Siphuthi) in. Lobedu word deur sommige gesien as 'n volwaardige taal, en deur ander as 'n dialek van Noord-Sotho. Fanagalo is 'n bastertaal wat in die mynwese ingespan word om kommunikasie tussen werkers te bevorder.
Beduidende getalle immigrante uit Europa, elders in Afrika en die Indiese subkontinent beteken dat 'n wye verskeidenheid van ander tale ook in dele van Suid-Afrika gepraat word. Van die ouer gemeenskappe van immigrante praat Grieks, Gujarati, Hindi, Portugees, Tamil, Oerdoe en Jiddisj, maar in kleiner getalle ook Nederlands, Frans en Duits.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.