From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Bantoetale vorm 'n taalfamilie wat self deel uitmaak van die Niger-Kongo-taalgroep.
Bantoetale | |
---|---|
Geografiese verspreiding: |
Afrika suid van die Sahara, meestal Suidelike Halfrond |
Genetiese klassifikasie: |
Niger-Kongo Atlanties-Kongo Benue-Kongo Suidelike Bantoid Bantoetale |
Onderafdelings: |
Sones A-S (geografies)
(Jarawan-Mbam)
Manenguba Sawabantu
Basaa Bafia
Beti Makaa-Njem
Kele-Tsogo Teke-Mbede
Mboshi-Buja Bangi-Tetela
Mbole-Enya Lega-Binja
Boan Lebonya
Nyanga-Buyi Noordoostelike Bantoe
Tongwe-Bende Mbugwe-Rangi
Kilombero Chokwe-Luchazi
Luyana Mbukushu
Pende Luban
Lunda Rukwa
Sabi-Botatwe Nyasa
Rufiji-Ruvuma Yeyi
Shona Suidelike Bantoe (ongeklassifiseerd): Buya |
Verspreiding van Bantoetale (rooi) in Afrika |
Bantoetale word gepraat in Suid-Kameroen, in die suidooste van Nigerië, Gaboen, Republiek van die Kongo, Demokratiese Republiek van die Kongo, Uganda, Kenia, Tanzanië, Burundi, Rwanda, Angola, Zambië, Malawi, Mosambiek, Zimbabwe, Namibië, Botswana en Suid-Afrika. Deur dié breë verspreiding is die Bantoefamilie die mees wyd verspreide taalfamilie in Afrika, met ongeveer 310 miljoen sprekers. Hulle is in die hele Sentraal- en Suider-Afrika versprei en vorm in al daardie lande die mees gebruikte tale, hoewel meestal Engels, Frans, Portugees of Spaans die amptelike tale vorm.
In die noordweste grens die Bantoetale aan die ander Niger-Kongo-tale, in die noordooste aan die Nilo-Sahariese en Afro-Asiatiese tale (Semitiese en Koesjitiese tale). In die suidweste vorm die Khoisan-tale 'n enklawe binne die Bantoetale. Vir 'n oorsig sien die artikel Afrikatale.
In vele westerse tale verander veral die uitgange van woorde (perd, perde). In die Bantoetale verander meestal die voorvoegsels. Voorbeelde:
Die woord Bantoe bestaan self ook uit die meervoudsprefiks ba- en die wortel -ntu wat persoon beteken in Zoeloe en Xhosa. Bantoe beteken dus mense. Die voorvoegsel vir 'n taal of 'n kultuur is egter si- en nie ba- nie. Daar is dus 'n beweging om na hierdie taalgroep as Sintoe oftewel Sintoetale te verwys.
Die Bantoetaal met die meeste sprekers is Swahili.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.