Umbundu

From Wikipedia, the free encyclopedia

Umbundu

Umbundu, ook Suid-Mbundu genoem, is een van Bantoetale wat Mbundu genoem word (die ander is Kimbundu of Noord-Mbundu). Dit is die mees verspreide inheemse taal van Angola met sowat 6 miljoen moedertaalsprekers (23% van die bevolking[4]) en word hoofsaaklik deur die Ovimbundu-volk gepraat. In Angola word dit as een van ses nasionale tale erken, naas die amptelike taal Portugees.

Thumb
Verspreiding van etniese groepe in Angola, 1970 (donkerblou: Ovimbundu)
Kitsfeite Umbundu Úmbúndú, Amptelike status ...
Umbundu
Úmbúndú
Gepraat in:  Angola 
Gebied: Kongorivier
Totale sprekers: 6 miljoen[1]
Taalfamilie: Niger-Kongo
 Atlanties-Kongo
  Volta-Kongo
   Benue-Kongo
    Bantoid
     Suidelike Bantoid
      Bantoetale
       Umbundu 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in:  Angola (nasionale taal)[2][3]
Gereguleer deur: geen
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2: umb
ISO 639-3: umb
Sluit

Umbundu word veral in die sentrale weste van Angola suid van die hoofstad Luanda gebesig. Dit is in die provinsies Huambo, Bié en Benguela versprei. Umbundu is met Kimbundu verwant, maar hulle is nie onderling verstaanbaar nie.

Verwysings

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.