Sun City is 'n luukse kasino en vermaaklikheidskompleks in die Noordwesprovinsie van Suid-Afrika. Dit is twee ure se ry vanaf Johannesburg en 'n entjie buite die stad Rustenburg geleë. Die kompleks grens aan die Pilanesbergwildreservaat. Verskeie konserte en geleenthede, soos die Huisgenoot-Skouspel, Mejuffrou Suid-Afrika en Nedbank Gholfuitdaagtoernooi, word gereeld hier aangebied.
Sun City | |
---|---|
Sun City in die Noordwes-provinsie | |
Koördinate: 25°20′25″S 27°5′27″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noordwes |
Distrik | Bojanala |
Munisipaliteit | Moses Kotane |
Stigting | 1979 |
Regering | |
• Tipe | Wyk 14 |
• Raadslid | Lebogang Jafta Masilo |
Oppervlak | |
• Totaal | 4,89 km2 (1,89 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 1 299 |
• Digtheid | 266/km2 (690/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 37.0% |
• Indiërs/Asiërs | 13.2% |
• Bruin mense | 7.6% |
• Swart mense | 40.1% |
• Ander | 2.2% |
Taal (2011) | |
• Tswana | 30.8% |
• Engels | 24.0% |
• Zoeloe | 14.3% |
• Afrikaans | 12.6% |
• Ander | 18.2% |
Poskode (strate) | 0316 |
Sun City is deur die hotelmagnaat Sol Kerzner as deel van sy hotelgroep, Sun International, ontwerp. Die amptelike opening het op 7 Desember 1979 plaasgevind. Sun City is in die destydse bantoestan van Bophuthatswana geleë.
Omdat Bophuthatswana 'n onafhanklike staat was, kon hulle vermaak en geleenthede wat in Suid-Afrika verbode was aanbied. Dobbelhuise was onder andere in Suid-Afrika verbied, vir skynbaar etiese redes. Dit, gekombineer met die gunstige ligging ten opsigte van Pretoria en Johannesburg, het verseker dat Sun City gou 'n gewilde vakansiebestemming geword het. Baie bekendes het al daar oorgebly, waaronder: Frank Sinatra, Queen, Boney M., Elaine Paige en Black Sabbath.
Verskeie belangrike bokstoernooie is in die jare 70's en 80's by Sun City aangebied. In 1994, 2000 en 2010 is die Wêreld Sterkman-kompetisie hier gehou.
Sun City het vier hotelle:
- Sun City Hotel;
- Cascades Hotel;
- The Cabanas; en
- The Palace of the Lost City.
Ander fasiliteite sluit in:
- Sun City Vakansieklub
- Twee gholfbane (beide is deur Gary Player ontwerp):
- die Lost City-gholfbaan en die
- Gary Player Buiteklub (Gary Player Country Club).
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.