From Wikipedia, the free encyclopedia
Ondangwa is 'n dorp in Namibië met 'n bevolking van 22 822 inwoners (2011), in die Osjana-streek in die noorde van Namibië, wat grens aan Oshikoto-streek.
Ondangwa | |
---|---|
Leuse(s): "Your gateway to the North and beyond" | |
Koördinate: 17°54′50″S 15°58′42″O | |
Land | Namibië |
Streek | Osjana |
Munisipaliteit | Ondangwa |
Stigting | 1890 (Sendingstasie) |
Regering | |
• Burgemeester | Raadslid Leonard Negonga |
Hoogte | 1 080 m (3 540 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 22 822 |
• Digtheid | 310/km2 (800/vk. myl) |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Ondangwa is oorspronklik as 'n sendingstasie van die Finse Sendinggenootskap in 1890 gestig. In 1914 het dit 'n regeringstasie geword.
Ondangwa word gesê om die einde van die Ondongagebied te beteken. (Ondonga is een van die koninkryke van Owamboland), en Ondangwa is geleë op die westelike rand van hierdie koninkryk.
Die dorp is ongeveer 80 km (50 myl) van die grens met Angola, langs die B1 hoofweg geleë . Dit is een van die wonings van die konings van Ondonga. (Koning Eliphas Kauluma, die vader van die huidige koning woon tans hier). Die meeste van die inwoners van die dorp praat Oshindonga.
Ondangwa is die distrikshoofstad van die Ondangwa-kiesafdeling.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.