Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande

From Wikipedia, the free encyclopedia

Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande

Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande (Engels: South Georgia and the South Sandwich Islands, Spaans: Islas Georgias del Sur y Sandwich del Sur) is 'n argipel in die suidelike Atlantiese Oseaan. Dit is 'n afgeleë en onherbergsame versameling van eilande, bestaande uit Suid-Georgië en 'n ketting van kleiner eilande bekend as die Suid-Sandwich-eilande. Die eilande het 'n bevolking van twee mense in die hoofstad Grytviken,[1] maar soms word die nabygeleë King Edward Point as hoofstad beskou, omdat dit 'n permanente bevolking het.

Kitsfeite
South Georgia and the South Sandwich Islands
Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande
Thumb Thumb
Vlag Wapen
Nasionale leuse:
Leo Terram Propriam Protegat
(Latyns vir: "Laat [of mag] die Leeu sy eie land beskerm")
Volkslied: God Save the Queen
Thumb
Hoofstad Grytviken/King Edward Point

54°17′S 36°30′W

Grootste stad Grytviken/King Edward Point
Amptelike tale Engels (de facto)
Regering

Monarg
• Goewerneur
• Verantwoordelike
Britse minister
Parlementêre demokrasie binne
’n grondwetlike monargie
Elizabeth II
Nigel Phillips

Tariq Ahmad
Onafhanklikheid
Britse oorsese gebied
• Huidige grondwet


3 Oktober 1985
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
3 903 km2  
1 507 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - 2006-skatting
 - Digtheid
 
30 (-)
0,005 / km2
0,013 / myl2
Geldeenheid Pond sterling (GBP)
Tydsone
 - Somertyd
GST (UTC-2)
nie toegepas nie (UTC-2)
Internet-TLD .gs
Skakelkode +500
Sluit

Suid-Georgië is 165 kilometer lank en 35 kilometer breed en is verreweg die grootste eiland in die gebied. Die Suid-Sandwich-eilande lê ongeveer 700 kilometer suidoos van Suid-Georgië. Die gebied se totale landoppervlakte is 3 903 vierkante km.

Thumb
Kaart van Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande
Thumb
Lande, wat Argentinië se eis steun van soewereiniteit oor die Falkland-eilande, Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande.
Thumb
Lande, wat die Verenigde Koninkryk se eis steun van soewereiniteit oor die Falkland-eilande, Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande.

Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande lê suidoos van Suid-Amerika en word sedert 1925 deur Argentinië geëis. Argentinië het die eilande in 1982 beset, maar is deur die Verenigde Koninkryk in die Falklandoorlog verslaan. Die Falklandeilande is ongeveer 1 300 kilometer wes geleë van die gebied se naaste punt daaraan.[2]

Die eilande is 'n oorsese gebied van die Verenigde Koninkryk en die Europese Unie[3] met' n grondwet wat in 1985 aangeneem en in 2009 gewysig is om die reg van selfbeskikking van die bevolking te herhaal.[4]

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.