2019 Formule Een-seisoen
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Formule Een-seisoen van 2019 het uit 21 Grands Prix-wedrenne bestaan, wat oor alle wêrelddele, behalwe Afrika, gehou is.


2019 FIA Formule Een Wêreldkampioenskapseisoen | |
Vorige: 2018 | Volgende: 2020 |
Indeks van wedrenne volgens land en seisoen. |
Lewis Hamilton is die huidige wêreldbestuurderskampioen, en Mercedes die verdedigende wêreldkampioen vir vervaardigers.
Pirelli was weereens die enigste bandverskaffer vir die 2019-seisoen.

Algemeen
Tegniese veranderinge
In 2019 is die voor- en agtervlerke hervorm om aerodinamiese turbulensie te verminder. Dit het verseker dat daar makliker verbygesteek kon word, maar die renmotors was ook 'n bietjie stadiger as in die vorige seisoen.
Bande
Pirelli was, net soos in 2018, die enigste bandverskaffer vir die 2019 seisoen.[1] Die bestuurders het 'n keuse van drie tipes bande gehad: hard, medium en sag, wat onderskeidelik wit, geel en rooi gekleur was. Die verbindings wat gebruik is, verskil egter per wedren. Die hardste verbinding word aangedui as 'hard' en die sagste as 'sag'. Dit is gedoen om die bandstrategieë van spanne vir die toeskouers te vereenvoudig.[2]
Kalender en uitslae

Die volgende een-en-twintig Grands Prix was vir die 2019 Formule Een-Wêreldkampioenskap gekontrakteer:
Charles Leclerc (links) word bevorder van Sauber na Scuderia Ferrari, verplaas daarmee Kimi Räikkönen wat na Sauber vertrek.
Daniel Ricciardo (links) verlaat Red Bull Racing ten gunste van Renault, vervang vir Carlos Sainz jr. (middel) wie na McLaren oorskuif. Pierre Gasly sluit by Red Bull aan.
Ingeskrewe spanne en renjaers
Die volgende spanne en renjaers sal aan die "FIA Formule 1-Wêreldkampioenskap" van 2019 deelneem:
Span | Vervaardiger | Onderstel | Enjin | Nr. | Renjaer | GP |
---|---|---|---|---|---|---|
![]() |
Ferrari | SF90 | Ferrari | 5 | ![]() |
|
16 | ![]() |
|||||
![]() |
Racing Point Mercedes | RP19 | Mercedes | 11 | ![]() |
|
18 | ![]() |
|||||
![]() |
Haas Ferrari | VF19 | Ferrari | 8 | ![]() |
|
20 | ![]() |
|||||
![]() |
McLaren Renault | MCL34 | Renault | 55 | ![]() |
|
4 | ![]() |
|||||
![]() |
Mercedes | Mercedes AMG F1 W10 EQ Power |
Mercedes | 44 | ![]() |
|
77 | ![]() |
|||||
![]() |
Red Bull Honda | RB15 | Honda[12] | 10 | ![]() |
|
33 | ![]() |
|||||
![]() |
Renault | R.E.19 | Renault | 3 | ![]() |
|
27 | ![]() |
|||||
![]() |
Alfa Romeo Ferrari | Alfa Romeo C38 | Ferrari | 7 | ![]() |
|
99 | ![]() |
|||||
![]() |
Toro Rosso Honda | STR14 | Honda | 26 | ![]() |
|
23 | ![]() |
|||||
![]() |
Williams Mercedes | FW42 | Mercedes | 63 | ![]() |
|
88 | ![]() |
Veranderinge van renjaers in 2019
- Veranderinge van span
- Marcus Ericsson: Sauber → Sauber (reserwebestuurder) [21]
- Pierre Gasly: Toro Rosso → Red Bull[13]
- Daniil Kvyat: Ferrari (ontwikkelingsbestuurder) → Toro Rosso[18]
- Charles Leclerc: Sauber → Ferrari[5]
- Kimi Räikkönen: Ferrari → Sauber[16]
- Daniel Ricciardo: Red Bull → Renault[15]
- Carlos Sainz jr.: Renault → McLaren[8]
- Nuut in Formule 1
- Alexander Albon: Formule 2 → Toro Rosso-Honda[22]
- Antonio Giovinazzi: Ferrari (reserwebestuurder) → Sauber[17]
- Lando Norris: Formule 2 (Carlin Motorsport) → McLaren[9]
- George Russell: Formule 2 (ART Grand Prix) → Williams[19]
- Uit Formule 1
- Fernando Alonso: McLaren → uittrede[23]
- Stoffel Vandoorne: McLaren → Formule E[24]
Verandering by spanne in 2019
- Nadat hulle vir twaalf seisoene met Renault-enjins deelgeneem het, skuif Red Bull Racing oor na Honda-kragbronne.[12]
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.