From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Hungaroring is 'n motor- en motorfietsrenbaan in Mogyoród, Hongarye, waar die jaarlikse Formule Een Hongaarse Grand Prix gehou word. In 1986 was dit die plek van die eerste Formule Een Grand Prix agter die Ystergordyn. Bernie Ecclestone wou 'n wedren in Rusland hou, maar 'n Hongaarse vriend het eerder Budapest aanbeveel.
Ligging | Mogyoród, Hongarye |
---|---|
Tydsone | GMT+1 |
Koördinate | 47°34′56″N 19°15′04″O |
Kapasiteit | 70,000 |
1e Sooispit | 1985 |
Geopen | 1986 |
Groot byeenkomste | FIA Formule Een Hongaarse Grand Prix 1986– Wêreldtoermotorkampioenskap (2011 –) Deutsche Tourenwagen Masters 2014– Wêreldreeks van Renault 2007– FIA GT Kampioenskap (1998–2001, 2006, 2009) |
Grand Prixrenbaan (2003–huidig) | |
Lengte | 4.381 km (2.722 mi) |
Draaie | 16 |
Rondterekord | 1:19.071 (Michael Schumacher, Ferrari, 2004) |
Veranderde Grand Prixrenbaan (1989–2002) | |
Lengte | 3.975 km (2.466 mi) |
Draaie | 13 |
Rondterekord | 1:16.207 (Michael Schumacher, Ferrari, 2002) |
Oorspronklike Grand Prixrenbaan (1986–1988) | |
Lengte | 4.014 km (2.494 mi) |
Draaie | 16 |
Rondterekord | 1:30.149 (Nelson Piquet, Williams FW11B, 1987) |
Hulle wou 'n straatbaan, soortgelyk aan die een in Monaco, bou in die Népliget – Budapest se grootste park. Die regering het egter besluit om 'n nuwe baan net buite die stad, naby 'n groot snelweg, te bou. Konstruksiewerk het op 1 Oktober 1985 begin, en is in minder as agt maande voltooi, vinniger as enige ander Formule Eenbaan.
Die eerste wedren is op 24 Maart 1986 gehou, ter nagedagtenis aan János Drapál, die eerste Hongaar wat 'n Grand Prixmotorfietsren gewen het.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.