Haas F1-span

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Die Haas F1-span behels die Formule Eenwedrenbedrywighede van die Haas-firma. Die span se ontwikkeling- en fabriekswerke is in Kannapolis in Amerika gesetel, maar hulle het fasiliteite vir wedrenvoorbereiding in Banbury, Verenigde Koninkryk asook Maranello, Italië.

Thumb
Romain Grosjean toets 'n renmotor van Haas in 2016 by die Barcelona-Catalunya-renbaan.

Haas F1 Racing het in 2016 as 'n selfstandige span begin deelgeneem aan Formule Eenwedrenne. Ferrari verskaf en ondersteun tans die span met spesiaalontwerpte en doelgeboude renmotorenjins.

Remove ads

Jaers

Op 29 September en 31 Oktober 2015 is aangekondig dat Romain Grosjean die span se eerste[1] en Esteban Gutiérrez die span se tweede renjaer[2] in die 2016-seisoen sal wees. Ondanks goeie voorbereiding van hul renmotors, het die span se jaers weinig sukses behaal, en hul eindig in die agtste plek met 29 kampioenskapspunte in 2016.

Aan die einde van 2020 is beide Grosjean en Kevin Magnussen se kontrakte nie hernu nie. Die span het met twee nuwelinge in 2021 begin, Mick Schumacher, seun van die sewemalige F1-wêreldkampioen Michael Schumacher en die Rus Nikita Mazepin, wie se vader se maatskappye ook borgskap aan die span verskaf het. Mazepin is in 2022 in die span vervang deur Kevin Magnussen, weens politieke redes (die Russiese inval in Oekraïne, 2022). Sedert die 2023-seisoen is Nico Hülkenberg as bestuurder gekontrakteer nadat die jong Schumacher nie goeie resultate in die Grand Prix-wedrenne kon lewer nie, en ook by 'n paar geleenthede sy Haas-renmotor verwoes het.

Remove ads

Renuitslae

Thumb
Antonio Giovinazzi toetsbestuur 'n Haas tydens die 2017 Maleisiese Grand Prix.
Meer inligting Kleur, Uitslag ...

2016 – 2019

Meer inligting Jaar, Onderstel en bande ...

2020 – hede

Meer inligting Jaar, Onderstel en bande ...
  • ‡ Halwe punte is in België toegeken in 2021 omdat daar minder as 75% van die wedren afgelê is weens hewige reën.
  • Renjaer haal nie die eindstreep nie, maar word wel geklassifiseer, omdat hy meer as 90% van die renafstand afgelê het.
  • * Seisoen is nog aan die gang.
Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads