From Wikipedia, the free encyclopedia
Oliver James Bearman (gebore 8 Mei 2005) is 'n Britse renjaer wat tans aan die 2024 FIA Formule 2-kampioenskap vir Prema-renne deelneem en 'n lid van die Ferrari-bestuurderakademie is. Hy is 'n reserwejaer vir beide die Scuderia Ferrari en Haas F1-spanne in Formule Een. Hy het sy Formule Een-debuut vir Scuderia Ferrari gemaak by die 2024 Saoedi-Arabiese Grand Prix, toe hy Carlos Sainz jr. vervang het.
Hy is die 2021 Italiaanse en ADAC Formule 4-kampioen.
Bearman is op 8 Mei 2005 in Havering, Londen gebore, sy ouers is David en Terri Bearman.[1] Hy het 'n jonger broer en suster. Sy pa is die stigter en hoof- uitvoerende beampte van die versekeringsfirma Aventum Group.[2] Bearman het grootgeword in Chelmsford, Essex, waar hy by King Edward VI Grammar School skool gegaan het. Bearman het die skool op die ouderdom van 16 verlaat om by die Ferrari Bestuurdersakademie in Modena, Italië, aan te sluit.
Bearman het in 2013 mededingend begin kartry toe hy in die kampioenskap van die Trent Valley Kart Club gejaag het. Hy het hierna verskuif om aan die Super 1 Nasionale Kampioenskap deel te neem, waar hy in 2016 en 2017 'n beste tweede plek behaal het in die Kadetkategorie.[3] Die Brit het toe die Kartmasters Britse Grand Prix in 2017 gewen, en hy het sy kartloopbaan goed afgesluit in 2019 met 'n oorwinning in die IAME Internasionale Finaal, IAME Euroreeks en IAME Winterbeker.[4][5]
In Oktober 2021 is Bearman aangewys as een van die finaliste van die Ferrari Driver Academy se Talentsoek-wêreldfinaal.[6] Die volgende maand is bevestig dat Bearman saam met die kartkampioen Rafael Câmara by die Akademie aansluit.[7]
|
|
Jaar | Inskrywer | Onderstel | Enjin | 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | Plek | Punte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
2023 | Haas | Haas VF-24 |
Ferrari 066/10 1.6 V6 t | BHR |
SAU |
AUS |
AZE |
JPN |
MIA |
MON |
SPA |
KAN |
OOS |
GBR |
HON |
BEL |
NED |
ITA |
SIN |
VSA |
MXS Toets |
SAP |
LSV |
ABU Toets |
– | – | |||
2024 | Haas | Haas VF-24 |
Ferrari 066/10 1.6 V6 t | BHR |
SAU |
AUS |
JPN |
CHN |
MIA |
EMI Toets |
MON |
KAN |
SPA Toets |
OOS |
GBR Toets |
HON Toets |
BEL |
NED |
ITA |
AZE 10 |
SIN |
VSA |
MXS |
SAP |
LSV |
KAT |
ABU |
17* | 7* |
Scuderia Ferrari | Ferrari SF-24 |
Ferrari 066/12 V6 |
SAU 7 |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.