groot internasionale multisportgeleentheid From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Olimpiese Somerspele, amptelik die Spele van die Olimpiade, is 'n internasionale multi-sport geleentheid wat elke vier jaar deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) georganiseer word. 'n Olimpiese oorwinning word wêreldwyd gesien as die mees prestigeryke oorwinning in 'n sport. Medaljes word uitgereik in elke item, met 'n gouemedalje vir die eerste plek, silwer vir die tweede en brons vir die derde, 'n tradisie wat in 1904 begin het.
Die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) is in 1894 gestig toe Pierre de Coubertin, 'n Franse pedagoog en historikus, probeer het om internasionale begrip deur sportkompetisie te bevorder. Die eerste uitgawe van Die Olimpiese Spele is in 1896 in Athene gehou en het net 245 mededingers gelok, van wie meer as 200 Grieks was, en slegs 14 lande verteenwoordig was. Nogtans was geen internasionale byeenkomste van hierdie omvang voorheen gereël nie. Vroulike atlete is nie toegelaat om mee te ding nie, alhoewel een vrou, Stamata Revithi, die marathonroete op haar eie gehardloop het en gesê het "As die komitee my nie toelaat om mee te ding nie, sal ek agter hulle aan gaan ongeag".[1]
Kwalifikasiereëls vir elke Olimpiese sport word deur die Internasionale Federasie (IF) wat die betrokke sport reël, opgestel.
Vir individuele sporte kwalifiseer deelnemers deur 'n bepaalde plek tydens 'n groot internasionale wedstryd te behaal, of volgens die ranglys van die IF. Nasionale Olimpiese Komitees (NOK) moet 'n beperkte aantal kwalifiserende atlete per item by die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) indien. Die IOK besluit dan welke van die atlete mag deelneem. Verskeie items kry 'n bepaalde aantal buiteperde, hierdie word veral aan atlete uit ontwikkelende lande toegeken.
Vir spansporte kwalifiseer lande deur die speel van kontinentale kwalifikasie toernooie. Elke kontinent kry 'n bepaalde aantal plekke in die Olimpiese toernooi. Die gasheerland se span kry gewoonlik 'n outomatiese plasing.