Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Skyfskiet bestaan uit 'n aantal kompeterende sporte waar gewere en pistole gebruik word om na teikens te skiet. Noukeurigheid, snelheid en die tipe wapen wat gebruik word is hier belangrik.
In die verlede was jag en skyfskiet gereeld met mekaar verwar. Die rede hiervoor was dat daar tydens die Olimpiese Somerspele op lewende duiwe geskiet was. Deesdae, as met 'n pyl en boog geskiet word, word dit boogskiet genoem, terwyl die skiet van wild onder jag val.
Die Franse pistoolkampioen en stigter van die moderne Olimpiese Spele, Pierre de Coubertin, het aan baie van hierdie vroeë kompetisies deelgeneem. Hierdie feit het beslis bygedra tot die insluiting van vyf skietbyeenkomste in die Olimpiese Spele in 1896. Oor die jare heen is die gebeure 'n paar keer verander om tred te hou met tegnologie en sosiale standaarde. Die teikens wat vroeër in hul vorm en grootte na mense of diere gelyk het, is nou 'n sirkelvorm om te verhoed dat die sport met enige vorm van geweld verbind word. Terselfdertyd is sommige kompetisies laat vaar en nuwes is bygevoeg. Die Olimpiese Spele in 2004 het drie skietdissiplines gehad (geweer, pistool en haelgeweer) waar atlete om 51 medaljes in 10 mans- en 7 vrouegroepe meegeding het.[1]
By die Olimpiese Spele het die skietsport nog altyd die onderskeid geniet om die eerste medaljes van die Spele toe te ken.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.