Olimpiese Somerspele 1936

From Wikipedia, the free encyclopedia

Olimpiese Somerspele 1936

Die Olimpiese Somerspele 1936 (Duits: Olympische Sommerspiele 1936), amptelik bekend as die Spele van die XIde Olimpiade, is tussen 1 en 16 Augustus 1936 in Berlyn, Nazi-Duitsland, aangebied. In 1931 is Berlyn deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) bo Barcelona as gasheer vir die Spele verkies. Berlyn het 43 teenoor Barcelona se 16 stemme gekry. In 1936 het die destydse Nazi-Duitsland ook die Olimpiese Winterspele aangebied, in Garmisch-Partenkirchen in die Alpe. Dit was die laaste Olimpiese Somerspele voor die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog drie jaar later, wat met die Duitse Inval van Pole begin het.

Die Olimpiese Stadion in Berlyn tydens die Olimpiese Somerspele 1936
Jesse Owens tydens die mans se verspring
Spele van die XIe Olimpiade
Olimpiesespele van 1936

Gehou in Berlyn, Duitsland
Deelnemende lande 49 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete 3 963 (3 632 mans, 331 vroue)[2]
Items 129 in 19 sporte[4]
Openingseremonie 1 Augustus 1936
Sluitingseremonie 16 Augustus 1936
Amptelik geopen deur Kanselier Adolf Hitler[6]
Atlete-eed Rudolph Ismayr (gewigoptel)
Beampte-eed (sedert 1972)
Olimpiese vlam Fritz Schilgen (atletiek)
Vorige Spele 1932: Los Angeles (VSA)
Volgende Spele 1940: Helsinki (Finland)

Toe Adolf Hitler in Januarie 1933 aan bewind kom as kanselier, klink daar stemme op om die Spele na 'n ander land te verskuif. In die Verenigde State was daar selfs 'n veldtog om die Spele te boikot. Avery Brundage, die voorsitter van die Amerikaanse Olimpiese Komitee, spreek hom teen 'n verskuiwing van die Spele uit, en hy kry ook steun van De Coubertin. Net die Sowjetunie het hierdie spele geboikot.[7] Spanje bly weg omdat dit deur 'n burgeroorlog verskeur is.

Hoewel die Spele dus aan Berlyn toegeken is voordat die Nazi's in Duitsland aan bewind gekom het, sien die owerheid die Spele as 'n geleentheid om sy fascistiese ideologie uit te dra. Leni Riefenstahl was aangestel om 'n film oor die Spele te maak. Die film Olympia kan as propaganda bestempel word, maar gebruik 'n getal ongewone tegnieke wat destyds nog nie in sportfilms aangewend is nie. Dit was ook die eerste Olimpiese Spele wat op televisie gebeeldsend is en radio-uitsendings het 41 lande bereik.

Om soveel moontlik oorwinnings te verseker, stel die Duitse owerheid anaboliese steroïde en testosteroon aan hulle atlete beskikbaar. Duitsland oorheers die Spele en het heelwat meer medaljes as enige ander land ingepalm. In 'n weerlegging van die rassistiese Nazi-filosofie, verower die Afro-Amerikaner Jesse Owens egter vier goue medaljes. Owens was gewild onder die toeskouers en Duitse publiek en is meer entoesiasties as in sy tuisland ontvang.[8] Hitler besluit egter om geen medaljes persoonlik toe te ken nie, moontlik omdat die Afro-Amerikaner Cornelius Johnson op die eerste dag van die Spele 'n goue medalje verower het.[8]

Die superioriteit van die Reich kom ook tot uiting in die oorweldigende infrastruktuur wat vir die Spele opgerig is: 'n splinternuwe stadion is gebou ten weste van die Charlottenburg-kasteel met sitplek vir honderdduisend toeskouers. Langsaan is die swembad met sitplek vir twintigduisend toeskouers opgerig.

Hitler pas die Olimpiese handves tot die letter toe en beloof om nie 'n enkele toespraak tydens die Spele te hou nie. Verder pas hy ook geen rassediskriminasie tydens die Spele toe nie. Getuie hiervan was die opname van die Joodse skermster Helena Mayer in die Duitse span. Maar buite die stadion draai die Duitse propagandamasjien volspoed voort: die swastika was oral teenwoordig en daar het meer Nazi- as Olimpiese vlae gewapper. As deel van die Nazi-propaganda is tydens die Olimpiese Somerspele 1936 vir die eerste keer 'n fakkelloop vir die Olimpiese vlam tussen Olimpia in Griekeland en Berlyn aangebied.

Toewysing

Joseph Goebbels, president van die Nazi-Duitse reëlingskomitee
Fakkelloop van die Olimpiese Somerspele in 1936
Die Olimpiese vuur in Berlyn, tussen die Berlynse Domkerk (links) en die Berlynse kasteel (regterkant)

Berlyn is deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 1936. Ander kandidate was: Barcelona, Alexandrië, Boedapest, Buenos Aires, Keulen, Dublin, Frankfurt am Main, Helsinki, Lausanne, Neurenberg, Rio de Janeiro en Rome.

Die stemming het as volg verloop:

Meer inligting Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 1936, Stad ...
Sluit

Sporte

19 Olimpiese sportsoorte in 129 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 130 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.

  • Bofbal en sweefvlug is as demonstrasiesporte aangebied.

Stadions

Thumb
Kaart van die sportplekke in Berlyn
Thumb
Die Olimpiese Stadion in Berlyn tydens die Olimpiese Somerspele 1936
Thumb
Henri de Baillet-Latour (IOK-president), Adolf Hitler en Theodor Lewald (President van die reëlingskomitee) tydens die openingseremonie

22 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1936 gebruik:

Meer inligting Stadion, Sporte ...
Stadion Sporte Kapasiteit
Avus MotorpadAtletiek (maraton, 50 km-loop), Fietsry (pad)Nie gelys nie
BSV-veldFietsry (baan), Handbal1 000
Dietrich Eckart OpelugteaterGimnastiek20 000
DöberitzRuitersport (dressuur), Moderne vyfkamp (perdry)Nie gelys nie
DeutschlandhalleBoks, Gewigoptel, Stoei8 630
Berlin-Grünau RegattakursusKanovaart, Roei19 000
Haus des Deutschen SportsSkermsport, Moderne vyfkamp (skermsport)1 200
Hertha-BSC-veldSokker35 239
HokkiestadionVeldhokkie18 000
Hokkiestadion #2Veldhokkie1 600
Baai van KielSeilvaartNie gelys nie
MeiveldRuitersport (dressuur), Polo75 000
MommsenstadionSokker15 005
Olimpiese Stadion BerlynAtletiek, Ruitersport (spring), Sokker (eindstryd), Handbal (eindstryd)100 000
Olimpiese SpemstadionSierduik, Moderne vyfkamp (swem), Swem, Waterpolo20 000
PolisiestadionHandbalNie gelys nie
PoststadionSokker45 000
RuhlebenModerne vyfkamp (skietsport)Nie gelys nie
TennisbaneBasketbal, Skermsport (swaard)832
TennisstadionBasketbalNie gelys nie
Wannsee GholfbaanModerne vyfkampNie gelys nie
Wannsee SkietbaanSkyfskietNie gelys nie
Sluit

Deelnemende nasies

Thumb
Kaart van deelnemende nasies in 1936:

 Neem vir die eerste keer deel

 Het reeds vantevore deelgeneem

     Gasheerstad Berlyn
Thumb
Kaart van die Olimpiese boikot van 1936

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname

Charles Catterall wen die silwermedalje in boks in die veergewigafdeling.

Aantal medaljes

Thumb
Voorkant van die Olimpiese Somerspele 1936 se goue medalje
Thumb
Agterkant van die Olimpiese Somerspele 1936 se goue medalje

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het: Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

Meer inligting Plek, Land ...
 Plek Land Deelnemers Goud Goud Silwer Silwer Brons Brons Totaal
1Vlag van Duitsland Duitsland (GER)34833263089
2Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State (USA)31024201256
3Vlag van Hongarye Hongarye (HUN)209101516
4Vlag van Italië Italië (ITA)18289522
5Vlag van Finland Finland (FIN)10776619
Vlag van Frankryk Frankryk (FRA)20176619
7Vlag van Swede Swede (SWE)15065920
8Vlag van Japan Japan (JPN)15364818
9Vlag van Nederland Nederland (NED)12864717
10Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk (GBR)20747314
25Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika (RSA)250101
Sluit

Sien ook

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.