Suid-Afrika by die Olimpiese Spele

Deelname van atlete van Suid-Afrika aan die Olimpiese Spele From Wikipedia, the free encyclopedia

Suid-Afrika by die Olimpiese Spele
Remove ads
Remove ads

Suid-Afrika is een van die lande wat aan die Olimpiese Spele deelneem. Suid-Afrika stuur vir die eerste keer 'n span na die Somerspele van 1904. 56 jaar later, in 1960, stuur hulle hul eerste span na die Winterspele.[1]

Thumb
Die Suid-Afrikaners Len Tau (links) en Jan Mashiani tydens die Olimpiese Somerspele 1904 in St. Louis
Thumb
Die Suid-Afrikaanse Rudolph Lewis tydens die Olimpiese Somerspele 1912 in Stockholm
Thumb
Die Suid-Afrikaner Bevil Rudd tydens die Olimpiese Somerspele 1920 in Antwerpen
Thumb
Die Suid-Afrikaner Marjorie Clark tydens die Olimpiese Somerspele 1928 in Los Angeles
Thumb
Die Suid-Afrikaner Esther Brand tydens die Olimpiese Somerspele 1952 Helsinki
Thumb
Die Suid-Afrikaner Gordon Day tydens die Olimpiese Somerspele 1960 in Rome
Thumb
Die Suid-Afrikaanse vlag tydens die Olimpiese Somerspele 1992 in Barcelona
Thumb
Die Suid-Afrikaanse vlag tydens die Olimpiese Winterspele 1994 in Lillehammer
Thumb
Die Suid-Afrikaanse hokkiespan tydens die Olimpiese Somerspele 2008 in Beijing
Thumb
Die Suid-Afrikaanse span tydens die openingseremonie van die Olimpiese Winterspele 2010 in Toronto
Thumb
Wayde van Niekerk as Suid-Afrika se vlagdraer tydens die Olimpiese Somerspele 2016 in Rio de Janeiro

In 2024 neem Suid-Afrika vir die 21ste keer aan die Somerspele deel, terwyl hulle nog net aan 7 Winterspele deelgeneem het. Die land het nog nooit 'n medalje op 'n Winterspele gewen nie. In totaal het Suid-Afrika al 89 medaljes verower, waarvan die meeste in atletiek, boks en swem.

Remove ads

Medaljes by die Somerspele

Meer inligting Plek, Land ...

Medaljes volgens sport

Meer inligting Plek, Land ...
Remove ads

Goue Medaljes

Tot in 1960, toe Suid-Afrika voor sy verbanning weens Apartheid vir die laaste keer aan Olimpiese Spele deelgeneem het, het sestien Springboksportsterre in vyf sportsoorte goue medaljes gewen. Sedert Suid-Afrika se hertoelating in 1992 het etlike verdere goue medaljes gevolg

Meer inligting Sport, Land ...

Olimpiese roem

Reggie Walker het Suid-Afrika se Olimpiese deelname op 'n glorieryke manier ingewy deur die 100 m te wen. Dit was 'n nuwe Olimpiese rekord toe hy die wenpaal na 10,8 s bereik het. Vir die eerste keer is die belangrike Olimpiese naelloop deur 'n atleet van buite die Verenigde State van Amerika gewen. Ook was dit die eerste keer dat 'n Olimpiese goue medalje teen 'n Springbokwapen gepryk het.

Kenneth McArthur het ook 'n nuwe Olimpiese rekord in die maraton opgestel. Die konstabel van Krugersdorp het die goue medalje voor sy spanmaat Christopher Gitsham, 'n mynwerker van Germiston ingepalm. Dit was 'n trotse dag vir Suid-Afrika met 1ste en 2de plek in die item.

Bevil Rudd het by die Olimpiese Somerspele van 1920 in Antwerpen drie medaljes verwerf. Sy uitsonderlike driekuns het goud in die 400 m naelloop, silwer in die 4 x 400m-aflos en ' n brons in die 800 m ingesluit.

Esther Brand se Olimpiese oorwinning is een van die grootste vertonings ooit deur 'n Suid-Afrikaanse sportvrou. Sy het Suid-Afrika se goue medalje-verhaal op 'n hoë noot afgesluit voor wêreldpolitiek die land se deelname beperk het aan die Olimpiese Spele van 1964 tot 1988. Daar was nie 'n goue medalje wenner in 1960 in Rome, by Suid-Afrika se laaste Olimpiese deelname tot 1992 nie.

Remove ads

Sien ook

Verwysings

Loading content...

Bronnelys

Loading content...

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads