Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Olimpiese Somerspele 1904 (Engels: 1904 Summer Olympics), amptelik bekend as die Spele van die IIIde Olimpiade, is in 1904 in St. Louis, Missouri, Verenigde State, as deel van die Wêreldtentoonstelling gehou. Die Wêreldtentoonstelling is ter geleentheid van die Louisiana Purchase se 100-jarige jubileum een jaar later in St. Louis gehou. Die spele is oorspronklik aan Chicago toegeken, maar die Internasionale Olimpiese Komitee het later met 14 stemme teen 2 besluit om die Spele na St. Louis te skuif.[7][8]
Spele van die IIIe Olimpiade | ||||||||||||||||||||||||
|
Dit was die eerste keer dat spele buite Europa gehou is, dit was ook die eerste spele wat in 'n Engelstalige land gehou is.[9] Atlete van buite die Verenigde State het aan slegs 42 items meegeding. Tydens die spele is vir die eerste keer goue medaljes uitgereik.
16 Olimpiese sportsoorte in 95 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 96 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.
Vyf sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1904 gebruik:
Stadion | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|
Creve Coeur Lake | Roei | Nie gelys nie |
Francis Field | Boogskiet, Atletiek, Fietsry, Sokker, Gimnastiek, Lacrosse, Roque, Tennis, Toutrek, Gewigoptel en Stoei | 19 000 |
Francis Gymnasium | Boks, Skermsport | Nie gelys nie |
Forest Park | Sierduik, Swem, Waterpolo | Nie gelys nie |
Glen Echo Country Club | Gholf | Nie gelys nie |
Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
Daarbenewens vermeld sommige bronne deelnemende atlete van die volgende nasies:
Die Spele was die eerste waar die latere Suid-Afrika verteenwoordig is, hoewel die Unie van Suid-Afrika eers op 31 Mei 1910 gestig is. Die Suid-Afrikaanse span het aan die maraton en toutrek-items deelgeneem, maar het geen medaljes verower nie. Aan die toutrek-wedstryde het vyf Boere deelgeneem, wat tydens die Wêreldtentoonstelling in St. Louis gewerk het. By die marathon het Bertie Harris van die Boere, benewens Len Taunyane en Jan Mashiani van die Tswanas deelgeneem. Hulle het ook aan die heruitvoering van die Tweede Vryheidsoorlog tydens die Wêreldtentoonstelling deelgeneem. Tydens die apartheidsjare is die deelname van albei swart atlete meestal verswyg en net die blanke atleet is genoem.
Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Verenigde State (USA) | 543 | 79 | 82 | 76 | 237 |
2 | Duitse Keiserryk (GER) | 17 | 4 | 5 | 7 | 16 |
3 | Kuba (CUB) | 3 | 4 | 2 | 3 | 9 |
4 | Kanada (CAN) | 54 | 4 | 1 | 1 | 6 |
5 | Hongarye (HUN) | 4 | 2 | 1 | 1 | 4 |
6 | Verenigde Koninkryk (GBR) | 3 | 1 | 1 | 0 | 2 |
Gemengde span (ZZX) | 8 | 1 | 1 | 0 | 2 | |
8 | Griekeland (GRE) | 15 | 1 | 0 | 1 | 2 |
Switserland (SUI) | 1 | 1 | 0 | 1 | 2 | |
10 | Oostenryk (AUT) | 1 | 0 | 0 | 1 | 1 |
Totaal (10 NOKs) | 651 | 96 | 92 | 92 | 280 |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.